{"id":13275,"date":"2012-08-28T12:15:46","date_gmt":"2012-08-28T12:15:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13275"},"modified":"2012-08-28T12:15:46","modified_gmt":"2012-08-28T12:15:46","slug":"ons-olimpiese-span","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13275","title":{"rendered":"Ons Olimpiese span"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Namens die Vryheidsfront Plus baie geluk aan ons Olimpiese span met hulle prestasies. Hoe vergelyk &#8216;n mens die verskillende lande se hoeveelheid medaljes met mekaar? Die grootte van &#8216;n land se bevolking, en daarom ook die grootte van sy Olimpiese span moet sekerlik in berekening gebring word as jy vergelykings wil tref. Praat nie eers oor die hoeveelheid geld wat van hierdie groot lande op die voorbereiding van hulle Olimpiese deelnemers spandeer nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amerika kies &#8216;n Olimpiese span uit 300 miljoen inwoners. China kies die beste atlete uit 1300 miljoen teenoor Suid-Afrika se 50 miljoen. As byvoorbeeld die totale hoeveelheid medaljes van China per capita van die bevolking bereken word, dan het China 74ste en nie tweede ge\u00ebindig nie. Uit meer as 200 lande het Suid-Afrika 24ste gekom en was ons die beste span in Afrika. Dit is &#8216;n besondere prestasie en wil ons hulle graag gelukwens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos in &#8216;n groot familie het elkeen in Suid-Afrika gedeel in die prestasies van elke wenner wat &#8216;n medalje verower het. Onthou, Oorwinning het baie vaders, maar nederlaag is &#8216;n weeskind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vra maar vir Bafana-Bafana wat lanklaas internasionaal goed gewen het. As ons een sportfamilie in Suid-Afrika is, dan is Bafana-Bafana soos daardie broer van die familie wat in die tronk is. Jy hou nog van hom, maar jy praat net nie meer so baie met ander mense oor hom nie!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Springbokrugby het die naweek ook maar teen Argentini\u00eb gesukkel en gelykop gespeel. Gelykop is nie opwindend nie \u2013 die rugbyspelers s\u00ea dit is soos om jou suster te soen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dankie vir die Olimpiese medaljewenners wat ons laat goed voel het. Nou moet die ministerie van sport en die sportadministrateurs mooi na hierdie atlete kyk. Ons moet baie meer geld spandeer om hulle vir die volgende spele voor te berei en om hulle vir Suid-Afrika te behou. Ons kan nie bekostig om soos in byvoorbeeld krieket, van ons beste spelers te verloor nie. Tans speel talle Suid-Afrikaners vir byvoorbeeld Brittanje\/United Kingdom krieket teen ons. Gelukkig het ons die onlangse kriekettoetsreeks gewen. Ek het toe die volgende boodskap aan my Britse kennisse gestuur. &#8220;We won the cricket test series against you because our South Africans were better than your South Africans! Mag dit nie met ons Olimpiese span gebeur nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag, (28 Augustus 1983) presies 29 jaar gelede, het Sydney Maree, die w\u00eareldrekord in die 1500 meter in Keulen (Cologne) gebreek. In 1981 is hy aangewys as Suid-Afrika se atleet van die jaar. Ek wil vandag ook hulde bring aan almal wat in die verlede soos Sydney presteer het, en waarop hierdie span hulle prestasies kon bou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die lede van die span wat nie medaljes gewen het nie, onthou dat daar &#8216;n baie groot verskil is tussen: Ek is &#8216;n mislukking en ek het drie keer misluk. Na honderd mislukkings kan jy nog steeds &#8216;n groot sukses maak. Mohammed Ali, w\u00eareldbokskampioen het ges\u00ea: Remember, a heavyweight match is 15 rounds. If you lose a few rounds, or even get knocked down, it doesn&#8217;t matter as long as you get up and eventually win. The same in life. The ability to consistently rebound from setbacks and disappointments is the mark of a champion.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/101otzyv.ru\/object\/filchakov-aleksandr\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Namens die Vryheidsfront Plus baie geluk aan ons Olimpiese span met hulle prestasies. Hoe vergelyk &#8216;n mens die verskillende lande se hoeveelheid medaljes met mekaar? Die grootte van &#8216;n land se bevolking, en daarom ook die grootte van sy Olimpiese span moet sekerlik in berekening gebring word as jy vergelykings wil tref. Praat nie eers &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13275\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ons Olimpiese span&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13275","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13275","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13275"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13275\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13275"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13275"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13275"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}