{"id":13263,"date":"2012-08-27T08:22:01","date_gmt":"2012-08-27T08:22:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13263"},"modified":"2012-08-27T08:22:01","modified_gmt":"2012-08-27T08:22:01","slug":"kernkragsentrales-gaan-sa-vir-geslagte-bankrot-maak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13263","title":{"rendered":"Kernkragsentrales gaan SA vir geslagte bankrot maak"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Asof  die korrupte wapentransaksie nie genoeg was nie, is die ANC-bewind  besig om reg te maak om R3,2 triljoen op kernkragsentrales en ander  \u201cinfrastruktuurprojekte\u201d te bestee. Volgens \u2018n berig wat op 21 Augustus  in Business Day verskyn het, het die minister van openbare ondernemings,  Malusi Gigaba, \u2018n nuwe finansieringsafdeling in sy departement gestig  om \u201cvernuwende befondsingsmodelle\u201d vir staatsbeheerde maatskappye soos  Eskom en Transnet te vind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  \u2018n mens daaraan dink dat die staatsbegroting in die geheel tans  ongeveer R1 trijoen (1 met 12 nulle agter aan) beloop, dan verstaan \u2018n  mens dat die bedrag van R3 triljoen die land in \u2018n Griekse tipe  skuld-BNP-verhouding gaan plaas. Trouens, volgens Statistiek Suid-Afrika  se jongste syfer, staan Suid-Afrika se bruto nasionale produk tans op  R1 924 873 000 000 oftewel R1,9 triljoen. Ons huidige skuldvlak volgens  die IMF is 38,77% van BNP, oftewel R746 273 miljard.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien  die ANC-regering met sy reusebestedingsplanne voortgaan, sal  Suid-Afrika se bruto staatskuld tot \u2018n astronomiese R3,946 triljoen  styg! Ons skuld-BNP-verhouding sal dan styg tot ongeveer 208%.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met  so \u2018n skuldverhouding sal geen belegger, hetsy plaaslik, hetsy in die  buiteland \u2018n sent aan ons regering leen nie. Ons sou in \u2018n veel slegter  situasie as Griekeland verkeer, wat tans \u201cslegs 160% van hul BNP skuld.  Die verskil is natuurlik dat Griekeland die Europese Unie en veral  Duitsland agter hom het wat tans hulp verleen, terwyl Suid-Afrika slegs  op homself aangewese is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien Suid-Afrika se staatskuld tot 208% van BNP styg, sal ons s\u00f3 met ander lande vergelyk:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika 208%<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Griekeland 161%<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jamaika 139%<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Itali\u00eb 120%<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verenigde State 103%<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Europese Unie (gemiddeld) 83%<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zimbabwe 70%<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bron: IMF<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  enigste ander land wat in \u2018n soortgelyke posisie van meer as 200%  staatskuld verkeer, is Japan op 230%. Ons moet egter in ag neem dat  Japan reeds jare lank onder swak ekonomiese groei gepaardgaan, maar ook  \u2018n sterk uitvoerland is met aansienlike buitelandse reserwes.  Suid-Afrika is \u2018n netto-invoerland wat deesdae selfs 25% van ons voedsel  invoer terwyl ons jare lank een van die min voedseluitvoerlande was.  Japan beskik ook oor \u2018n baie sterk geldeenheid, die jen, met rentekoerse  naby aan nul, sodat sy staatskuld nie so \u2018n groot rentelas op hom plaas  nie. Soos wat Suid-Afrika se skuldvlakke styg, sal die rand noondwendig  verswak en sal rentekoerse dienooreenkomstig styg. Die land sal in \u2018n  skuldkrisis vasgevang wees wat een of twee geslagte mag neem om te delg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blykbaar  beplan die ANC om agt kernkragsentrales te bou. Weens regstellende  aksie, rassekwotas op universiteit en ander faktore, het Suid-Afrika se  kundigheid op die gebied van kernfisika en kernkrag drasties oor die  afgelope agtien jaar agteruitgegaan. Ons beskik eenvoudig nie oor die  kundigheid om agt kernkragsentrales te bou en te bedryf nie. Daarom sal  buitelandse kundiges uit Europa en die Verre Ooste ingevoer moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  twee lande wat waarskynlik gaan meeding om die kontrakte vir die  kernkragsentrales gaan Frankryk en China wees. Beide lande is bekend vir  hul geneigdheid tot korrupsie. Daarom sal die graad van korrupsie  rondom die beplande R3,2 triljoen ongekend in die w\u00eareldgeskiedenis  wees, met oorsese maatskappye wat meeding om ANC-politici en hul gesinne  met reusebedrae vir die ondertekening van kontrakte om te koop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  sal soos die wapentransaksie wees &#8211; tot die mag tien. Tans beraam  verskeie waarnemers en instansies dat ongeveer \u2018n derde van alle  staatsbesteding weens korrupsie verlore gaan. Ons kan dus met veiligheid  aanneem dat een triljoen rand &#8211; die ekwivalent van die huidige  staatsbegroting &#8211; van die drie triljoen rand in die sakke van  ANC-kaders, vriende en familie gaan beland. Die res sal na die  buitelandse verskaffers gaan, wat op sigself \u2018n reuseprobleem op die  betalingsbalans gaan veroorsaak. Die kanse is goed dat die rand tot R20  of R30 per dollar mag verswak, wat ons huidige staatskuld wat in  buitelandse valuta uitstaande is, sal laat verdubbel of verdriedubbel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  is slegs twee miljoen belastingbetalers in Suid-Afrika wat beduidende  bydraes tot die staatskas maak, waarvan ongeveer die helfte Afrikaners  is. Dit gaan beteken dat ons vir twee geslagte of meer aan hierdie  bestedingsorgie en skuldapokalips van die ANC sal moet betaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom,  ons en ons kinders en dalk ons kleinkinders gaan die belasting- en  skuldslawe van die ANC-bewind en waarskynlik Franse kernkragmaatskappye  word. Trouens, Frankryk sal dit moontlik regkry om sy huidige ekonomiese  probleme op die rug van die Afrikanerbelastingbetaler te oorkom as hy  \u2018n reuse- ekonomiese inspuiting vanaf ons ontvang. Daar is reeds sprake  daarvan dat die Medupe-kragsentrale wat deur die Franse maatskappy  Alsthom gebou word, veelvoude van sy werklike prys kos, juis omdat die  ANC &nbsp;buitelandse bo plaaslike ingenieursvernuf verkies. En natuurlik is  die kanse goed dat daar ook bedrae onder die tafel van hande verwissel  het, wat die prys verder opgejaag het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  vraag is: Hoe ontkom ons aan die ANC se skuldpartytjie wat alle ander  Afrika-skuldkrisissse wat daar al was, na \u2018n vulletjie gaan laat lyk?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Myns  insiens verhoog dit die druk op Afrikanerleiers om so gou moontlik  selfbeskikking te verkry. Die enigste manier waarop ons aan hierdie berg  skuld en korrupsie gaan ontkom, is deur geografies van die res van die  land af te stig. Alternatiewelik moet ons dit aan die buitelandse  maatskappye en die staat duidelik maak dat hierdie transaksie nie ons  goedkeuring wegdra nie en dat ons daarom van die ekstra belasting en  kostes daar rondom kwytgeskeld moet word. Omdat ons reeds geen  verteenwoordiging in die regering en op die rade van staatsondernemings geniet nie, spreek dit vanself dat ons nie vir hul besluite en besteding verantwoordelik gehou kan word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  sal hierdie transaksie van meet af aan met \u2018n arendsoog moet dophou en  ons teenkanting amptelik moet uitspreek by wyse van verklarings en  stukke wat op die staat en buitelandse kontrakteurs beteken moet word.  Dit gaan nie help om, soos in die geval van die wapentransaksie, eers n\u00e1  die tyd beswaar te maak nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Asof die korrupte wapentransaksie nie genoeg was nie, is die ANC-bewind besig om reg te maak om R3,2 triljoen op kernkragsentrales en ander \u201cinfrastruktuurprojekte\u201d te bestee. Volgens \u2018n berig wat op 21 Augustus in Business Day verskyn het, het die minister van openbare ondernemings, Malusi Gigaba, \u2018n nuwe finansieringsafdeling in sy departement gestig om \u201cvernuwende &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13263\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kernkragsentrales gaan SA vir geslagte bankrot maak&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-13263","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13263","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13263"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13263\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13263"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13263"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13263"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}