{"id":13262,"date":"2012-08-27T06:15:11","date_gmt":"2012-08-27T06:15:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13262"},"modified":"2012-08-27T06:15:11","modified_gmt":"2012-08-27T06:15:11","slug":"blair-moontlik-vir-oorlogsmisdade-in-johannesburg-vasgevat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13262","title":{"rendered":"Blair moontlik vir oorlogsmisdade in Johannesburg vasgevat"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Voormalige Britse premier Tony Blair is hierdie week in die land vir &#8216;n leierskap-spitsberaad in Johannesburg. &#8216;n Aksiegroep wil &#8216;n dringende aansoek by die Nasionale Vervolgingsgesag bring om &#8216;n lasbrief uit te reik vir Blair se arrestasie vir die 2003 Irak-inval.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tony Blair sal as spreker by die Discovery Leadership Summit optree. Die geleentheid, sal ook deur die teenwoordigheid van Desmond Tutu, Pravin Gordhan en die mede-uitvoerende hoof van Goldman Sachs International, Richard Gnodde, vereer word. Discovery hoop om daarmee in die lukratiewe Afrikaanssprekende mark in te tap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Russiese skaakgrootmeester Garry Kasparov sal glo ook daar wees, nadat dit onwaarskynlik gelyk het. Hy is in hegtenis geneem deur die Russiese owerhede op 17 Augustus na aanleiding van sy bywoning van &#8216;n saamtrek ter ondersteuning van die feministiese punkgroep Pussy Riot.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die konferensie kos R7 000 vir die dag. Dit is nie bekend hoeveel Blair sal vra vir hierdie optrede nie. Daar word beweer hy is een van die duurste openbare sprekers in die w\u00eareld,&nbsp; met fooie van tot R78 000 per minuut.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Aksiegroep genaamd die <em>South African Muslim Network<\/em> en verskeie ander organisasies het die Discovery-groep se hoof uitvoerende beampte Adrian Gore gevra om die uitnodiging aan Blair terug te trek. Hulle glo hy is nie &#8220;geskik om lesings oor leierskap&#8221; aan te bied nie, as gevolg van sy belangrike rol in die 2003-inval van Irak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Mnr Blair is &#8216;n medepligtige in die moord op duisende mense in Irak en moet vir oorlogsmisdade verhoor word,&#8221; het een van die uitvoerende lede ges\u00ea. &#8220;Hy het die vertroue en verantwoordelikheid van sy kantoor oortree en dit was sy knus en verraderlike verhouding met die [Rupert] Murdoch-pers wat verhoed het dat baie van die waarheid oor sy rol in die inval van Irak en moord van sy burgers in die pers geopenbaar is.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Iona Maclean, hoof van <em>Discovery Life en Discovery Invest Marketing<\/em>, het ges\u00ea die uitnodiging vir Blair sal nie onttrek word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Patrick Bond, direkteur van die <em>Centre for Civil Society<\/em> aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, het ges\u00ea daar is geen twyfel dat Blair kan vervolg word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die webwerf arrestblair.org spel Blair se rol in die onlangse massamoord van die Midde-Ooste deur na Sentraal-Asi\u00eb uit,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Pretoria kla tereg dat die Internasionale Srtafhof hoofsaaklik swart tiranne vervolg, maar die Europese en Amerikaanse oorlogsmisdadigers reis om die w\u00eareld. [&#8230;] Maite Nkoane-Mashabane kan net die onlangse optrede van die Malawiese president Joyce Banda volg, wat die Soedanese president Omar al-Bashir gewaarsku het om weg te bly van Lilongwe met die dreigement van arrestasie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bond het ges\u00ea indien Nkoane-Mashabane nie ingryp nie, kan Suid-Afrikaners wat Blair as &#8216;n oorlogsmisdadiger beskou probeer om &#8216;n burgerarrestasie te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eis dat die inval van Irak in 2003 onwettig was, is gebaseer op die feit dat Blair versuim het om magtiging te verkry van die VN-Veiligheidsraad vooraf. Uitgelekte memo&#8217;s van 2002 het getoon dat die destydse-minister van buitelandse sake Jack Straw, Blair ingelig het dat die beoogde inval nie voldoen aan die kriteria wat nodig is vir wettigheid nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Belangrike vereiste vir &#8216;n wettige oorlog is dat dit verklaar moet word deur &#8216;n staat wat &#8216;n gewapende aanval moet trotseer, &#8216;n scenario wat nie die geval in die oorlog in Irak was nie. Blair het ook erken dat hy die eerste waarskuwing van sy prokureur-generaal, Lord Goldsmith, dat die inval onwettig is, verontagsaam het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die BBC het berig dat die Amerikaanse Departement van Verdediging 4487 Amerikaanse milit\u00eare personeel in Irak tussen Maart 2003 en Julie 2010 verloor het, en 179 Britse soldate het in dieselfde tydperk gesterf. Tussen 97.461 en 106.348 Irakse burgerlikes is dood.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Britse regering ondersoek die oorlog in Irak tans amptelik, maar die Chilcot-ondersoek sal slegs &#8216;n verslag laat in 2013 vrystel, van meer as 1 miljoen woorde. Deel van die vertraging is te wyte aan &#8216;n twis oor die vraag of die Kabinetsamptenare bereid is om sekere sensitiewe dokumente te publiseer, soos notas tussen Blair en Bush, en rekords van hul gesprekke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroe\u00ebr hierdie jaar, het Blair weer kritiek uitgelok toe hy verskyn het voor die Leveson-ondersoek na media-etiek en getuienis oor sy verhouding met Rupert Murdoch (Blair is die peetpa Murdoch se dogter Grace) gegee het. Dit het na vore gekom dat Blair drie oproepe na Murdoch in die opbou tot die oorlog in Irak in 2003 gemaak het. Dit word nou algemeen geglo dat die doel van hierdie oproepe was om Murdoch te druk vir positiewe persdekking van die oorlog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor die afgelope paar jaar is hy onderwerp aan ten minste vier pogings deur lede van die publiek wat &#8216;n burgerarrestasie op hom vir oorlogsmisdade wou uitvoer. &#8216;n Webwerf, gestig deur omgewingspesialis en Guardian-rubriekskrywer George Monbiot, samel skenkings in om enigiemand wat probeer om &#8216;n vreedsame burgerarrestasie op Blair te doen, finansieel te beloon.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/101otzyv.ru\/object\/filchakov-aleksandr\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Voormalige Britse premier Tony Blair is hierdie week in die land vir &#8216;n leierskap-spitsberaad in Johannesburg. &#8216;n Aksiegroep wil &#8216;n dringende aansoek by die Nasionale Vervolgingsgesag bring om &#8216;n lasbrief uit te reik vir Blair se arrestasie vir die 2003 Irak-inval. Tony Blair sal as spreker by die Discovery Leadership Summit optree. Die geleentheid, sal &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13262\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Blair moontlik vir oorlogsmisdade in Johannesburg vasgevat&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13262","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13262","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13262"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13262\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13262"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13262"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13262"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}