{"id":13245,"date":"2012-08-23T10:35:17","date_gmt":"2012-08-23T10:35:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13245"},"modified":"2012-08-23T10:35:17","modified_gmt":"2012-08-23T10:35:17","slug":"nie-net-die-keiser-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13245","title":{"rendered":"Nie net die keiser nie&#8230;"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/kaal.jpg\" \/>Die Keiser mag dalk kaal wees, maar die prins is poedelnaak! &#8216;n Woordvoerder van St James-paleis het bevestig dat hulle die persklagtekommissie gekontak het oor foto&#8217;s op &#8216;n Amerikaanse webwerf van &#8216;n naakte prins Harry, die koningin van Engeland Elizabeth II se kleinseun. Die foto&#8217;s is gepubliseer en wyd versprei, aanlyn.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die twee foto&#8217;s, geneem op &#8216;n selfoon in &#8216;n hotelsuite, is geneem deur &#8216;n mede-partytjieganger en is verkoop vir &#8216;n beraamde \u00a310.000.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die 27-jarige prins dra niks anders as &#8216;n horlosie en &#8216;n hangertjie nie terwyl hy &#8216;n naakte jong vrou omhels wat besig is om biljart te speel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die paleis het ges\u00ea die publikasie van die beelde, in die suite by die Wynn en Encore hotelkompleks in Las Vegas, is &#8216;n skending van die prins se privaatheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die woordvoerder het geweier om te s\u00ea of die prins, wat op &#8216;n private vakansie saam met vriende is, vir die suite self betaal of die hotel se gasvryheid aanvaar het. Vrae oor of die Britse koninklike familie belangstel in diensbaarheid of hulleself eerder as vermaaklikheidsterre sien, hang oor die prins se optrede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Prins Harry, &#8216;n Apache-helikoptervlie\u00ebnier, sal deur sy bevelvoerders te Wattisham in Suffolk ingeroep word vir &#8216;n skrobbering. Sy lyfwagte is reeds gekritiseer. Baie geld en moeite is gedoen om Harry en sy broer van goeie adviseurs te voorsien, soos die voormalige ambassadeur na Washington, Sir David Manning.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die lyfwagte was teenwoordig in die hotelsuite tydens Vrydagaand se partytjie, en die voorval het &#8216;n debat ontketen oor of hulle moet intree tensy sy lewe in gevaar is.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bernard Hogan-Howe, die kommissaris van die Britse Metropolitaanse Polisie, het ges\u00ea: &#8220;Koninklike beskermingsbeamptes wat daar is om hom te beskerm, is nie daar om sy lewe te re\u00ebl nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Voormalige instrukteur by die Koninklike Milit\u00eare Akademie te Sandhurst, het ges\u00ea die prins is waarskynlik vir &#8216;n &#8220;onderhoud sonder koffie&#8221; ingeroep. Die Paleis was gretig om die voorval te onderspeel, en s\u00ea die vors &#8220;laat stoom af&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is reeds hewige kritiek teen die Sandhurst, omdat hulle nie konsekwent optree nie. Soldate wat net terugkom van aktiewe diens en stoom aflaat, word meermale oorgesien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bronne binne Sandhurst s\u00ea dis nie die geval met Harry nie. Die weermag worstel met moeilike besluite in Afghanistan, Libi\u00eb en nou ook Siri\u00eb nadat hulle rol in die konflik deur die media rugbaar gemaak is. Die prins se optrede stel die Britse weermag verder in die verleentheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Harry is blykbaar nie daarvan bewus dat die koningshuis en by uitbreiding ook die Britse weermag, &#8216;n raamwerk van godsienstige, morele en sosiale verantwoordelikhede veronderstel nie, s\u00ea hulle.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Keiser mag dalk kaal wees, maar die prins is poedelnaak! &#8216;n Woordvoerder van St James-paleis het bevestig dat hulle die persklagtekommissie gekontak het oor foto&#8217;s op &#8216;n Amerikaanse webwerf van &#8216;n naakte prins Harry, die koningin van Engeland Elizabeth II se kleinseun. Die foto&#8217;s is gepubliseer en wyd versprei, aanlyn. Die twee foto&#8217;s, geneem [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":13244,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-13245","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13245","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13245"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13245\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/13244"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13245"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13245"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13245"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}