{"id":13229,"date":"2012-08-21T06:48:05","date_gmt":"2012-08-21T06:48:05","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13229"},"modified":"2012-08-21T06:48:05","modified_gmt":"2012-08-21T06:48:05","slug":"massamoord-mediasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13229","title":{"rendered":"Massamoord-mediasie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Joernaliste van sekere groot media-organisasies het nie toegang tot Siri\u00eb nie, maar dit verhoed hulle blykbaar nie om die rebelle se aksies te steun in weerwil van bewyse dat die geweld deur sommige Westerse magte gedryf word nie. Wiens brood men eet&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle houding het daartoe gelei dat voorstanders van diplomasie sarkasties opgemerk het dat hulle klaarblyklik &#8220;bom-diplomasie&#8221; steun, &#8216;n bietjie soos wat die ANC in Marikana massamoord-mediasie voorstaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Honderde mense, sosiale aktiviste en ander van regoor Ecuador het in die middel van Quito byeengekom om hul regering se besluit om politieke asiel te gee aan die WikiLeaks-stigter Julian Assange, te steun.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ecuadoriaanse hoofstad se Plaza Grande was vol plakkate wat gelui het: &#8220;Sonder ware vryheid van uitdrukking is daar geen soewereiniteit nie,&#8221; en &#8220;Viva vryheid van uitdrukking. Ondersteun Julian Assange.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vryheid van uitdrukking in Suid-Afrika en waaroor SANEF al verskeie kere die strate ingevaar het, is blykbaar nie iets wat aangewend hoef te word om die waarheid oor die slagting in Marikana bloot te l\u00ea nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al die swakbetaalde joernaliste van ons mediamonopolie en die Afrikaanse vakbond het op &#8216;n hopie gaan l\u00ea om &#8216;n beweerde swart rampokker ter wille te wees. Die vryheid van uitdrukking wat hulle eis, is o\u00ebnskynlik &#8216;n keuse om onvry te wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlede week, het die Ecuadoriaanse regering aangekondig dat hulle aan die w\u00eareld-beroemde fluitjieblaser politieke asiel sal verleen. Die besluit het gekom nadat Assange byna twee maande lank al in die land se Londense ambassade skuil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Bietjie soos Klaas de Jonge wat in 1985 in die Nederlandse ambassade in Pretoria skuiling gesoek het omdat hy gevang is dat hy wapens smokkel. Kennelik is inligting deesdae &#8216;n groter kommoditeit as wapens, wat die oproepe om &#8220;persvryheid&#8221; van &#8216;n media-monopolie wat nie belangstel om Marikana te ondersoek nie, nog meer verbasend maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">De Jonge se bemoeienis met allerlei, terloops, het hom na Rwanda gelei waar hy die volksmoord daar &#8220;ondersoek&#8221; het. Die stof het nog nie gaan l\u00ea in di\u00e9 streek nie. Deesdae ondersteun Paul Kagame, die Weste se liefling, die M23, &#8216;n rebellegroep in Rwanda wat met wapens &#8211; ja alweer &#8211; en geweld in die DRK inmeng en volgens ontleders tot destabilisering lei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die byeenkoms in Quito kom na &#8216;n vergadering Sondag van die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies (UNASUR), waar die blok eenparig &#8216;n sewe punt-resolusie aangeneem het ter ondersteuning van Ecuador se reg om aan Assange asiel te verleen, en Britse dreigemente teen &#8216;n soewereine staat se ambassade veroordeel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Buitelandse ministers van Suid-Amerika, lede van die 12-lid blok, wat in Guayaquil vergader het, het die diplomatieke status van ambassades binne die verband van die Weense Konvensie herbevestig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Saam met vryheid van uitdrukking, is die beskerming wat die staat aan sy burgers behoort te verleen, van die ononderhandelbare pilare van &#8216;n werkende staat. D\u00edt is die meganismes waarmee verskille en konflik binne &#8216;n land gereguleer word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika, daarteenoor, is dit massamoord-mediasie. En die media-monopolie en georganiseerde arbeid, lees die gevestigde belange in Suid-Afrika, verdedig dit. Kommerwekkend, om die minste te s\u00ea.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/pochemu-v-harkove-doveryayut-mestnoi-vlasti-i-gordyatsya-svoim-gorodom\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Joernaliste van sekere groot media-organisasies het nie toegang tot Siri\u00eb nie, maar dit verhoed hulle blykbaar nie om die rebelle se aksies te steun in weerwil van bewyse dat die geweld deur sommige Westerse magte gedryf word nie. Wiens brood men eet&#8230; Hulle houding het daartoe gelei dat voorstanders van diplomasie sarkasties opgemerk het dat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13229\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Massamoord-mediasie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-13229","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13229","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13229"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13229\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13229"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13229"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13229"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}