{"id":13226,"date":"2012-08-20T18:44:04","date_gmt":"2012-08-20T18:44:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13226"},"modified":"2012-08-20T18:44:04","modified_gmt":"2012-08-20T18:44:04","slug":"het-polisie-by-marikana-gemoor-om-ramaphosa-finansieel-te-help","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13226","title":{"rendered":"Het polisie by Marikana gemoor om Ramaphosa finansieel te help?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">PRAAG het nuwe inligting oor die Marikana-massamoord bekom wat dit  laat voorkom asof die mynwerkers van die Association of Mineworkers and  Construction Union (AMCU) met opset deur die polisie vermoor is as deel  van &#8216;n veldtog om van die lastige unie ontslae te raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amcu was  besig om die NUM as meerderheidsvakbond by die myn te vervang. Voordat  die skietery losgebars het, het die polisie die media aanges\u00ea om die  gebied te verlaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lauren Clifford-Holmes, die  multimediaredaktrise van die <em>Mail &amp; Guardian<\/em>, is Donderdagnag  verhoed om met beseerdes te praat. Sy het egter twee werkers van Lonmin  te\u00ebgekom wat bevestig het dat die struweling tussen die twee vakbonde  vir die probleme verantwoordelik is, aangesien die NUM-verteenwoordigers  nie herkies is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sakeman en hooggeplaaste  ANC-politikus, Cyril Ramaphosa, beskik blykbaar via sy maatskappy  Shanduka oor &#8216;n kontrak om alle arbeid aan die Lonmin-myn op Marikana te  verskaf. &#8220;Ramaphosa en die NUM bedryf &#8216;n vorm van slawe-arbeid by die  myn,&#8221; het &#8216;n bron op Marikana ges\u00ea. &#8220;Hy verskaf die arbeid teen ongeveer  R12 000 per werker, betaal elke werker R4000 per maand en steek die res  in sy sak. As voormalige hoof van NUM, kan hy die vakbondleiers beheer  en sorg hy dat die groteske uitbuiting waarmee hy besig is, in stand  gehou word.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">NUM se mededinger, AMCU, vereis egter dat die R12 000  wat Shanduka as arbeidsmakelaar luidens die kontrak met die myn  ontvang, direk aan die werkers uitbetaal word.&nbsp; Veral die rotsboorders,  wat baie moeilike en gevaarlike werk doen, het gevoel hulle is op  hierdie loon geregtig, aangesien dit reeds die tarief is wat Cyril  Ramaphosa se maatskappy vir werk by die myn ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n  Oudpolisieman met wie PRAAG gesels het, maar wat nie sy naam genoem wil  h\u00ea nie, s\u00ea dat te oordeel aan die foto&#8217;s wat hy gesien het, was die  werkers nie besig om die polisie aan te val nie, maar was hulle besig om  weg te vlug van &#8216;n gedeelte waar &#8216;n tweede polisie-kontingent hulle met  traanrook bestook het. &#8220;&#8216;n Mens kon sien party het probeer om hul o\u00eb en  gesigte te bedek. Hulle het gedink hulle vlug na &#8216;n plek van veiligheid  waar die swaar gewapende polisie hulle egter met outomatiese wapens  afgemaai het,&#8221; meen die oudpolisieman.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die motief vir die  massamoord by Lonmin-myn op Marikana sou die beskerming van Shanduka se  winsgewende dienskontrak vir die verskaffing van arbeid aan die myn  wees. Shanduka het reeds bekendgemaak dat hy R2 miljoen vir die  begrafnis van die 34 werkers skenk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die werkers is meesal  afkomstig uit Lesotho en landelike gebiede in die Oos-Kaap en sou dus  moeilik hul regte en hul lewens kon verdedig teen die ANC-beheerde staat  wat nou saamwerk met &#8216;n Brits-beheerde mynmaatskappy. Tot dusver het  die enigste vrae rondom die massamoord van swart politici en aktiviste  buite die ANC-dampkring gekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Groep bekend as die September  National Imbizo het ter plaatse ondersoek gaan instel en met &#8216;n  ooggetuie gesels wat beweer dat die mynwerkers &#8220;in &#8216;n hinderlaag gelok  is&#8221; deur hulle eers van bo uit helikopters met &#8216;n &#8220;blou middel&#8221; te  bestook, waarna hulle in die verwarring doodgeskiet is. Vele is  tereggestel terwyl hulle tussen rotse en in die bosse probeer wegkruip  het. Op die webwerf van <a target=\"_blank\" data-mce-href=\"http:\/\/septembernationalimbizo.org\/bloody-marikana-what-the-media-didnt-tell-you\/\" href=\"http:\/\/septembernationalimbizo.org\/bloody-marikana-what-the-media-didnt-tell-you\/\">September National Imbizo<\/a> word die ooggetuie as &#8220;ons vriend&#8221; beskryf:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;&#8230;ons  vriend toon aan ons hoe verskeie mense geskiet is terwyl hulle tussen  die rotse en onder bosse weggekruip het. Ons kon self sien waar die  bloedkolle was wat &#8216;n aanduiding was van die vasberadenheid waarmee  werkers uit hul wegkruipplekke uitgehaal en doodgeskiet is. Allerlei  soorte kledingstukke en skoene met bloed l\u00ea oral op die toneel rond.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die webwerf beweer verder:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Wat  duidelik is uit wat daar aan ons ges\u00ea is, is dat dit &#8216;n hinderlaag was.  Die videomateriaal in die hoofstroommedia met werkers wat op die  polisie afstorm was eerder werkers wat besig was om van koe\u00ebls agter  hulle weg te hardloop. Waarom sou werkers, wat met knopkieries bewapen  was, die gewapende polisie bestorm? Die werkers was heeltemal omsingel  en wat ons in die media gesien het, is net die helfte van die verhaal.  Daar was duidelik &#8216;n bedoeling om dood te skiet, vandaar die ontplooiing  van die weermag.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander vreemde dinge het gebeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  media is ure lank n\u00e1 die skietery van die toneel weggehou sodat dit  moeilik sou wees om die presiese gebeure te herkonstrueer. &#8216;n Kontak van <em>The Star<\/em> is tydens die massamoord doodgeskiet.  Ook het die polisie &#8216;n fotograaf van die <em>Mail &amp; Guardian<\/em> gedwing om  sy foto&#8217;s uit te vee. Waarom was die polisie so bang dat bepaalde  getuienis oor die gebeure sou uitlek?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Video wat in Nederland  verskyn het, toon &#8216;n Vodafone-ambulans op die toneel. Dieselfde video is  later op News24.com vertoon, maar sonder die ambulans, wat toon dat die  video geredigeer moes gewees het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vooraf het Sapa soos volg oor  die leier van die AMCU berig: \u201cOns is nie veilig nie. Ons telefone word  afgeluister, het die AMCU-president Joseph Mathenjwa aan &#8216;n skare in die  Wonderkop-plakkerskamp ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons is demokraties gekoloniseer &#8211; werkers werk onder vreeslik haglike omstandighede.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 die massamoord het Mathenjwa &#8216;n werklik onafhanklike ondersoek  ge\u00ebis, maar die ANC het bloot een van sy eie ministers, Collins  Chabane, aangestel om die kommissie van ondersoek te lei. Onder die  vorige, sogenaamde &#8220;apartheidsregering&#8221; is daar altyd regters aangestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarna  Mathenjwa waarskynlik verwys as hy van &#8220;demokratiese kolonisering&#8221;  praat, is dat werkers teen R4000 per maand moet werk terwyl Cyril  Ramaphosa drie keer soveel per werker ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Johannesburgse  sakeman met wie PRAAG gesels het en wat ook in die dienstebedryf  werksaam is, beaam dat die ANC se kaders feitlik &#8216;n stelsel van  &#8220;slawe-arbeid&#8221; in die land ingestel het.&nbsp; Die eertydse offisiere van  Umkhonto we Sizwe verskaf tans arbeid aan die myne deur hoofsaaklik  buitelanders te werf. Min of geen van die myne neem meer werkers  regstreeks in diens nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Alles wat die ANC s\u00ea apartheid was, met  die stelsel van trekarbeid, geld nou, behalwe dat dit veel erger is,&#8221;  meen die sakeman. &#8220;Die ANC se kaders beheer alles. Hulle het hulle in  alle sektore van die ekonomie ingegrawe. Hulle regeer nie, hulle is &#8216;in  besigheid&#8217;. Die staat is vir hulle bloot nog &#8216;n besigheid, met  hulpbronne wat hulle kan gebruik om hulself te verryk.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of om &#8216;n mededingende vakbond soos die AMCU te straf en &#8216;n &#8220;voorbeeld van te  maak&#8221;? In die aanloop tot die verkiesings van 1994 het die ANC  halssnoermoorde op sogenaamde &#8220;sell-outs&#8221; gepleeg. Waar tienmiljoene  rand per maand ter sprake is by die verskaffing van werkers aan &#8216;n myn,  kan &#8216;n mens dus verwag dat &#8216;n organisasie wat so gewetenloos soos die  ANC kan optree, alle middele sal gebruik om mededingers te elimineer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens die skietery het &#8216;n joernalis van <em>The Star<\/em>, Poloko Tau,  vanaf die toneel getwiet: &#8220;Auto guns creacking [sic] and cocked like 100  at a time, scary \u2026 warzone down here, 1st shot fired \u2026 journalist  running, diving and hiding amid shots, water canon spewing water at the  strikers \u2026 my contact has just been shot dead \u2026&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 die Marikana-massamoord het sommige mense eenvoudig net &#8220;verdwyn&#8221;. Sapa het soos volg berig:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Omtrent 100 vroue  het by die Ga-Rankuwa-landdroshof buite Pretoria opgedaag waar meer as  250 betogers na verwagting op klagtes van openbare geweld sou verskyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Vrou, Nombulelo Jali, 37, het histeries gehuil. Sy s\u00ea die  polisie weet nie wat van haar man Themba Khalo Jali, 40, geword het nie.  Volgens haar is hy Donderdag in hegtenis geneem.<\/p>\n<p> &#8216;Ek het al  die pad van Harding in Kwazulu-Natal gekom maar ons kan hom nie kry nie.  Ons het in aller yl oral gesoek en ons kan hom nie vind nie. Die  polisie het hom weggevat, &#8216; s\u00ea Jali.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Julius Malema beweer dat  vele van die stakende werkers tans &#8220;onwettig in &#8216;n privaatgevangenis&#8221;  aangehou word. Sy vriend Floyd Shivambu s\u00ea insgelyks dat vele van die  werkers in die rug geskiet is, wat sou aandui dat hulle weg van die  polisie af gehardloop het toe hulle geskiet is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit kon nog nie  vasgestel word nie, aangesien &#8216;n veiligheidskordon oor die gebied getrek  is en joernaliste nie by die hospitaal toegelaat word nie.<\/p>\n<p> Die  noue verbintenis tussen die Brits-beheerde mynhuise en die ANC kan  etlike dekades heen teruggevoer word. Die eerste kontak tussen die  destydse Afrikaner-establishment en die ANC is deur die Britse  mynmaatskappy Consolidated Goldfields in Engeland tydens die tagtigerjare gere\u00ebl. By daardie  geleentheid het Thabo Mbeki en Willie Esterhuyse mekaar ontmoet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  mynhuise het destyds &#8216;n vername rol gespeel om die ANC as nuwe regering  vir Suid-Afrika voor te stel en het waarskynlik private ooreenkomste  met die sogenaamde &#8220;bevrydingsbeweging&#8221; gesluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gister het die voorsitter van Lonmin,  Roger Phillimore, &#8220;apartheid&#8221; die skuld gegee vir die haglike  omstandighede waaronder mynwerkers op Marikana leef, wel wetende dat  Shanduka en Lonmin &#8216;n groot deel van die myn se inkomste vir hulself  toe\u00ebien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Julius Malema het Jacob Zuma en Cyril Ramaphosa vir  die massamoord verkwalik: &#8220;Hulle het toesig gehou oor die massamoord op  ons mense&#8230; Nie eens die apartheidsregering het soveel mense gedood nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is onduidelik of die optrede van die polisie ooit intern  ondersoek sal word, want die uitvoerende direkteur van die polisie se  onafhanklike ondersoekdirektoraat, mnr. Francois Beukman, het so pas  bedank &#8220;om ander loopbaanmoontlikhede te ondersoek&#8221;. Hy verlaat die  diens aan die einde van vandeesmaand. Sy kontrak sou eers aan die einde  van Augustus 2014 verstryk het.In elk geval dink die nuwe baas van die polisie, Riah Phiyega, die dood van 34 mense was nie &#8216;n slagting nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRAAG het nuwe inligting oor die Marikana-massamoord bekom wat dit laat voorkom asof die mynwerkers van die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) met opset deur die polisie vermoor is as deel van &#8216;n veldtog om van die lastige unie ontslae te raak. Amcu was besig om die NUM as meerderheidsvakbond by die myn &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13226\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Het polisie by Marikana gemoor om Ramaphosa finansieel te help?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13226","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13226","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13226"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13226\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13226"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13226"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13226"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}