{"id":13210,"date":"2012-08-17T09:25:54","date_gmt":"2012-08-17T09:25:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13210"},"modified":"2012-08-17T09:25:54","modified_gmt":"2012-08-17T09:25:54","slug":"marikana-en-menseregte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13210","title":{"rendered":"Marikana en menseregte"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Die  Marikana-massamoord, soos dit reeds bekendstaan, is w\u00eareldnuus. In  weerwil van dae lange waarskuwing en inligting wat die ANC-bewind en sy  toenemend korrupte en gewelddadige polisiediens tot sy beskikking gehad  het, is daar geen werklike plan opgestel om die skare stakende  mynwerkers sonder lewensverlies te beheer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  afskuwelike voorval is die gevolg van die ANC se terroristiese etos en  moet met die Kerkstraatbom, halssnoermoorde en ander gruweldade vergelyk  word wat die beweging in die verlede reeds gepleeg het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Marikana  is insgelyks bloot &#8216;n skielike en sigbare manifestasie van die algemene  menseregtekrisis wat reeds in die sogenaamde &#8220;Nuwe Suid-Afrika&#8221; heers.  Ongeveer &#8216;n halfmiljoen mense is reeds sedert 1994 vermoor. Oor die  afgelope twee weke was daar 17 slagoffers van plaasaanvalle.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  Orwelliaanse ironie is dat Suid-Afrika oor &#8216;n &#8220;modelgrondwet&#8221; en &#8216;n  Menseregtekommissie beskik. Die paradoks wat ons moet begryp is dat die  retoriek rondom menseregte in die Nuwe Suid-Afrika juis die minagting  vir menselewens verdoesel wat &#8216;n groep linkse en dikwels kommunistiese  revolusion\u00eare koester.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  Nuwe Suid-Afrika is die w\u00eareld se eerste sadistiese samelewing. Die  Markies de Sade was &#8216;n Franse edelman wat tydens die Franse revolusie en  sy aanhouding in die Bastille-gevangenis hom &#8216;n w\u00eareld sonder grense  verbeel het waarin die heersers se luste sou botvier en waar hulle ook  plesier uit moord en die foltering van hul slagoffers sou put.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Min  sou die &#8220;Heilige Markies&#8221; soos daar ook ironies na hom verwys is, kon  vermoed dat &#8216;n sadistiese samelewing eendag in ons tyd aan die suidpunt  van Afrika tot stand sou kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">In  die Nuwe Suid-Afrika word kinders en selfs babas verkrag. In  staatshospitale word pasi\u00ebnte gelos om dood te gaan. Feitlik elke week  vind kleiner massamoorde plaas as hele gesinne op die gruwelikste wyses  denkbaar gefolter en tereggestel word. Soos elders in Afrika, speel  afkoms en etnisiteit, asook ras, dikwels &#8216;n rol by die keuse van  slagoffers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Afrikaners,  asook vreemdelinge uit die res van Afrika, word deur die ANC se  ondersteuners gehaat en word daarom die voorwerpe vir haatmisdade in die  land wat al die vorm van &#8216;n roetineverskynsel aangeneem het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  verantwoordelikheid van die ANC-bewind teenoor die Marikana-slagoffers,  asook teenoor elke ander slagoffer in ons land is volkome. Terwyl elke  beskaafde land ter w\u00eareld bel\u00ea in opleiding, toerusting en inligting om  skarebeheer met die minimum geweld en lewensverlies toe te pas, het ons  bloedbeluste heersers hul polisie met skerppuntammunisie en outmatiese  wapens afgevaardig om &#8216;n klomp baie emosionele mynwerkers op Marikana te  gaan konfronteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  uitslag was voorspelbaar. Zuma se vrome woorde oor &#8220;tragiese  lewensverlies&#8221; lei niemand om die bos oor die ware boosheid wat in die  boesem van hierdie barbaarse bewind tier nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Soos die antieke god Ba\u00e4l, vereis die ANC sy menslike offerandes om sy mag oor ons, sy slawe, te bevestig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Vyf  jaar gelede al het ons by PRAAG uitgeroep: &#8220;Genoeg is genoeg!&#8221; Wanneer gaan  ons di\u00e9 slagspreuk ter harte neem om van di\u00e9 skrikbewind ontslae te raak  en &#8216;n regering te vestig vir wie menseregte nie bloot &#8216;n wrange grap is  nie?<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62483-pochemu-stoit-hodit-v-priemnye-harkovskih-deputatov-realnaya-istoriya.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043f\u043e\u043b\u0438\u0442\u0438\u043a<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Marikana-massamoord, soos dit reeds bekendstaan, is w\u00eareldnuus. In weerwil van dae lange waarskuwing en inligting wat die ANC-bewind en sy toenemend korrupte en gewelddadige polisiediens tot sy beskikking gehad het, is daar geen werklike plan opgestel om die skare stakende mynwerkers sonder lewensverlies te beheer nie. Die afskuwelike voorval is die gevolg van die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13210\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Marikana en menseregte&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-13210","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13210","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13210"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13210\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13210"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13210"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13210"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}