{"id":13204,"date":"2012-08-17T04:40:34","date_gmt":"2012-08-17T04:40:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13204"},"modified":"2012-08-17T04:40:34","modified_gmt":"2012-08-17T04:40:34","slug":"massaslagting-skok-wereld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13204","title":{"rendered":"Massaslagting skok w\u00eareld"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die massaslagting by Marikana teen lede van die Amcu-vakbond, het skokgolwe deur die w\u00eareld gestuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was duidelik &#8216;n gevoel by die slagoffers dat die ANC, die polisie en die NUM in diens van wit kapitaal staan, t\u00e9\u00e9n die swart werkers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;NUM het ons versaak,&#8221; het een van die stakende werkers, Kelebone, aan die New York Times ges\u00ea. &#8220;NUM werk vir die wit mense om geld te kry. Hulle het vergeet van die werkers.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Polisiebeamptes by die Lonmin-myn in Marikana in die Noordwes het hul bes in &#8216;n gespanne situasie gedoen, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, se kantoor in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die minister wil &#8216;n versoek aan die president rig om &#8216;n volledige ondersoek na hierdie hele situasie van stapel te stuur&#8230;&#8221; het Zweli Mnisi, &#8216;n woordvoerder, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Nou wat moet die polisie in sulke situasies doen wanneer hulle deur gewapende en harde misdadigers wat die polisie vermoor, in die gesig gestaar word?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Skietery het Donderdagmiddag tussen polisiebeamptes en stakende mynwerkers uitgebreek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Francois Beukman, uitvoerende direkteur van die polisie se Onafhanklike Klagte-direktoraat, het intussen bedank.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">RSG berig Beukman sal amptelik aan die einde van die maand uit sy pos tree, nadat hy die pos sedert 2009 beklee het. Sy kontrak sou eers in 2014 tot &#8216;n einde gekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hoofdirekteur van direktoraat se regsdienste, Koekie Mbeki, sal van aanstaande maand in die pos waarneem, het die radiostasie berig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Joseph Mathunjwa, president van Amcu, s\u00ea die lede van sy vakbond wou met die bestuur ontmoet, maar die bestuur het nie hul beloftes nagekom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Lonmin se uitvoerende hoof skielik ongesteld geraak het, het die voorsitter ges\u00ea dit was nie &#8216;n &#8220;arbeidsaangeleentheid&#8221; nie, maar &#8216;n &#8220;openbare orde probleem&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n verklaring Donderdagnag, het Lonmin voorsitter Roger Phillimore ges\u00ea: &#8220;Ons sal die verwikkelinge rondom polisiebedrywighede vanmiddag [Donderdag] met die grootste erns behandel. Vanselfsprekend is ons diep getref deur die verlies van lewe in wat duidelik &#8216;n openbare orde eerder as &#8216;n arbeidsverhoudinge-kwessie was. &#8220;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Televisiebeeldmateriaal toon die polisie wat ongeprovokeerd op stakers losbrand en lede van die polisie wat onge\u00ebrg tussen die lyke rondloop en doodluiters wapens op swaargewonde stakers rig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ongeag van wat die polisie kan argumenteer oor provokasie, is daar geen regverdiging vir die skietery in &#8216;n skare met gewere en handwapens nie,&#8221; s\u00ea Frans Cronj\u00e9 van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge op Twitter.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Sommige van die stakende werkers het gister beweer dat hulle aangeval is verlede Vrydag deur die leiers van die NUM.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons is aangeval toe ons op ons pad na &#8216;n vergadering was Vrydag. NUM-leiers vermoor ons omdat hulle die werkgewer wil beskerm,&#8221; het &#8216;n werker wat homself as Tau Tau ge\u00efdentifiseer het, aan timeslive.co.za ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle [NUM-leiers en Lonmin] het die polisie gekry om te kom en ons te kom doodmaak. Ons is nie bang nie, want ons werk ondergronds en ons lewens is altyd in gevaar,&#8221; s\u00ea die werker Andries Tsinyao.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Verslaggewer van Sapa s\u00ea hy het 18 lyke langs die nabygele\u00eb Wonderkop-plakkerskamp gesien. Die amptelike dodetal en aantal mense wat gewond is, moet nog bevestig word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnisi s\u00ea die polisie het aanvanklik probeer om die stakers op &#8216;n vreedsame wyse uitmekaar te jaag. Hy s\u00ea polisiebeamptes het eers traangas en waterkanonne gebruik, maar dit het nie gehelp nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Politieke partye het intussen daarop aangedring dat &#8216;n dringende ondersoek na die skietery gehou moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pres. Jacob Zuma is ook baie hartseer oor die manier waarop die dispuut by die myn na die verlies van so baie lewens gelei het, het die presidensie in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het die geweld as &#8220;sinneloos&#8221; bestempel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Azanian People&#8217;s Organization (Azapo) s\u00ea die geweld herinner sterk aan die massamoord op 21 Maart 1960 in Sharpeville, op 16 Junie 1976 in Soweto en op 17 Junie 1992 in Boipatong.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/podrobnosti.ua\/2017855-prokuror-harkova-uvolilsja-po-sobstvennomu-zhelaniju.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die massaslagting by Marikana teen lede van die Amcu-vakbond, het skokgolwe deur die w\u00eareld gestuur. Daar was duidelik &#8216;n gevoel by die slagoffers dat die ANC, die polisie en die NUM in diens van wit kapitaal staan, t\u00e9\u00e9n die swart werkers. &#8220;NUM het ons versaak,&#8221; het een van die stakende werkers, Kelebone, aan die New &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13204\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Massaslagting skok w\u00eareld&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13204","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13204","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13204"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13204\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13204"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13204"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13204"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}