{"id":1320,"date":"2008-02-28T13:12:22","date_gmt":"2008-02-28T13:12:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1320"},"modified":"2008-02-28T13:12:22","modified_gmt":"2008-02-28T13:12:22","slug":"ondersoek-eers-reitz-insident","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1320","title":{"rendered":"Ondersoek eers Reitz-insident"},"content":{"rendered":"<div class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Gedurende sy eerste termyn wat ten einde sou loop in 2007 was daar aanduidings dat die rektor, voorheen &#39;n dosent in handelsvakke aan die UV, die universiteit sien as &#39;n instelling met die roeping om studente logies-wetenskaplik in `n akademiese omgewing op te lei. <\/div>\n<div class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Vroeg in 2007 het gerugte die ronde begin doen dat die universiteitsraad hulle daarvoor beywer om, in stede van die bevordering van die swart viserektor, die rektor vir &#39;n tweede termyn aan te stel. Dit het toe so verloop. <\/div>\n<div class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Kort nadat die heraanstelling bekend geword het, is die beleid van koshuisintegrasie afgekondig. Dit het reaksie van die studente, die studenteraad, ouers en die VF+ uitgelok. Daar is toe ook beweer dat die rektor advies van gesaghebbende deskundiges ontvang het om koshuisintegrasie op &#39;n ander wyse en met verdrag te implementeer. Dit het egter gou duidelik geword dat die rektor inderdaad sodanige advies van die hand gewys het. <\/div>\n<div class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Reeds&nbsp;voor hierdie stadium het <em>Volksblad<\/em> &#39;n tirade van me. Pandor teen die wit studente van die UV gepubliseer. Uit die geledere van die universiteit word o.a. in &#39;n brief aan die pers gevra of verreken is wat na 1994 op Engelse kampusse soos Pietermaritzburg, Durban-Westville en Wits gebeur het, en is gepleit vir &quot;eenheid-in-verskeidenheid&quot; eerder as &quot;eenheid-ten-koste-van-die-verskeidenheid&quot;. <\/div>\n<div class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Die konvokasie, onder voorsitterskap van &#39;n oud-hoofregter, vra die universiteit vir geleentheid vir bedaarde oorweging van die integrasiemodel. Dit word van die hand gewys. Die Universiteitsbestuur se gesindheid word tentoongestel n&aacute; dit bekend geword het dat VF+ van voornemens is om met die saak hof toe te gaan. <\/div>\n<div class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Na aanleiding van &#39;n VF+ kampusoptog van studente verleen <em>Volksblad<\/em> ruimte aan `n &quot;filosofiedosent&quot;, inderwaarheid &#39;n junior lektor, om &#39;n artikel &quot;Afrikanerstudente se protesoptrede &#39;maar flou&#39;&quot; te plaas. &quot;&#39;n Paar voorbokke blaas op fluitjies,&quot; skryf hy, &quot;en een lummel span selfs die &#39;vuvuzela&#39; in &#8230; &#39;n Paar (swart) polisiemanne (hou) &#39;n oog oor verrigtinge.&quot; Deurlopend spreek sy &quot;swart vriendin en makker&quot; mee. Die jong satirikus van die UV &nbsp;vervolg, &quot;&#8230;een of ander massa-poets met Leon Schuster iewers agter &#39;n kamera. Blykbaar het Sarie Marais en Bobbejaan klim die berg vroe&euml;r uit volle, wit borse opgeklink. F*kit! &#8230; Is dit al? Waar is die aksie? Waar is die fight!?&quot; vra sy makker en vriendin. <\/div>\n<div class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Maar die UV kan&nbsp;beter doen. Die hoof van die Department Filosofie volg dit op met &#39;n openbare lesing op die kampus, alles in Sowt Efriken Inglish, om die noodsaak van &quot;eenheid-ten-koste-van-die-verskeidenheid&quot; by die UV te verduidelik. In &#39;n brief aan ouers van studente i.v.m. die 2008 akademiese jaar&nbsp;skryf die rektor dat hy nou kan &quot;voortgaan met nasiebou.&quot; Genoeg van die bedenklike doen en late van die universiteitsbestuur waarvan heelwat op die een of ander manier sedert Julie 2007 in die plaaslike koerant verskyn het. <\/div>\n<div class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Oor die vindingryke en vreedsame protes van die huiskomitees van dames- en manskoshuise en die oproer op die kampus, word op 21.02.08 in <em>Volksblad<\/em> gerapporteer. Hoe polisiemanne die studente van die grasperke &quot; &#8230; in hul koshuise in &#8230; dwing met hul wapens&quot; is die fokus van die berig. <em>Volksblad<\/em> rapporteer daarna dat die aksie van die huiskomitees en die oproer afsonderlike voorvalle was. Onder die kop &quot;Onaanvaarbaar &ndash; rektor&quot; berig Volksblad dat die rektor Sondag (24.02.08) &quot;sy hart oopgemaak het&quot; deur &nbsp;te &quot;kap &#8230; na studente (&#8230;) veral wit studenteleiers.&quot; Op 26.02.08 volg, in vetter letters, die opskrif&nbsp; &quot;UV: Tugstappe kan volg&quot;. <\/div>\n<div class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Hierin word die feit van die afsonderlike oproer deur &quot;die universiteit&quot; verduidelik deurdat &quot;die staking die koshuise met `n leierskapsvakuum gelaat het wat die geleentheid vir vandalisme op die kampus geskep het&quot;. Klink dit geloofwaardig? Onder groot vet letters &quot;Video-bom&quot; berig <em>Volksblad<\/em> dat `n video wat in September 2007&nbsp;gemaak is op die kampus versprei is. Die rektor se verklaring lui: &quot;A video, made by residents of the Reitz mens&#39; residence on the Main Campus of the University of the Free State (UFS) in Bloemfontein, surfaced this morning (Tuesday, 26 February 2008) and was brought to my attention.&quot; Mmmm!<\/div>\n<div class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Die vraag is&nbsp;of&nbsp;`n vernielsugtige oproer spontaan begin&nbsp;die oomblik as huiskomitees uit die koshuise beweeg? En natuurlik wie dit aangeblaas het?<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">online casino bonus<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/pressrelizi\/nid\/1143\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">Dit kan insigewend wees as Anton Barnard se artikel <a href=\"http:\/\/www.praag.org\/mambo\/index.php?option=com_content&amp;task=view&amp;id=1364&amp;Itemid=37\" target=\"_blank\">Vrugte van gedwonge integrasie<\/a> aangevul word met `n beknopte kronologiese oorsig van die gebeure by die Universiteit Vrystaat. Dan mag die onbevange leser besluit dat benewens die bedanking van die rektor &#39;n onafhanklike ondersoek deur `n bevoegde buitestander noodsaaklik is alvorens enige dissiplin&ecirc;re of regstappe ingestel word.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[21096,1237],"class_list":["post-1320","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-s10-briewe","tag-ondersoek-eers-reitz-insident"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1320","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1320"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1320\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1320"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1320"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1320"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}