{"id":13199,"date":"2012-08-16T12:34:18","date_gmt":"2012-08-16T12:34:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13199"},"modified":"2012-08-16T12:34:18","modified_gmt":"2012-08-16T12:34:18","slug":"die-bds-lokomotief-het-vertrek-na-die-mo","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13199","title":{"rendered":"Die BDS-lokomotief het vertrek na die MO"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die BDS-lokomotief wat op Israel afstorm het verlede maand uit die stasie vertrek. BDS? Boikotte, Disinvestering, Sanksies.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Suid-Afrikaanse minister se onlangse verklaring wat Suid-Afrikaners aanmoedig om weg te bly van die Joodse staat, moet dus begryp word vir wat dit is: &#8216;n Kniebuiging in die rigting van Hillary Clinton se onlangse besoek aan ons land.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ebrahim Ebrahim, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, is aangehaal dat sy departement ten sterkste reise na Israel ontmoedig tensy dit gekoppel is aan Palestynse belange.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens die tweejaarlikse Algemene Vergadering van die <em>Presbyterian Church <\/em>van die Verenigde State van Amerika verlede maand, het die 2 miljoen lede en meer as 21.000 predikante van byna 11.000 gemeentes gewys hulle is een van die grootste hoofstroom Protestantse denominasies in die w\u00eareld. Hulle agentskappe bel\u00ea aandele in maatskappye wat sake doen in Israel en Palestina, soos Intel, Oracle, Coca-Cola, IBM, Microsoft en McDonalds. Twee jaar gelede, by die 2010 Algemene Vergadering, was Israel skaars op die radar. In die begin van Julie hierdie jaar, is &#8216;n komitee wat fokus op &#8220;die Midde-Ooste en vrede,&#8221; egter in die lewe geroep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bekend as die Komitee van 15, het hulle besluit om Motorola Solutions vir die verskaffing van toesig toerusting aan die Israeliese nedersettings te straf, Caterpillar vir die verskaffing van stootskrapers gebruik vir die sloping van die Palestynse huise en Hewlett- Packard vir die verkoop van die hardeware wat deur Israel in sy vlootblokkade van Gasa gebruik is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlede week se kansellasie van &#8216;n reis na Israel van &#8216;n afvaardiging van KwaZulu-Natalse amptenare was &#8216;n bevestiging van &#8216;n tendens dat die w\u00eareldmening teen Israel gedraai het. Die reis sou gefasiliteer word deur die SA-Israel-forum, wat, volgens die Uitvoerende Direkteur Wayne Sussman, reise vir munisipaliteite in agt provinsies fasiliteer. &#8220;Daar is baie wat Suid-Afrikaners kan leer van Israel, veral op die gebied van landbou, wetenskap en tegnologie, en daar is baie wat Suid-Afrika Israel kan bied,&#8221; het Sussman aan die Mail &amp; Guardian ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat Sussman nie die koerant vertel het nie, was egter dat die SA-Israel-forum se voorsitter Nathan Friedman ook die huidige voorsitter van die Johannesburgse maatskappy Cape Gate is, wat die heining rondom Gasa opgerig het. Hierdie inligting is oorgedra aan die koerant deur Mbuyiseni Ndlozi, &#8216;n direksielid van die BDS-beweging van Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die KZN provinsie moet geprys vir sy beginselvaste posisie,&#8221; het Ndlozi aan die Mail &amp; Guardian ges\u00ea. &#8220;Nou dat die Israeliese lobby blootgestel is, en op &#8216;n manier, op heterdaad betrap is, sal dit moeilik wees om sy pro-Israeliese werk te doen. Al die ander provinsies, munisipaliteite en ander strukture moet nou die leiding van KwaZulu-Natal volg. &#8216;n Presedent is gestel.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die BDS-lokomotief wat op Israel afstorm het verlede maand uit die stasie vertrek. BDS? Boikotte, Disinvestering, Sanksies. &#8216;n Suid-Afrikaanse minister se onlangse verklaring wat Suid-Afrikaners aanmoedig om weg te bly van die Joodse staat, moet dus begryp word vir wat dit is: &#8216;n Kniebuiging in die rigting van Hillary Clinton se onlangse besoek aan ons [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-13199","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13199","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13199"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13199\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13199"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13199"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13199"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}