{"id":13196,"date":"2012-08-16T12:04:19","date_gmt":"2012-08-16T12:04:19","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13196"},"modified":"2012-08-16T12:04:19","modified_gmt":"2012-08-16T12:04:19","slug":"die-mite-van-die-mite-van-die-goeie-ou-suid-afrika","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13196","title":{"rendered":"Die mite van die mite van die Goeie Ou Suid-Afrika"},"content":{"rendered":"<div class=\"entry-content\">\n<p>Hierdie week het Ivo Vegter soos \u2019n hedendaagse, sekul\u00eare  Savonarola ingegee voor die aanklagte van die heersende politieke  godsdiens \u2013 pseudo-liberalisme \u2013 en sy skuld in die openbaar bely. Hy  het nou nie juis in die openbaar sy klere geskeur, op sy bors getimmer  en getjank oor sy politieke kettery nie. Sy belydenis is eerder skalks  vervat in \u2019n politieke internetrubriek op Daily Maverick waarin hy die voortreflikhede van  die ANC besing het deur die NP van ouds te beswadder.<\/p>\n<p>Die ANC het baie flaters gemaak, erken hy, en om daarop te wys is nie  rassisties nie. Maar om te s\u00ea dat die NP die land beter bestuur het,  nou kyk, di\u00e9 is \u2019n onvergeeflike sonde. D\u00edt is ongebreidelde rassisme.  Dit is \u2019n mite, reken Vegter, dat die Nasionale Party die land beter as  die ANC regeer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy bou sy betoog uit met die aantyging dat die NP en die ANC  identiese ekonomiese beleide het en dit is, as jy dit kan glo,  Nasionaal-Sosialisme. Dis reg. Soos in Nazisme. Daaronder verstaan hy \u2019n  stelsel waarin die regering entrepreneurskap versmoor deur regstreekse  inmenging vanuit \u2019n sentrale hoogte. Hy bied vir die leser se  voorligting aanhalings van Emile Lederer (1937) en Ludwig von Mises  (1949) oor die aard van Nasionaal-Sosialisme aan, sonder om te  verduidelik hoekom hy dink dat die NP van di\u00e9 besondere politieke  geveerdes was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die NP, skryf Vegter, was nie minder korrup as die ANC nie \u2013 hy voel  nie gelei om di\u00e9 stelling te staaf nie \u2013 en die ANC is ook nie minder  bevoeg as die NP nie, die bewyse voor o\u00eb ten spyt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC, s\u00ea hy, het \u2019n groot agterstand teenoor die NP want hulle  sien om na die welstand van 50-miljoen mense en nie net 5-miljoen nie.  Die ekonomie onder die NP het traag gegroei, voer hy aan, en uiteindelik  het dit getaan. Die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling, soos Vegter  dit sien, het aan die Apartheidsregering \u2019n onregverdige ekonomiese  voordeel gegee. Desnieteenstaande het die ekonomie gestagneer en was die  \u201crykdomskeppende private vervaardigingsektor\u201d eintlik piepklein.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om hom in sy hoek koud te waai en sy standpunte te ondersteun, reik  hy uit na \u2019n paar liberale, Afrikaner-veragtende akademici uit Brittanje  en Kanada.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vegter het \u2019n naam vir homself gemaak as \u2019n stroomopmeningskrywer,  wat byvoorbeeld die groenies laat sidder en skuim oor sy skeptisisme  jeens aardverwarmingsteorie\u00eb en sy goedkeuring van potensi\u00eble  hidrokraking in die Karoo. Hy is \u2019n gedugte debatsteenstander, bereid om  dit op die ken te vat en om dit met statistieke en stawing te uit te  deel. Hy is \u2019n oorspronklike denker en beskik oor \u2019n verfrissende  nugterheid. Daarom is hierdie verstandsinploffing so ontstellend&nbsp; om te  aanskou; soos di\u00e9 van \u2019n afvallige wat sy moed verloor en in \u2019n  intellektuele kleed van baie dun linne in die sneeu op nerfafknie\u00eb kruip  voor die Pous van politieke korrektheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vegter se sentrale swakheid in hierdie redenasie is dat hy as\u2019t ware  \u2019n kiekie van \u2019n regeringstelsel op \u2019n bepaalde oomblik wil neem,  gevolgtrekkings daaruit maak en om dit dan met \u2019n ander stelsel te  vergelyk. Hy maak geen ruimte vir herkoms of ontwikkeling nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die prentjie van die NP-regering wat hy skets, dateer blykbaar iewers  uit die sewentigs. Werksreservering dra swaar by hom in sy beoordeling  van die NP. Maar teen die laat sewentigs was dit reeds \u2019n uitgediende en  uitgeworpe stelsel. Werksreservering was aanvanklik \u2019n beleidspilaar  van die NP, en dit vir \u2019n swak rede: Blanke werkers het gevrees dat  swart kompetisie vir werk net te straf sou wees. Teen die sewentigerjare  het hierdie vrese verdamp. Blankes was versekerd genoeg in hulle eie  vermo\u00ebns en swartmense het niemand met hulle skranderheid be\u00efndruk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die NP se werksreservering trek glad nie op die ANC se huidige  regstellende aksie nie. Ja, sekere werke is deur die NP aan blankes,  veral Afrikaners, toegewys, maar nie onvoorwaardelik nie. Onbevoegdheid  is nie geduld nie. Loodswaaiers het nie lank in \u2019n pos gebly nie. Dit is  so anders onder die ANC-regering. Regstellende aksie vind sonder  kwalifikasie of voorwaarde plaas. Iemand in \u2019n &nbsp;RA-pos kan nie swak  genoeg presteer om ontslaan te word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ou regering het toenemend kleinbesigheidsvriendelik geword. Vra  vir enige iemand wat in die ou dae \u2019n besigheid begin het om dit te  vergelyk met die ongelooflike rompslomp om een onder die nuwe stelsel te  begin. Die burokratiese rooi linte versmoor entrepreneurskap deesdae,  maar in die tagtigerjare, veral, het die kleinsakesektor in Suid-Afrika  behoorlik geblom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ou Suid-Afrikaanse ekonomie was, om die waarheid te s\u00ea, heel  robuus. Onthou gerus hoe verstom Amerikaanse ontleders was oor die  manier waarop die regering hulle skuld kon diens toe die buitelandse  banke op \u2019n onetiese manier Suid-Afrikaanse krediet opgeskort het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vegter het sy argument oneindig belemmer deur dit te omhul met \u2019n  vergelyking tussen die twee stelsels. As hy bloot kritiek op die  NP-regering gehad het, het daar straks geldigheid in sy betoog gesteek.  Nou egter hang hy die aansienlike karkas van die albatros van  ANC-mislukking om sy nek. Die gevolge van hulle administratiewe  onbeheptheid is die prominentste eienskap van die Nuwe Suid-Afrika. Deur  die twintigste eeu het die Nasionale Party en hulle voorgangers \u2019n  moderne staat gebou, met \u2019n uitgebreide spoor- en paaiestelsel, \u2019n  sterk, florerende landbousektor, \u2019n w\u00eareldleidende mynboubedryf, \u2019n  groeiende industri\u00eble basis en effektiewe land-, provinsiale \u2013 en  dorpsbestuurstelsel. Burgers van alle kleure het toegang tot  voortreflike opvoeding en hospitaalsorg gehad. In minder as twintig jaar  het die ANC dit alles gestroop, verniel en verteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Nasionale Party-regering het daarin geslaag om \u2019n groeiende  ekonomie in stand te hou in weerwil van baie ongunstige omstandighede.  Die Afsonderlike Ontwikkelingstelsel, anders as wat Vegter dit voorstel,  was \u2019n ontsaglike drein waarin die Nasionale Party massiewe voorrade  kapitaal gestort het. Voorts het hulle vir 23 jaar \u2019n baie duur oorlog  bedryf. En net om dit alles net meer ingewikkeld te maak, moes hulle dit  doen verstrengel in dekades se internasionale sanksies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die werklike vraag wat Vegter moes vra, is hoe die land oor twintig  jaar van hede daarna sal uitsien. Vir die ANC om \u2019n algehele katastrofe  te voorkom, is daar dinge wat baie vinnig in plek moet kom:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Infrastruktuur moet nie net bewaar word nie, maar drasties en omvattend uitgebrei word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Landboukapasiteit moet verdubbel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mynboupotensiaal moet verwesenlik word om buitelandse beleggersvertroue te stimuleer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En, belangrikste van alles, is die onderwysstelsel. Elke sogenaamde  ekonomiese wonderwerk van die twintigste eeu is geloods vanaf die  onderbou van \u2019n land se vermo\u00eb om sy jeug op te voed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Nasionale Party \u2013 verfoeilike verraaiers wat hulle uiteindelik  ook al was \u2013 was op al hierdie gebiede suksesvol. Die ANC het reeds op  al hierdie \u2013 en baie ander \u2013 gebiede misluk. En ons hoef nie twintig  jaar te wag om te weet watter ontsaglike katastrofe die  landsadministrasie onder die ANC in vergelyking met die NP reeds is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al sidder Ivo Vegter hoe ook al in die koors van sy pseudo-liberale  ongesteldheid. Dat dit \u2019n &nbsp;mite is dat die Nasionale Party die land  voortreflikbestuur het\u2026 is \u2019n mite.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mykharkov.info\/news-companies\/furshety-s-klassom-udobno-raznoobrazno-i-dostupno-78181.html\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hierdie week het Ivo Vegter soos \u2019n hedendaagse, sekul\u00eare Savonarola ingegee voor die aanklagte van die heersende politieke godsdiens \u2013 pseudo-liberalisme \u2013 en sy skuld in die openbaar bely. Hy het nou nie juis in die openbaar sy klere geskeur, op sy bors getimmer en getjank oor sy politieke kettery nie. Sy belydenis is eerder [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-13196","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c27-gustav-venter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13196","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13196"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13196\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13196"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13196"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13196"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}