{"id":13152,"date":"2012-08-12T08:15:46","date_gmt":"2012-08-12T08:15:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13152"},"modified":"2012-08-12T08:15:46","modified_gmt":"2012-08-12T08:15:46","slug":"die-boeremag-simptoom-van-die-suid-afrikaanse-konflik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13152","title":{"rendered":"Die Boeremag, simptoom van die Suid-Afrikaanse konflik"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Die  afgelope paar dae is daar \u2018n meningspeiling op hierdie webblad  aangaande die Boeremag aangebied. Dit wil voorkom asof die meerderheid  deelnemers die Boeremag ondersteun, in weerwil daarvan dat een van die  Boeremagleiers, dr. Lets Pretorius, meen dat die Boeremag eintlik deur  \u2018n ander groep &#8211; waarskynlik die Nasionale Inligtingsdiens &#8211; geskep is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Russies-Joodse aktivis, Avigdor Eskin, het ook vandeesweek \u2018n artikel op die Russiese staatsradio se webblad gepubliseer, <a href=\"http:\/\/english.ruvr.ru\/2012_08_08\/Boeremag-defendants-leftovers-of-apartheid-or-freedom-fighters\/\">Boeremag defendants: leftovers of apartheid or freedom fighters?<\/a> Daarin vergelyk hy die Boeremagverhoor met die Rivoniaverhoor van  Nelson Mandela en ander in die vroe\u00eb sestigerjare. Hy kom tot die  gevolgtrekking dat, hoewel die buitew\u00eareld simpatiek teenoor Mandela en  die ANC was, gee die internasionale gemeenskap nie meer om \u201coor die lot  van gewone Suid-Afrikaners nie &#8211; n\u00f3g wit n\u00f3g swart\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eskin  beywer hom onvermoeid vir die Afrikanersaak in sowel Israel as Rusland.  Nogtans wil ek hier met hom verskil. Dit mag wees dat min mense oorsee  omgee vir die lot van gewone mense en hul regte wat daagliks vertrap  word, maar Suid-Afrika is reeds dekades lank gewikkel in \u2018n oorlog  sonder einde. Die ANC was maar bloot pionne in hierdie oorlog, wat terug  te voer is na die Tweede Vryheidsoorlog of Anglo-Boereoorlog toe die  uitlanders en inheemse blankes gestry het om beheer oor die land se  hulpbronne, waaronder grond maar veral minerale. Onlangs het daar \u2018n  insiggewende artikel op Politicsweb verskyn, <a href=\"http:\/\/www.politicsweb.co.za\/politicsweb\/view\/politicsweb\/en\/page71619?oid=315564&amp;sn=Detail&amp;pid=71619\">The secret war against the Afrikaners<\/a>,  waarin Piet Swanepoel aantoon hoe Britse jingo\u2019s eintlik die ANC  befonds en be\u00efnvloed het. Self wil ek nog \u2018n boek skryf oor die rol van  Trevor Huddleston en die Anglikaanse Kerk in die ondermyning en  uiteindelike omverwerping van die vorige regering, wat veral natuurlik  met die hulp van Swede geskied het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eintlik  woed dieselfde oorlog steeds in Suid-Afrika wat \u2018n honderd jaar gelede  plaasgevind het. Die bewindsoorname deur die ANC in 1994 het dit  geensins be\u00ebindig nie, want tans is dit, om Von Clausewitz te  parafraseer, \u201coorlog met ander middele&#8221;. Die ANC gebruik sy politieke  mag, wetgewing en die moordbendes wat plase en voorstedelike huise  aanval, om sy doelwitte te bereik. Net soos in 1899-1902, was die  uiteindelike doelwit altyd \u2018n \u201cfinale oplossing vir die  Afrikanerprobleem\u201d: hetsy ons uitwissing, hetsy ons verdrywing uit die  land.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika  verkeer steeds in \u2018n oorlogstoestand. Ons sien dit in die graad van  geweld en wetteloosheid wat heers, asook in die aard van die beserings  wat slagoffers opdoen en wat beslis verskil van enige beserings wat  mense in vredestyd oorkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  punt is egter: die oorlog wat tans in die land heers, is \u2018n sogenaamde  lae-intensiteitskonflik (LIK). In die handboek van die Amerikaanse  weermag word \u2018n lae-intensiteitskonflik soos volg gedefinieer:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cLow  intensity conflict is a political-military confrontation between  contending states or groups below conventional war and above the  routine, peaceful competition among states. It frequently involves  protracted struggles of competing principles and ideologies. Low  intensity conflict ranges from subversion to the use of armed force. It  is waged by a combination of means, employing political, economic,  informational, and military instruments.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis  \u2018n definisie wat \u2018n mens noukeurig moet lees. Natuurlik roep dit  allerlei vrae op, soos: Wie is die \u201cstrydende state of groepe\u201d in ons  land? Wat is die \u201cmededingende beginsels en ideologie\u00eb\u201d in Suid-Afrika?  Dit is egter voor die hand liggend dat ons vyande alle moontlike  \u201cpolitieke, ekonomiese, inligtings- en milit\u00eare instrumente\u201d teen ons  gebruik. Dink maar aan die arsenaal van rassewetgewing, die ondermyning  van ons skole en universiteite, die gebruik van die SAUK en ander media  vir intense propagandaveldtogte en \u2018n inligtingsoorlog teen ons, ens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brittanje  en dan veral die Britse Arbeidersparty, die Anglikaanse Kerk en Britse  akademici, om nie van sekere koerante en die BBC te vergeet nie,  verteenwoordig die staat wat steeds teen ons oorlog maak. Die ANC is  bloot \u2018n surrogaatmag wat sedert die vyftigerjare &#8211; kort n\u00e1 die  1948-verkiesing &#8211; teen ons ontplooi is, op dieselfde manier as wat die  ou Sowjetunie Kubaanse soldate Angola toe gestuur het. Die ANC-kaders is  Brittanje se Kubane. En die ANC word natuurlik deur die Nguni-groep oorheers, die Xhosas en Zoeloes wat sedert die dae van die Grensoorlo\u00eb op ons boere jag gemaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  mededingende beginsels en ideologie\u00eb in Suid-Afrika verteenwoordig  breedweg die stryd tussen nasionalisme en imperialisme. In die  Afrikanerpolitiek tydens die twintigste eeu het dit natuurlik in die  Nat-Sap-geveg vertaal. In ons tyd is die tradisionele Britse  imperialisme egter vervang deur multikulturalisme, \u201cnie-rassigheid\u201d en  \u201cglobale samesyn ongeag taal, godsdiens of kultuur\u201d. Tans word die  produktiewe en intellektuele bydrae van Afrikaners, waaronder ons  belastings, deur die ANC opge\u00ebis wat dit dan by wyse van korrupsie,  staatskontrakte en ander middele na Britse en ander multinasionale  maatskappye herkanaliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  modus operandi verskil van d\u00edt wat in die negentiende eeu gegeld het,  maar die uitwerking is dieselfde: ons word geplunder en ons vroue en  kinders, asook oumense, word by die duisende doodgemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  nuwe imperialiste beheer nie \u2018n land regstreeks met milit\u00eare besetting  of vanuit die \u201cColonial Office\u201d nie, maar onregstreeks. By wyse van  wapenkontrakte, spesmagte of geheimedienste wat selektief die  surrogaatmagte ondersteun en omkopery van politici, word \u2018n soort  neokoloniale orde in stand gehou. Die verbruikersmark verteenwoordig  daardie \u201cmensvleisbredie\u201d waarvan Van Wyk Louw gepraat het, \u2018n  gedekultureerde, verdomde mensemassa aan wie \u2018n hamburger of \u2018n selfoon  verkoop kan word en wat sodoende die dollars of veral ponde na die  imperium laat vloei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iemand  op Twitter het my \u2018n paar dae gelede gevra wat ek van die Boeremagsaak  dink. Ek moes doodeerlik antwoord dat ek \u201cnie weet wat om daarvan te  maak nie\u201d. Maar ongeag al die intriges en feite wat in die getuienis na  vore gekom het, loop daar vir my o\u00ebnskynlik \u2018n fatale denkfout deur die  Boeremag se beplanning en optrede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alles  wat ons tydens die Boeremagsaak gehoor en gelees het, dui daarop dat  die aangeklaagdes se reaksie op die lae-intensiteitskonflik in ons land  konvensioneel was. Hulle wou eensklaps die mag milit\u00ear of deur middel  van \u2018n staatsgreep \u201cherower\u201d en sodoende Afrikanerregering herstel. Op  sigself \u2018n edele ideaal, maar helaas nie sonder meer moontlik of selfs  wenslik nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  elk geval het ek iewers gelees dat voormalige milit\u00eare mense nog nooit  \u2018n suksesvolle revolusie, waar ter w\u00eareld ook al, kon uitvoer nie. Die  soldaat dink volgens bepaalde re\u00ebls, asook oorsaak en gevolg, terwyl  daar vir die revolusion\u00ear geen re\u00ebls geld nie. Met milit\u00eare geweld wil  die soldaat \u2018n strategiese instelling of gebied beset of \u201coorneem\u201d,  terwyl die guerilla geweld bloot sien as \u201cpropaganda deur die daad\u201d.  Jare lank het die ANC slegs uit \u2018n handjie vol mense bestaan, maar deur  \u2018n skouspelagtige terreurdaad soos die Kerkstraatbom het hulle hul mag  sigbaar gedemonstreer en die ou Afrikanerstaat uitgedaag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  ons dink aan \u201cpropaganda deur die daad\u201d, het die groep onbekende  aktiviste wat oranje, wit en blou vlaggies agter op verkeerstekens in  die Noord-Transvaal geverf het of die Beyers Naud\u00e9-gedenkteken in  Johannesburg eintlik meer vermag as die Boeremag. Deur hul simboliek van  verset, hoewel vreedsaam, het hulle die wil tot weerstand getoon,  publisiteit verkry en rebelse gevoelens by die Afrikanerbevolking  aangewakker.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop  is daardie verwers, anders as die bomplanters, nooit gevang nie. Ek het  op \u2018n stadium probeer vasstel wie die verfwerk gedoen het, maar kon nie  uitvind nie. Hul geheimhouding was foutloos. Hulle het nie  konvensioneel milit\u00ear gedink nie, maar die beginsels van \u201coranje  revolusie\u201d of dan \u201coranje-blanje-blou revolusie\u201d gevolg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Te  oordeel aan die reaksie op PRAAG se meningspeiling op die Boeremagsaak,  het Afrikaners reeds daardie toestand bereik wat Mao \u201cdie vis in die  water\u201d genoem het. Ons bevolking is reeds dermate van die huidige bestel  vervreem dat ons moontlik niks gaan doen om dit omver te werp nie, maar  ons sal ook nie iemand gaan verklap of teenstaan wat dit probeer doen  nie. Ons lojaliteit teenoor die ANC-staat is naby aan nul.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Danksy  die beheer van die ANC oor die land se milit\u00eare hulpbronne, die pantser  en outomatiese wapens, bevind ons onsself noodwendig in \u2018n asimmetriese  verhouding tot die vyand. Hy is sterk en ons is swak, ook vanwe\u00eb ons  onderlinge verdeeldheid, gebrek aan gemeenskaplike visie en ideologiese  verwarring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gepraat  van ideologiese verwarring. So \u2018n week of wat gelede het daar \u2018n  artikel in Die Burger uit die pen van Dawie verskyn wat insgelyks op die  Boeremagkwessie ingaan. Die Burger is natuurlik die stem van Groot  Brittanje in Suid-Afrika, as\u2019t ware die konsentrasiekampkommandant wat  praat. Volgens Dawie is selfbeskikking vir die Afrikaner \u201cgewoon laf en  word deur regse ekstremiste gedryf\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  enigste oplossing vir die Afrikaner is om hom vir \u201ckulturele vryheid  binne die grondwet\u201d te beywer. Aldus Die Burger. Daarvoor kan ons een en  almal by Solidariteit en Afriforum aansluit en jare sit en wag vir die  volgende hofdatum wanneer ons saak oor nog \u2018n Afrikaanse skool wat  oorgeneem en verengels word, gaan voorkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dawie  se gevolgtrekking is: \u201cBly streng geweldloos en binne die grense van  die regstaat.\u201d Dit is nogal ironies dat \u2018n koerant soos Die Burger, wat  so \u2018n groot bewondering vir Nelson Mandela en die ANC koester, nie ook  \u2018n bewondering vir Mandela se idees het nie. Nelson het allermins  geweldloos gebly en het ook nie die grense van die regstaat eerbiedig  nie. Die Kerkstraatbom, oproepe via Radio Freedom vanuit Tanzani\u00eb om  blanke burgerlikes voor die voet dood te maak, boikotte en finansi\u00eble  sanksies, was alles deel van die Mandela en die ANC se stel wapens teen  die ou regering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Burger hou seker ook nie van die verf van naamborde of gedenktekens  nie, want dit is ook onwettig. As jy nou Bram Fischer se naam gaan  doodverf in Randburg, dan is jy nie meer \u201cbinne die grense van die  regstaat nie\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  vind dit nogal ironies dat Die Burger meen ons moet die wette wat deur  die ANC gemaak word, so streng gehoorsaam. Want die ANC self voel hom  nie, tans of veral in die verlede, gebonde aan wette nie. Sy kaders  handel na goeddunke, totdat hulle \u201cuitgevang\u201d word. En as die howe hulle  tot tronstraf vonnis, is daar altyd mediese parool.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iewers skryf Machiavelli in Die Prins  dat as jou opponent van bose middele gebruik maak, maar jy tree altyd  goed op, gaan jy noodwendig die geveg verloor. Die ANC en die magte  agter hom het al genoegsaam gedemonstreer dat dit vir hulle gaan om \u201cdie  doel heilig die middele\u201d. Sluipmoorde, terreur, halssnoermoorde,  skending van menseregte, oproepe tot volksmoord, intimidasie, diefstal,  bedrog, gewapende roof, dwelmhandel, enigiets is toelaatbaar solank dit  hul strategiese doelwitte bevorder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  ons enigiets uit die Boeremagsaak kan leer, is dit dat die maak van  planne, selfs waar dit om selfverdediging gaan, te alle tye vermy moet  word. Ek sou nie eers \u2018n veiligheidsplan om my huis teen inbrekers te  beskerm, op my rekenaar se hardeskyf aanhou nie. Blykbaar is die  begroting van die Nasionale Inligtingsagentskap tot R6 miljard verhoog,  waarvan \u2018n groot deel waarskynlik gebruik word om Afrikaanse  organisasies te infiltreer met agents provocateurs wat my en jou wil  aanhits tot \u201choogverraadplanne\u201d totdat die ANC elke denkende Afrikaner  in die land agter tralies het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gegewe  die geskiedenis van Afrikanerverraad en die groot aantal staatsagente  tussen ons, kan ons mekaar nie meer vertrou nie. Dit was ook \u2018n kenmerk  van die konflik in Noord-Ierland dat familielede mekaar naderhand nie  meer kon vertrou nie omdat die Ierse Republikeinse Le\u00ebr insgelyks deur  die Britse geheimediens ingesypel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan  die ander kant, soos ek hierbo ges\u00ea het, het ons reeds die  vis-in-die-water-stadium bereik en sal die gewone Afrikaner wat nie \u2018n  betaalde amptenaar van die geheimediens is nie, waarskynlik niemand in  kennis stel indien sy buurman \u2018n klomp gewere in sy tuin begrawe nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  wat die staat in Suid-Afrika meer korrup word en die polisie en weermag  onder beheer van misdaadsindikate en ANC-faksies kom wat geweld gebruik  om hul mededingers uit te skakel, sal geweld noodwendig toeneem, selfs  vanaf die huidige reeds kwalik houdbare vlakke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eintlik  is die Afrikaner lankal reeds ingesluk deur die geweldspiraal. Die  Burger droom as hy dink daar is duidelike grense tussen reg en verkeerd  in Suid-Afrika of dat die regstaat eerbiedig kan word, veral waar dieselfde &#8220;regstaat&#8221;  wette maak wat ons as lede van \u2018n nasionale minderheid tot vyande  verklaar en ons ekonomiese, kulturele en politieke kanse vernietig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaner bevind hom toenemend, soos die titel van Alexander Strachan se boek oor die destydse grensoorlog lui, in \u2018n W\u00eareld sonder grense.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nes  die lede van die Boeremag, gaan ander Afrikaners ook begin reageer op  plaasmoorde, geweld en sistemiese diskriminasie soos wat die ANC sy  \u201coorlog met ander middele\u201d teen ons voortsit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afgesien  van \u2018n konvensionele milit\u00eare staatsgreep, is daar \u2018n hele spyskaart  van minder wettige en onwettige opsies waaroor \u2018n mens in boeke en  koerente, asook op die internet, lees: oranje revolusie, asimmetriese  oorlogvoering, kuberoorlog, verbruikers- en belastingboikotte,  sluipskutteraanvalle op politieke leiers, selfs biologiese en chemiese  oorlogvoering. Daar is duisende Afrikaners wat as jagters,  IT-deskundiges, mediese dokters of wetenskaplikes oor vaardighede beskik  wat in so \u2018n asimmetriese oorlog tussen ons en die ANC-staat aangewend  kon word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Persoonlik  is ek nie bereid om die wet te oortree nie en staan ek geen onwettige optrede voor nie. In die sewentiger- en tagtigerjare, aangehits met Britse  en Sweedse geld wat die land vrylik binnegestroom het, het vele skrywers en  intellektuele in Suid-Afrika egter openlik revolusie gepredik en niks  daarvan oorgekom nie. Hulle was natuurlik almal aan die ANC se kant,  maar noudat die bordjies verhang is, kan ons seker ook tien of twintig  persent van hulle militante metodes en idees begin ondersoek. Of ten  minste daaroor spekuleer, soos wat ek hier doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe  ons \u2018n paar jaar gelede met Zuma gaan braaivleis hou het, het hy ges\u00ea  dat die Boeremag-episode \u201c\u2018n politieke oplossing vereis\u201d, waarmee hy wou  s\u00ea dat daar een of ander onderhandeling behoort plaas te vind om  verdere optrede van di\u00e9 aard te voorkom. Soos meermale met die ANC die  geval is, was dit net \u2018n klomp gepraat wat op niks uitgeloop het nie.  Intussen het Zuma president geword en meen hy dat hy enige  Afrikanerdissidensie met geweld kan onderdruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anders  as die ANC, beskik Afrikaners wel oor morele waardes. Dus kan ek kwalik  sien dat \u2018n Afrikanerdokter of -wetenskaplike op sy eentjie in sy  garage begin cholera-kieme kweek om tydens die re\u00ebnseisoen in ons land  se spruite en riviere los te laat wat reeds weens munisipale korrupsie  en onbevoegdheid met riool besmet is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar in \u2018n w\u00eareld sonder grense soos wat Suid-Afrika geword het, is enigiets seker moontlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  ANC, asook Naspers, Media24 en Die Burger, het alles in hul vermo\u00eb  gedoen om Afrikanerleierskap en -instellings te vernietig of belaglik te  maak. Die gevaar daarvan is egter dat daar niemand meer oorbly om mee  te onderhandel indien die huidige lae-intensiteitskonflik verder sou  eskaleer na iets n\u00f3g lelikers as wat dit reeds is nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/zaxid.net\/viktor_shokin_zvilniv_prokurora_harkova_n1341826\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die afgelope paar dae is daar \u2018n meningspeiling op hierdie webblad aangaande die Boeremag aangebied. Dit wil voorkom asof die meerderheid deelnemers die Boeremag ondersteun, in weerwil daarvan dat een van die Boeremagleiers, dr. Lets Pretorius, meen dat die Boeremag eintlik deur \u2018n ander groep &#8211; waarskynlik die Nasionale Inligtingsdiens &#8211; geskep is. Die Russies-Joodse &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13152\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die Boeremag, simptoom van die Suid-Afrikaanse konflik&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-13152","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13152","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13152"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13152\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13152"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13152"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13152"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}