{"id":13147,"date":"2012-08-11T13:19:02","date_gmt":"2012-08-11T13:19:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13147"},"modified":"2012-08-11T13:19:02","modified_gmt":"2012-08-11T13:19:02","slug":"motors-tien-gewone-plekke-om-te-besoek-voor-jy-lepel-in-die-dak-steek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13147","title":{"rendered":"Motors: Tien gewone plekke om te besoek voor jy lepel in die dak steek!"},"content":{"rendered":"<p>{JAthumbnail off}<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die afgelope Julie-skoolvakansie het ons die voorreg gehad om so bietjie deur ons land te toer. Met die rondry het ek van vooraf&nbsp; besef dat daar \u2018n paar goed soos \u2018n paal bo water uitstaan oor ons land.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons land is groot; ons land is mooi; ons land se platteland is wyd verwyderd van ons stede wat geriewe en infrastruktuur betref. Daar het ook minder aangename gedagtes by my opgekom: die feit dat die Wes-Kaap oor die algemeen in \u2018n baie beter situasie verkeer as die res van die land. Die paaie is rybaar, die dorpe is skoon en voel veilig. Selfs Kaapstad se middestad is silwerskoon en voel asof dit iewers in Europa kon gewees het; dit is net die kleurryke mense en natuurlik die berg wat jou herinner dat jy aan die suidpunt van Afrika is. Ek wonder so by myself: Hoekom kan die hele land nie so lyk nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou ja, ons het \u2018n hele 5500 kilometer in 10 dae afgel\u00ea. Hyundai Suid-Afrika was so gaaf om \u2018n Hyundai H1 Multicab-diesel tot my beskikking te stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mense gaan deur die lewe sonder om die gewone goed te waardeer en werklik in te neem. Dit is so vanselfsprekend dat ons gewoond daaraan raak en partykeer die werklike besondersheid van \u2018n plek of situasie heeltemal miskyk. Ons het met hierdie toer deur hoofsaaklik die Noord-Kaap, Wes-Kaap en Vrystaat op tien m\u00f3\u00e9t-ervarings afgekom. Dit is nie bloedstuwende, adrenalienervarings nie, net gewone plekke en dinge wat jy eenkeer in jou lewe moet meemaak.<\/p>\n<p>&nbsp;<img decoding=\"async\" alt=\"Kenhardt\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/kenhardt%20hotel.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>1. Kenhardt <\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kenhardt is \u2018n klein dorpie in die hart van die Boesmanland, so amper 100 kilometer suidwes van Upington op die pad na Calvinia. Ons eerste ervaring was om in die middel van die winter in Kenhardt oor te slaap. Nou kyk, koud in Suid-Afrika is nie koud soos in Europa nie, maar Kenhardt kom wragtig baie naby. Dis bre\u00eb oop vlaktes &#8211; en as ek s\u00ea vlaktes dan bedoel ek regte vlaktes &#8211; en dit strek so ver as wat die oog kan sien in alle rigtings. Die klein dorpie l\u00ea naby Putsonderwater wat werklik al \u2018n idioom vir n\u00earens in die w\u00eareld geraak het. Ons het in die ou skoolkoshuis oornag; die gebou dateer uit die vroe\u00eb negentiende eeu en het nog dik kleimure en donker gange met krakende plankvloere. Ons het baie aangenaam oorgeslaap sonder enige spoke van die vorige eeu, maar so koud het ek lanklaas gekry; die oumense was tawwe tienies, vertel ek jou!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons tweede ervaring is net so 50 kilometer buite Kenhardt op pad Brandvlei toe, Verneukpan. Nou die naam s\u00ea alles, want nie net verneuk die pan jou met dwaalbeelde nie, maar met sy grootte en afstand om daar te kom ook. Die aanwysings is goed, maar jy moet maar vra voor jy daarheen probeer ry; as jy nie vra nie sal jy sommer gou by die eerste hek omdraai en nooit Verneukpan kan ervaar nie.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Verneukpan\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/plaashek%20na%20verneukpan.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;Die mooi geskraapte grondpad van bykans 50 kilometer neem ons tot by \u2018n klein bordjie wat wys dat Verneukpan by die plaashek in is. Daar is nie minder nie as ses plaashekke wat oop en toe gemaak moet word om die pan te bereik.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Klipveld rondom Verneukpan\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/klipveld%20rondom%20verneukpan.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;Rondom die pan is die klippe pikswart, of dit nou die Boesmanlandson of die yster in die grond is weet ek nie, maar dit is nogal \u2018n gesig om die swart see van klippe te sien.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Verneukpan en die Hyundai\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/die%20h1%20op%20verneukpan.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By Sir Malcolm Campbell se bordjie moet ons deur die laaste hek gaan om die werklike pan te betree. Dit is hier waar die heer Campbell in 1929 met sy \u201cBluebird\u201d die landspoedrekord van 348,8 km\/u opgestel het. Die baan strek oor 17 km; dit is maar net \u2018n klein gedeelte van Verneukpan wat sowat 55 km lank&nbsp; en 11 kilometer breed is. Om op die pan te staan en werklik reg rondom jou niks te sien nie is \u2018n ervaring wat jy moet beleef. Daar is letterlik niks; nie klippe nie, nie water nie, nie gras nie, nie bome nie en ook geen geluide nie, net die wind en op die horison die dwaalbeeld van water wat blink. Dit was ironies dat dit juis \u2018n Hyundai is wat my na 12 jaar teruggebring het Verneukpan toe.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Verneukpan3\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/verneukpan%20se%20niks.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;Ek was 12 jaar gelede met die bekendstelling van die eerste Hyundai Tiburon ook op Verneukpan, maar my vrou en kind moes dit ook net kom beleef. Ek wou nie te ver op die pan inry nie, juis oor die \u201cverneuk\u201d-gedeelte van die pleknaam, want daar is geen verwysingspunt nie, geen radio- of selfoonontvangs nie en ek wou vir seker nie \u2018n wintersnag hier deurbring nie.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Kokerboomwoudpadteken\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/kokerboomwoud.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Boesmanland het nog \u2018n juweel wat net hier voorkom: die Kokerboomwoud. Hierdie woud is die grootste van sy soort ter w\u00eareld en in my 41 jaar het ek dit vir die eerste keer gesien.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Kokerboomwoud\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/kokerboomwoud%20van%20af%20pad%20gesien.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die woud l\u00ea op die hoofpad tussen Kenhardt en Brandvlei, maar mens moet vooraf by hulle bespreek om toegang te kry; Ek het sommer foto\u2019s so vanaf die hoofpad geneem en dit was werklik \u2018n gesig om te sien, die honderde kokerbome wat oor die kliprantjie strek.&nbsp; Die stuk pad tussen Kenhardt en Brandvlei is ook iets om te ervaar: plat en reguit, 150 km se reguit en plat.<\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong>2. Brandvlei se ossewa<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By Brandvlei het ek ook besef dat die kinders van die dorp moet as harde manne grootword want daar is n\u00earens in die dorp \u2018n polletjie gras nie; dit is net harde klipgrond. Selfs die kleuterskool se speelgrond is barre klipgrond.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Speelgrond Brandvlei\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/brandvlei%20se%20speelgrond.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Brandvlei het ons die Genl. Manie Maritz-gedenkossewa gaan besoek. Die wa staan in die middel van die dorpie netjies onder \u2018n dakkie. Ek het nog nooit op enige ander plek in ons land \u2018n beter beeld kon kry van hoe gehard die Voortrekkers nou eintlik was as juis hier met die ossewa in die middel van die barre aarde nie.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Ossewa op Brandvlei\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/manie%20maritz%20gedenk%20ossewa.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van Brandvlei lei die pad \u2018n verdere 150 km net so plat en net so reguit na Calvinia. Calvinia is die begin van die Cederberg, so die omgewing verander sommer vinnig vanaf dorre aarde na prentjiemooi binne \u2018n paar kilometer.<\/p>\n<p><strong>3. Calvinia se posbus<\/strong><\/p>\n<p><strong><img decoding=\"async\" alt=\"Calvinia se posbus\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/calvinia%20se%20posbus.jpg\" width=\"550\" \/><br \/><\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><strong> <\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Calvinia is nog \u2018n ervaring wat ek as stadsmens net eenvoudig moes doen, die w\u00eareld se grootste posbus staan hier en ons moes net \u2018n poskaart stuur. Die poskaart met se\u00ebl en al het my slegs R2 gekos.<\/p>\n<p><strong>4. Clanwilliam se kloof<\/strong><\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Clanwilliam-waterval\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/nieuwoudtsville%20se%20waterval.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p><strong> <\/strong><strong> <\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na Calvinia het ons wes gedraai en Nieuwoudtville op die rand van Namakwaland binne gery. Nieuwoudtville is natuurlik bekend vir skaapboerdery en ook die 100 m ho\u00eb waterval. Ons moes net die val van nader bekyk en was baie verras met die mooi kloof aan die onderkant van die val. Dit is asof die rivier sommer so uit niks uit in hierdie massiewe kloof af stort en alles wat jy 100km gelede gesien&nbsp; het, is so anders as d\u00edt wat voor jou afspeel.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Vanrhynspas\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/vanrhynspas.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Min mense weet dat Nieuwoudtville bo op die platorand van die weskus l\u00ea, die Vanrhynspas neem jou bo-oor die rand na Vanrhynsdorp aan die onderkant.&nbsp; Ons bestemming was die mooie Clanwilliam, rooibosteew\u00eareld. Ons het die N7 suidwaarts geneem om net al hoe dieper en dieper die groen lande van die winterre\u00ebnvalstreek binne te ry. Ons bestemming was diep in die klowe van Clanwilliam en ons het eers donker daar aangekom. Dit het ook saggies begin re\u00ebn en ek was net te bly toe ons huisie die aand \u2018n heerlike kaggel gehad het.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Kloofhuis Clanwilliam\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/clanwilliam%20se%20kloofhuise.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Niks kon my voorberei op wat ons die volgende oggend in die kloof begroet het nie. Die omgewing is asemrowend mooi en dan ook my volgende ervaring wat elke mens eenkeer moet deurmaak. Om wakker te word in \u2018n kloof in die Cederberg met \u2018n helder rivier wat 20 m van jou huisie af verby vloei, groen berge en prentjiemooi berge wat die hele ervaring omvou. Ek kon eenvoudig net nie glo wat ek sien nie, ek het nie geweet Clanwilliam kan so mooi wees nie. Ons sou maklik nog \u2018n paar dae hier kon bly, maar ons moes die aand in die Kaap wees en tussen Clanwilliam en die Kaap was nog baie te sien.<\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong>5. Bettysbaai se pikkewyne<\/strong><\/p>\n<p><strong><img decoding=\"async\" alt=\"Bettysbaai se pikkewyne\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/bettysbaai%20se%20pikkewyne.jpg\" width=\"550\" \/><br \/><\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><strong> <\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het so al teen die weskus afgery en al die klein dorpies besoek. In die Kaap aangekom, het ons besluit om die volgende dag Houtbaai toe, oor Chapman\u2019s Peak na Bettysbaai en Hermanus, te ry. Ons volgende ervaring wat my geweldig be\u00efndruk het, was die besoek aan die pikkewyne in Bettysbaai. Daar is meer as 3000 vo\u00ebls met neste en kleintjies te sien. Jy loop op houtbruggies tussen die pikkewyne in en ervaar nie net die eenheid met hulle nie, maar ook die geluide en reuke en orals sien jy kuikens in neste. Dit is die eerste keer dat ek pikkewyne in hulle natuurlike omgewing beleef het en dit is wilde pikkewyne wat daar broei en leef. \u2018n Vinnige draai in Hermanus was ook op ons program en ons kon sommer laatmiddag ietsie gaan eet voor ons weer die pad oor Sir Lowryspas terug Kaap toe sou aanpak.<\/p>\n<p><strong>6. Franschhoek<\/strong><\/p>\n<p><strong><img decoding=\"async\" alt=\"Franschoek\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/franschoek.jpg\" width=\"550\" \/><br \/><\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><strong> <\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons volgende ervaring was om in Franschhoek by een van die straatkafeetjies te sit en eet. Hier is sekerlik die naaste wat jy daaraan sal kom om die Alfresco-leefwyse van Frankryk en Itali\u00eb te beleef. Uitstekende kos, sagte agtergrondmusiek en honderde mense wat net kuier en eet. Dit is werklik iets wat jy eenkeer moet kom beleef en die lekker hiervan was dat dit eg is. Dit is nie in \u2018n toe winkelsentrum nie; die restaurant rondom jou is w\u00eareldklas en die kos uit die boonste rakke. Hier voel jy in jou bene dat jy eintlik \u2018n Europe\u00ebr is!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>7. Sjokoladeproe in die wynland<\/strong><\/p>\n<p><strong><img decoding=\"async\" alt=\"Sjokolade proe in die wynland\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/sjokolade%20proe.jpg\" width=\"550\" \/><br \/><\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><strong> <\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wynlande hou \u2018n sekere bekoring vir party mensen in en ander hou nou weer meer van die Bosveld of die see; min mense kan egter nee s\u00ea vir \u2018n happie kwaliteitsjokolade. Ons wou eintlik net die bokke van Fairview-landgoed vir my dogtertjie gaan wys toe ons op die sjokoladeplaas afkom. Dit het my 41 jaar geneem om regte kwaliteitsjokolade te proe soos \u2018n mens wyn of kaas sou proe.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Kakaobone\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/kakao%20bone.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die plaas laat mens toe om handgeroosterde kakaoboontjies te voel en te ruik. Jy kan regte kwaliteitsjokolade proe met die sjokolademaker wat eerstehands stap vir stap verduidelik hoe en waar elke sjokoladegeur vandaan kom terwyl jy daaraan proe. Dit was werklik een van die onvergeetlikste ervarings nog.<\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><\/p>\n<p><strong>8. Bainskloofpas<\/strong><\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Bainskloofpas\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/bainskloofpas%20rotse.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p><strong> <\/strong><strong> <\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voorlaaste ervaring wat my aanbetref wat elkeen moet deurmaak is om oor die Bainskloofpas tussen Ceres en Wellington te ry, daar iewers langs die pad stil te hou en net die ongelooflike skoonheid van die omgewing in te neem.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Bainskloofpas2\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/bainskloofpas.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die pas is gesluit vir swaarvoertuie juis oor die rotse wat bo-oor die pad hang. Daar is ook bykans geen skouer nie en met al die re\u00ebn het daar sommer sulke natuurlike watervalle tot op die padoppervlakte gestort, ongelooflik mooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>9. Riebeek-Kasteel<\/strong><\/p>\n<p><strong><img decoding=\"async\" alt=\"Riebeek-Kasteel\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/riebeek%20kasteel.jpg\" width=\"550\" \/><br \/><\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><strong> <\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die grootste verrassings van ons toer was toe ons van Malmesbury na Ceres gery het: die skoonheid van die dorpie Riebeek-Kasteel. Ek was nog nooit vantevore daar nie, maar die dorpie met sy mooi klein huisies en winkeltjies het werklik na vore gekom as een van die mooiste plekkies in die Cederberg.&nbsp; Beslis \u2018n besoek werd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>10. Vars gebakte brood<\/strong><\/p>\n<p><strong><img decoding=\"async\" alt=\"Plaasbrood\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/plaasbrood.jpg\" width=\"550\" \/><br \/><\/strong><\/p>\n<p><strong> <\/strong><strong> <\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie het al vars gebakte boerebrood langs die pad by \u2018n wynkelder gekoop en dit met plaasbotter net so verorber. Teen R17 \u2018n brood sny hulle hom vir jou en smeer geurige plaasbotter op elke sny. Dit is nou as jy dalk op die R62 tussen Robertson en Barrydale by die Tradouw-padstal stilhou.<\/p>\n<p><strong>Ons bus<\/strong><\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Hyundai H1\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/chapmans%20peak.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Hyundai H1 Multicab waarmee ons getoer het, is een van die gemaklikste voertuie waarmee ek in \u2018n lang tyd gery het. Die bus het drie sitplekke voor en drie sitplekke agter. Daar is twee skuifdeure aan weerskante van die voertuig om toegang tot die agterste sitplekke te vergemaklik en kop-, skouer- en been ruimte voor en agter is uitstekend.&nbsp; Die middelste sitplek voor vou plat om \u2018n tafeltjie met b\u00eareplek vir twee koeldranke en \u2018n netjiese bakkie vir \u2018n kamera te word. Agter die agterste sitplekke is daar ook genoeg plek om n paar waterkanne, skootrekenaar en komberse te b\u00eare. Die Multicab se kajuitgedeelte is heeltemal afgeskort van die laairuim met \u2018n agterste venster sodat jy darem deur die truspie\u00ebl na agter kan sien. Die laairuim kan bereik word deur die twee groot swaaideure agter die voertuig oop te maak. En wat \u2018n laairuim bied die Multicab nie! Daar is bykans 2000 liter se pakplek, die drempel is laag en die deur maak wyd oop, dus kan groot items, of dit nou reistasse of wasmasjiene is, maklik in en uit gelaai word. Die laairuim het ook gewone kantruite, dus lyk die voertuig soos \u2018n konvensionele bus, maar as jy mooi kyk sal jy sien dat die gewone H1 net een skuifdeur aan die linkerkant het. Wat toerusting aanbetref, is die Multicab met \u2018n afstandbeheerde sluitstelsel vir al die deure, elektries beheerde ruite, lugversorging, \u2018n radio wat mp3 kan speel en \u2018n usb-funksie toegerus. Daar is ABS-remme en EBD-remverspreiding, en die bus het ook glipbeheer wat aan en af geskakel kan word. Rygerief en akkommodasie is net eenvoudig verstommend. Die Multicab is beskikbaar in twee enjinopsies; ons toetsmotor was toegerus met die 2,5-liter- viersilinderdieseleenheid wat aan \u2018n outomatiese 5-gangratkas gekoppel is. Die eenheid ontwikkel 125 KW en 392 NM se wringkrag. Wat meer verstommend was as die gerief en spasie, was die brandstofverbruik of dan die gebrek aan verbruik want die H1 Multicab het 7,2l\/100km gehaal. Ons het berge op en af, ooppad, grondpad, modderpad, sandpad en stadsverkeer gery. Dit is baie indrukwekkend.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Hyudai op Verneukpan\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/ons%20bus%20op%20verneukpan.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Hyundai H1 Multicab kos R339&nbsp;900 en is na my mening die perfekte mengsel tussen \u2018n groot gesinswa en \u2018n dubbelkajuitbakkie, net met baie meer laairuimte. Sou ek iets aan die bus moet verander, sou dit die radio wees. Daar is net luidsprekers voor en die radio kan nie CDs speel nie. Ek sou ook armleunings op die bestuursitplek wou h\u00ea en ek sou ook graag \u2018n luik tussen die kajuit en die laairuim wou h\u00ea want elke keer as ek iets wou uithaal, moes ek stilhou en na agter loop om dit te kry. En dan sou hierdie voertuig met vierwielaandrywing baie naby aan perfek wees!<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/extrimcams.com.ua\/object\/dostavka-avia-i-sudoxodnimi-liniyami-topcargo\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>{JAthumbnail off} Met die afgelope Julie-skoolvakansie het ons die voorreg gehad om so bietjie deur ons land te toer. Met die rondry het ek van vooraf&nbsp; besef dat daar \u2018n paar goed soos \u2018n paal bo water uitstaan oor ons land. Ons land is groot; ons land is mooi; ons land se platteland is wyd &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13147\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Motors: Tien gewone plekke om te besoek voor jy lepel in die dak steek!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":13124,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[103],"tags":[],"class_list":["post-13147","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c94-padtoetse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13147","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13147"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13147\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/13124"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13147"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13147"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13147"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}