{"id":1310,"date":"2008-02-22T08:19:45","date_gmt":"2008-02-22T08:19:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1310"},"modified":"2008-02-22T08:19:45","modified_gmt":"2008-02-22T08:19:45","slug":"saam-teen-kovsie-bestuur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1310","title":{"rendered":"Saam teen Kovsie-bestuur"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gewapende polisie het kalmte probeer afdwing en die studente met wapens die koshuis in gejaag.&nbsp; Tien studente is volgens kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, op verskeie aanklagte van openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en naamskending in hegtenis geneem. Hulle sal eersdaags in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Klagtes teen ses is reeds ingedien, maar dit wil lyk asof drie van die klagtes teruggetrek gaan word.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die oproer het uitgebreek as gevolg van die universiteit se gedwonge integrasiebeleid in koshuise wat vanjaar deur prof. Frederick Fourie, die rektor, met &#329; ysterhand toegepas word. Wit en swart studente is teen hul sin gedwing om in dieselfde koshuise tuis te gaan, wat probleme met plasings en koshuistradies veroorsaak het. Studenteleiers het begin vanjaar hul kommer uitgespreek oor die oplaaiende spanning op die kampus rondom die koshuisintegrasiekwessie.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&#329; Verklaring is egter gister deur die universiteit uitgereik waarin ges&ecirc; word:<\/span> <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Die bestuur keur hierdie dade ten sterkste af. Ons is besorg daaroor dat hierdie &rsquo;n o&euml;nskynlik georkestreerde veldtog is om die toepassing van die nuwe koshuisbeleid oor diversiteit te frustreer.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">22 uit die 23 huiskomitees van koshuise het intussen &#329; protesbrief aan die universiteitsbestuur oorhandig waarin beswaar gemaak word teen toestande wat aanleiding gegee het tot die huidige onluste op die kampus.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wouter Wessels, leier van VF Plus Kovsies, het vanoggend in &#329; onderhoud met <a href=\"http:\/\/www.praag.org\/\">www.praag.org<\/a> ges&ecirc;: &ldquo;Die universiteitsbestuur konsulteer nooit met studente nie. Besluite en beleide wat hulle neem raak studente en veral koshuisstudente direk en daarom het die studente hierdie wroegings. Studente word nie toegelaat om hul insette te lewer nie en voel dat die demokrasie op die kampus misken word.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens gaan dit nie oor diversiteit nie, maar oor die toepassing van beleid, byvoorbeeld oor tolkdienste en sekuriteit. Die studentedekaan, dr. Choice Makhetha, het byvoorbeeld &#329; ou koshuistradisie dat eerstejaars op die grond moet sit tydens huisvergaderings &#329; skending van menseregte afgemaak.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens Wessels word &ldquo;baie onskuldige tradisies in die koshuise geteiken. In swart dameskoshuise daag studente nie meer op vir s&ecirc;r-oefeninge nie en dit word moelik vir huiskomitees om dissipline en tradisie te handhaaf. Die huiskomitees is die hande en voete van die universiteitsbestuur. Daarom het huiskomitees besluit, &lsquo;genoeg is genoeg&rsquo;.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hy het voortgegaan deur te s&ecirc;: &ldquo;Swart en wit staan saam teen die universiteitsbestuur oor hul gebrek aan konsultasie. Dit gaan nie direk oor die integrasiekwessie nie. Daar is egter definitief spanning wat deur integrasie veroorsaak word. Dit gaan veral oor h&oacute;&eacute; dit ge&iuml;mplementeer word. Blanke studente is byvoorbeeld nie ingelig dat hulle na swart koshuise moet gaan nie. Niemand is voorberei nie. Dis &#329; kultuurskok.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die universiteit het intussen &#329; interdik verkry teen alle studente verkry maar die bepalings daarvan is nog onbekend. Waarskynlik sal die staking voor die hofgebou vandag verbied word.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wessels het voorts ges&ecirc;: &ldquo;Die universiteit se mediaverklaring bekommer my, want swart en wit staan saam en wil saamwerk, maar die gedwonge saambly verteenwoordig bloot kosmetiese transformasie en daar word bloot daarop gefokus terwyl studentebelange ge&iuml;gnoreer word.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/miomare-yachting.com\">miomare yachting<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/visnazheniy-ta-pobitiy-u-harkovi-rozsliduyut-strashnu-zagibel-tririchnogo-hlopchika-20170927647641\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\" style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/kovsiebetoging.jpg\" width=\"220\" height=\"199\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Brand voor Huis Abraham Fischer<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Betogings by die Universiteit van die Vrystaat deur sowel swart as blanke studente het die kampus soos &#8216;n slagveld laat lyk. Brandende motorbande en asdromme&nbsp; wat die pad versper, stukkende ruite, klappers wat ontplof en swaaihekke wat afgebreek is het die kampus in chaos gedompel.&nbsp; Die studente betoog voor die hoofgebou omdat hulle beweer die universiteit se bestuur nie ag slaan op die huiskomitees se behoeftes nie, hulle as onbekwaam beskou en nie genoeg ondersteuning bied met moeilike kwessies nie.&nbsp; <\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[21089,182,1225],"class_list":["post-1310","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","tag-nuus","tag-streeksnuus","tag-wit-en-swart-studente-betoog-saam-teen-kovsie-bestuur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1310","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1310"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1310\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1310"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1310"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1310"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}