{"id":13094,"date":"2012-08-05T18:36:43","date_gmt":"2012-08-05T18:36:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13094"},"modified":"2012-08-05T18:36:43","modified_gmt":"2012-08-05T18:36:43","slug":"toe-afrikaanse-skrywers-leuenaars-geword-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13094","title":{"rendered":"Toe Afrikaanse skrywers leuenaars geword het"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Een van die mees fassinerende maniere  waarop Europese volkere oor die afgelope paar eeue tot stand gekom het,  is deur die skepping van nasionale letterkundes. Frankryk in die  sestiende eeu was blykbaar van die res van Europa afgesonder. In daardie  tyd het die Franse letterkunde en identiteit sy beslag gekry, sonder  enige hulp of invloed van buite.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van  die oomblik dat die G.R.A. gestig is, het die gedagte van &#8216;n nasionale  letterkunde sy beslag gekry wat die identiteit van die nuwe groep moes  uitdruk wat hom anders as koloniale Nederlanders of Engelse gevoel het.  In di\u00e9 opsig het Afrikaners die Europese model van nasiewording feitlik  tot op die letter nagevolg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen die  middel van die twintigste eeu het sowel N.P. van Wyk Louw as C.M. van  den Heever, onder andere, aanhoudend oor die Afrikaanse letterkunde  geskryf en gefilosofeer. In een van sy opstelle in <em>Mens en woord<\/em>,  skryf Van den Heever: &#8220;Die mens is en word soos die beskouings wat hy  aanhang en die volk bly net so belangrik as die kultuurwaardes wat dit  eerbiedig. Die kultuurlose het geen strewe na iets ho\u00ebrs nie; die aap in  die oerwoud bou niks op nie, maar verniel en breek net af.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elders  in dieselfde bundel opstelle (bl. 91) haal Van den Heever vir  Spengler aan wat verklaar het: &#8220;Die staat is as vorm, as moontlikheid  wat die geskiedenis van &#8216;n volk as werklikheid is. Geskiedenis is egter  oorlogsgeskiedenis, to\u00e9 net soos nou. Politiek is slegs die verbygaande  vervanging van die oorlog deur die stryd met meer geestelike wapens.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  dink ons kan met vrymoedigheid s\u00ea dat die Afrikaner daardie &#8220;stryd met  meer geestelike wapens&#8221; oor die afgelope paar dekades liederlik verloor  het. Iewers in die sestigerjare het daar &#8216;n wending in Afrikaans  ingetree waar die intellektuele en skrywers wat veronderstel was om die  Afrikaanse tradisie te vernuwe, &#8216;n ander lojaliteit ontwikkel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fransi Phillips verwys in haar mees onlangse roman, <em>Net &#8216;n lewe<\/em>,  na die hebbelikheid van &#8220;oulik&#8221; te wees deur kritiek op jou eie mense  te lewer. Nie dat selfkritiek onnodig is nie, maar iewers in die  veelbewo\u00eb sestigerjare het &#8216;n vorm van nihilisme hom by Afrikaanse  skrywers tuisgemaak, wat op &#8216;n versugting na verraad uitgeloop het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In my roman <em>Moltrein<\/em> is daar allerlei toespelings op die groteske stereotipe, selfs mite,  wat daar rondom apartheid ontstaan het. Apartheid as Nazisme, apartheid  as unieke vorm van wit skuld wat aan die Afrikaner kleef. Onlangs het  daar in Nederland heelwat kritiek op die denke van die sestigjare in die  Weste gekom, want dit is in daardie dekade wat die saad van die huidige  afgang gesaai is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die mees vertaalde Franse romansier van ons tyd, Michel Houellebecq, het in sy blitsverkoperroman <em>Element\u00eare deeltjies<\/em> (Les particules \u00e9l\u00e9mentaires) &#8216;n sombere prentjie geskilder van die  nagevolge van die sorgelose sestigerjare met sy hippiekultuur, asook  identifikasie met die derde w\u00eareld en die Oosterse mistieke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  Afrikaans het Breyten Breytenbach ons insgelyks voorgestel aan die  Zen-Boeddhisme en teen die laat sestigerjare in een digbundel na die  ander &#8216;n soort aanklag teen die blankedom gelewer. Ek onthou dat ons as  studente in Afrikaans en Nederlands moes leer dat hy die Westerse  ikonografie in sy po\u00ebsie omkeer waardeur swart die positiewe kleur word  en wit die negatiewe kleur, die kleur van die dood en alles wat sleg is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs het ek &#8216;n byna vergete roman van Elsa Joubert uit die vroe\u00eb sestigerjare gelees: <em>Ons wag op die kaptein<\/em>. Joubert sou heelwat later as liberale skryfster opgang maak toe haar roman met &#8216;n swart heldin, <em>Die swerfjare van Poppie Nongena<\/em>, met &#8216;n hele paar pryse bekroon sou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Feit is egter dat <em>Ons wag op die kaptein<\/em> allermins polities korrek is. Dit is gebaseer op &#8216;n ware verhaal wat sy in &#8216;n berig in <em>Die Transvaler<\/em> raakgelees het, van &#8216;n groepie Portugese wat deur gewapende swartes  tydens die bosoorlog in Angola aangehou word. Die roman kan selfs  Afropessimisties genoem word. Dit beeld beskawingskonflik uit en kyk  veral ook na die rasseproblematiek van Angola en die dilemma van diegene  wat die skryfster &#8220;mulatte&#8221; noem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe  het dit gebeur dat heelwat Afrikaanse skrywers met hul geworteldheid  in, en kennis van, Afrika, skielik so verskriklik polities korrek geraak  het? Tydens die veelbesproke ontmoeting met die ANC-leiers in Dakar,  het Afrikaanse skrywers eintlik heeltemal die &#8220;bruikbare idiote&#8221; van die  ANC-revolusie geword.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan praat &#8216;n  mens nie eens van iemand soos Andr\u00e9 P. Brink wat onlangs tydens &#8216;n  TV-program verklaar het dat &#8220;Afrikaners verdien om te verdwyn&#8221; nie. Dis  seker &#8216;n kort tree van daardie standpunt af om letterlik volksmoord oor  Afrikaners af te roep, soos wat Malema en ander reeds gedoen het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook  die huidige konflik tussen Afrikaanse skrywers rondom die  Pretoria-PEN-skrywersvereniging staan in die teken van hierdie &#8220;stryd  met geestelike wapens&#8221; waarna Spengler en C.M. van den Heever verwys.  Aan die een kant is daar &#8216;n groep skrywers &#8211; in vandag se Rapport noem  hulle ons &#8216;n &#8220;klein Gautengse groepie&#8221; &#8211; wat nie meer die soort  &#8220;estetiek van verraad&#8221; wat hom kennelik in dele van die Wes-Kaap  tuisgemaak het, wil beoefen nie. Ons ervaring van die Suid-Afrikaanse  werklikheid met sy sadistiese geweld, rasseoorheersing deur die swart  nomenklatoera, asook die naderende &#8220;tweede fase van die revolusie&#8221; is  van so &#8216;n aard dat ons nie meer daardie &#8220;sestigermodel&#8221; kan navolg nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skrywers  is natuurlik by uitstek in staat tot oneerlikheid en kwade wil.  Skeppende letterkunde is nie gegrond op die waarheid of werklikheid nie,  maar op &#8216;n bepaalde fiksionele voorstelling daarvan. Toevallig lees ek  nou die dag iets raak oor kwade wil, die mala fides. Die hele absurde  magstryd rondom die Pretoria-PEN-vereniging is natuurlik omgewe van mala  fides. Maar die Franse filosoof Jean-Paul Sartre, wat insgelyks op sy  dag &#8216;n erge bydraer tot sestigerradikalisme was, het in sy beroemde <em>Syn en die niet<\/em> &#8216;n hele hoofstuk aan kwade wil en die leuen gewy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n  Klomp Afrikaners &#8211;&nbsp; en ander mense in hierdie land &#8211; lieg elke dag vir  hulleself. Soos Sartre dit stel: &#8220;Ons s\u00ea sonder enige onderskeid oor  iemand dat hy tekens van kwade wil toon of dat hy vir homself lieg. Ons  sal gewillig wees om toe te gee dat kwade wil &#8216;n leuen teenoor &#8216;n mens  self is, op voorwaarde dat ons die leuen aan jouself van leuens in die  algemeen onderskei&#8230; Die wese van die leuen impliseer trouens dat die  leuenaar geheel en al oor die waarheid beskik wat hy besig is om te  verberg. &#8216;n Mens lieg nie oor iets waaroor jy onkundig is nie&#8230;&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika  is seker een van die lande ter w\u00eareld waar ons hele geopenbaarde  werklikheid op een groot leuen neerkom. Ons verlede is op &#8216;n verwronge  wyse herskryf om Afrikaners in die rol van boosdoeners voor te stel en  swartes as engelagtige heiliges soos Mandela. Tussen geskiedenis en  fiksie is daar bloedweinig verskil; albei weergawes is deurtrek van  kwade wil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aanvanklik toe  Pretoria-PEN gestig is, het Nadine Gordimer, nog &#8216;n sestiger-virago,  daarteen beswaar gemaak dat Afrikaanse skrywers &#8220;op hul eie&#8221; aan &#8216;n  vereniging mag behoort. In elk geval behoort ons slegs op grond van ons  etniese en taalverwantskap van internasionale lidmaatskap van PEN  uitgesluit te word, het sy in 2005 gemeen. Ironies het die dieselfde  Nadine Gordimer vandeesweek insgelyks uitgevaar teen die  onderwysdepartement van Limpopo wat nie skoolboeke aan swart leerlinge  verskaf nie. Onder andere het sy oor die radio ges\u00ea: &#8220;Ons het so hard  teen apartheid geveg, dat ons nie gedink het wat agterna sou kom nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie  verbasende erkenning en kritiek deur Gordimer op haar geliefde ANC,  verteenwoordig egter ook iets van &#8216;n Freudiaanse verspreking. Dit  verraai iets van haar eertydse kwade wil waarop haar hele oeuvre, soos  di\u00e9 van Brink en vele ander, gegrond is. Want &#8220;apartheid&#8221; was mos die  boosheid self, al het kinders van alle rasse darem op skool geleer lees  en skryf. Die grootste leuen van almal rondom apartheid was natuurlik  dat Afrikaners net soos Duitsers &#8216;n volksmoord op Suid-Afrikaanse  swartes gepleeg het. Eenkeer het Albie Sachs skalks teenoor my erken dat  &#8220;apartheid en Nazisme nie eintlik vergelykbaar is&#8221; nie, maar ek twyfel  of hy ooit so &#8216;n erkenning in die openbaar sou maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  een van haar destydse essays of onderhoude praat Gordimer van die  &#8220;Manicheaanse gif&#8221; wat nodig is om haar revolusion\u00eare doelwit, die  omverwerping van die ou regering, te bewerkstellig. Die Manicheaanse  voorstelling van Suid-Afrika in soveel sogenaamde liter\u00eare werke in die  verlede het &#8216;n Groot Leuen geskep, gekonstrueer met behulp van die kwade  wil van diegene wat geweet het wat die werklike situasie was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot  onlangs het &#8216;n mens in die Kaap nog hippies in ou Volkswagen kombi&#8217;s  te\u00ebgekom wat steeds anachronisties die lewenstyl van die sestigerjare  naboots, dagga en al. Daar is iets provinsialisties en arga\u00efes aan die  Kaap, wat egter geensins afbreuk doen aan die verbasende  selfversekerdheid van sommige Kapenaars nie. Miskien is dit die geloof  dat hulle op dieselfde golflengte as Londen, die metropool, verkeer; ek  weet nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ander skreiende ironie is dat die Nasionale Pers, wat &#8216;n eeu gelede rondom <em>Die Burger<\/em> onder redaksie van D.F. Malan ontstaan het, vandag &#8216;n meer Britse  perspektief op Suid-Afrika en die w\u00eareld handhaaf as die Britse koerante  self. Omdat Naspers, benewens sy monopolie op Afrikaanse media, ook oor  die grootste uitgewerye beskik, het die Afrikaanse letterkunde in sy  Kaapse gedaante &#8216;n soort afdruk van Britse letterkunde geword. Maar ook  deelagtig in die kwade wil wat Brittanje nog altyd teenoor Suid-Afrika  en veral teenoor Afrikaners geopenbaar het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van  Wyk Louw het gepraat van &#8220;die skipbreuk van alle sekerhede&#8221;. Met Nadine  Gordimer wat nie meer mooi weet wat n\u00e1 apartheid &#8220;moes gekom het nie&#8221;  en eens verwaande Kaapse kritikasters wat deesdae verkies om oor kos en  wyn eerder as letterkunde of politiek te praat, kry &#8216;n mens die indruk  dat &#8216;n klomp mense se sekerhede meedo\u00ebnloos deur die NSA weggekalwe is.  Behalwe dat hulle nie oor die moed beskik om dit te erken nie. Netnou  word hulle van &#8220;regsheid&#8221; verdink.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  soos daardie bejaarde Kaapse hippies met lang hare in kombi&#8217;s, beleef  die sestigerjare nog &#8216;n laaste stuiptrekking onder &#8216;n paar Afrikaanse  skrywers wat terug verlang na die dae van &#8220;apartheid&#8221; toe dinge soveel  eenvoudiger was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe &#8216;n mens nog die  Leuen op die markplein kon verkwansel. En, soos Van Wyk Louw dit gestel  het, &#8220;&#8216;n nuttige dollar&#8221; kon verdien.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.xrayvaz.ru\/object\/dostavka-iz-kitaya-topcargo\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van die mees fassinerende maniere waarop Europese volkere oor die afgelope paar eeue tot stand gekom het, is deur die skepping van nasionale letterkundes. Frankryk in die sestiende eeu was blykbaar van die res van Europa afgesonder. In daardie tyd het die Franse letterkunde en identiteit sy beslag gekry, sonder enige hulp of invloed &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13094\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Toe Afrikaanse skrywers leuenaars geword het&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[10494,10495,9643,10496],"class_list":["post-13094","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-jean-paul-sartre","tag-nadine-gordimer","tag-sestigers","tag-syn-en-die-niet"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13094","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13094"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13094\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13094"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13094"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13094"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}