{"id":13065,"date":"2012-07-31T05:17:45","date_gmt":"2012-07-31T05:17:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13065"},"modified":"2012-07-31T05:17:45","modified_gmt":"2012-07-31T05:17:45","slug":"jeugliga-prys-anc-omdat-hulle-nasionalisering-en-grondgryp-aanvaar-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13065","title":{"rendered":"Jeugliga prys ANC omdat hulle nasionalisering en grondgryp aanvaar het"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika se myne gaan genasionaliseer word en die grond sal onteien word sonder vergoeding, het die ANC-jeugliga se adjunk-president Ronald Lamola, Maandag ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Leierskap van die ANC mag bang wees om die terme &#8220;nasionalisering&#8221; en &#8220;onteiening van grond sonder vergoeding&#8221; te gebruik, maar die beleidskonferensie het duidelik die mag en die mobiliteit van die jong leeus gewys,&#8221; het Lamola in Johannesburg ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die beleidskonferensie van die ANC wat in Junie gehou is, het eenparig dit duidelik gestel dat die strategiese myne van Suid-Afrika genasionaliseer moet word vir die voordeel van alle Suid-Afrikaners.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lamola het terugvoering van die ANC se konferensie gegee, die rol van die Jeugliga, en ook besin oor die voormalige president Nelson Mandela se bydrae tot die stryd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Comrades, ons het die debat oor nasionalisering gewen,&#8221; het hy ges\u00ea by die liga se Dr Mxolisi Majombozi-tak by die Universiteit van die Witwatersrand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Selfs die African National Congress &#8230; hulle s\u00ea ons is by die punt waar ons moet kyk in terme van watter minerale om te nasionaliseer.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lamola het jong professionele mense aangemoedig om hul rol te speel deur te suggereer wat minerale in die staat se hande geplaas moet word as deel van die stryd vir &#8220;ekonomiese vryheid&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het ges\u00ea met hierdie geleentheid wat aan ons gegee is dat ons nou strategiese minerale moet identifiseer wat genasionaliseer moet word,&#8221; het hy ges\u00ea aan die juigende skare.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea grond moet gegee word aan die &#8220;regmatige eienaars&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die polisiekonferensie het dit duidelik gestel dat onteiening van grond wat onwettig deur die Boere en die Britse kolonies beset is, sonder vergoeding onteien moet word,&#8221; het Lamola bygevoeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;[Ons] takke van die ANC moet bedank word dat hulle nou dit op hulself geneem het om te veg vir ekonomiese vryheid.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lamola het ges\u00ea dat die jeugliga sy standpunt moet verdedig en verseker dat dit beleid word by die ANC se elektiewe konferensie in Mangaung in Desember.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroe\u00ebr Maandag, het die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe grootskaalse nasionalisering verwerp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Groot nasionalisering is nie &#8216;n opsie nie, dit is duur, dit is nie volhoubaar nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die party het egter ingryping deur die staat in die ekonomie ondersteun.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63827-uspehi-harkovskoy-oblastnoy-prokuratury-i-zakonodatelnye-iniciativy-danilchenko.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se myne gaan genasionaliseer word en die grond sal onteien word sonder vergoeding, het die ANC-jeugliga se adjunk-president Ronald Lamola, Maandag ges\u00ea. &#8220;Leierskap van die ANC mag bang wees om die terme &#8220;nasionalisering&#8221; en &#8220;onteiening van grond sonder vergoeding&#8221; te gebruik, maar die beleidskonferensie het duidelik die mag en die mobiliteit van die jong &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13065\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Jeugliga prys ANC omdat hulle nasionalisering en grondgryp aanvaar het&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13065","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13065","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13065"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13065\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13065"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13065"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13065"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}