{"id":13062,"date":"2012-07-30T12:47:12","date_gmt":"2012-07-30T12:47:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13062"},"modified":"2012-07-30T12:47:12","modified_gmt":"2012-07-30T12:47:12","slug":"dlamini-zuma-hunker-na-die-groen-weivelde-van-pan-afrikanisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13062","title":{"rendered":"Dlamini-Zuma hunker na die groen weivelde&#8230; van pan-Afrikanisme"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC-vroueliga se byeenkoms in die Pretoriase Stadsaal is Sondag goed bygewoon: om te luister na die nuutverkose Afrika-uniekommissie se voorsitster, Nkosazana Dlamini-Zuma.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die vloerplanke by die stadsaal het gesidder onder die gewig van dansende kamerade, en was &#8216;n tydige herinnering aan Dlamini-Zuma se eie gewildheid binne die ANC.&nbsp;<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die adjunk-minister van ekonomiese ontwikkeling, Hlengiwe Mkhize, het ges\u00ea die Vroueliga het besluit om die geleentheid aan te bied om self van Dlamini-Zuma te verneem wat haar verkiesing tot die Afrika-Unie se hoogste pos beteken. &#8220;Ons wou van haar hoor in plaas van in die media daaroor lees,&#8221; het Mkhize ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die blye tyding was dat die nuwe voorsitter beslis Oos kyk.<\/p>\n<p>Dlamini-Zuma het opgemerk dat die AU, benewens sy werk met lidlande, ook met die w\u00eareld besig is. &#8220;Ons het forums soos die AU-China-forum, waar ons sien hoe ons met China tot die wedersydse voordeel van elk kan werk. Daar is ook &#8216;n AU-Indi\u00eb-forum.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dlamini-Zuma meen haar pos sal &#8216;n kritieke toets van haar vermo\u00eb wees om groter outonomie op die vasteland van Afrika te handhaaf. In haar toespraak het sy erken dat die verhouding tussen die Afrika-Unie, China en Indi\u00eb &#8211; die huidige koloniale magte &#8211; moeilik mag wees en dat swartes sal moet besin oor die befondsing van die Unie wat van hierdie lande afkomstig is. &#8220;Dit is goed vir nou, maar ek hoop met die tyd sal ons &#8216;n gelyke verhouding h\u00ea.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maw, die geld vloei tans, maar Afrika gaan nie noodwendig enige teenprestasie daarvoor lewer nie. &#8216;n Tydige waarskuwing vir lande wat stemme wou koop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dlamini-Zuma het voorts gewaarsku: &#8220;Ek sal werk as &#8216;n dienaar van swartes en nie van Suid-Afrika nie. As Suid-Afrika, moet ons onsself binne die pan-Afrikanisme situeer, en nie net in enge eiebelang optree nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dlamini-Zuma het dit duidelik gemaak dat haar visie sal wees om Afrika-politiek van die belange van die Weste te verlos, en in plaas daarvan te verseker dat swartes hul eie reaksies op die kontinent se uitdagings bepaal. Sy het &#8216;n groot deel van haar uur lange toespraak daaran gewy. &#8220;Ons het &#8216;n trotse geskiedenis, &#8216;n trotse erfenis, maar wat kon verkeerd geloop het?&#8221; het sy gevra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het di\u00e9 retoriese vraag dadelik beantwoord en ges\u00ea dat sy glo &#8216;n groter mate van swart invloed die sleutel tot die ontwikkeling van die Afrika-kontinent oor die lang termyn sal wees. &#8220;Wat verkeerd gegaan het, is toe mense van die Weste begin het om swart mense as slawe te neem,&#8221; het sy ges\u00ea. &#8220;Dit het begin met slawerny, die gesondstes en sterkstes is tot die voordeel van die imperialistiese lande weggevoer. Diegene wat dit gedoen het, het gedink ons \u200b\u200bwas submenslik &#8230; En daarna kolonialisme, [waar] Europe\u00ebrs Afrika opgekerf het op die manier waarop ons dit vandag sien &#8230; en onder mekaar uitgedeel het asof ons net fauna en flora is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hul doel was om die kontinent en sy mense vir hul eie verryking te ontgin.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onderliggende boodskap is dat Dlamini-Zuma sal veg om die geskiedenis van eienaarskap en die gevolglike armoede en onstabiliteit wat dit volgens haar meegebring het, reg te stel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die skynbare vrygewigheid van Frankryk om mbv hul weermag Afrika se probleme in byvoorbeeld Mali op te los, sal egter die nuwe voorsitter se visie tot die uiterste beproef. Dlamini-Zuma se filosofie van die handhawing van swart beheer teen die hegemonie van die voormalige koloniale magte en die VSA, gaan nie maklik wees nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Suid-Afrika is reg vir die uitdaging. Konflik in Libi\u00eb en die Ivoorkus het &#8216;n bitter na-smaak gelaat, maar Suid-Afrika het in Januarie &#8216;n resolusie geborg wat verseker dat die Veiligheidsraad nou sal saamwerk met plaaslike liggame &#8211; veral die Afrika-Unie. Dit is daarop gemik om te verseker dat die Weste nie meer Afrika-politiek so maklik sal kan be\u00efnvloed nie. Wat die Ooste gaan regkry, sal die toekoms wel leer.<\/p>\n<p><\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.sovetneg.ru\/object\/dostavka--drugih-stran-topcargo\">topcargo \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC-vroueliga se byeenkoms in die Pretoriase Stadsaal is Sondag goed bygewoon: om te luister na die nuutverkose Afrika-uniekommissie se voorsitster, Nkosazana Dlamini-Zuma. Die vloerplanke by die stadsaal het gesidder onder die gewig van dansende kamerade, en was &#8216;n tydige herinnering aan Dlamini-Zuma se eie gewildheid binne die ANC.&nbsp; Die adjunk-minister van ekonomiese ontwikkeling, Hlengiwe &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13062\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dlamini-Zuma hunker na die groen weivelde&#8230; van pan-Afrikanisme&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-13062","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13062","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13062"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13062\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13062"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13062"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13062"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}