{"id":13054,"date":"2012-07-28T07:15:12","date_gmt":"2012-07-28T07:15:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13054"},"modified":"2012-07-28T07:15:12","modified_gmt":"2012-07-28T07:15:12","slug":"brandstapel-vir-n-sterwende-volk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13054","title":{"rendered":"Brandstapel vir &#8216;n sterwende volk"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Olimpiese skouspel in Londen was weer &#8216;n donquichotiese oefening in self-advertensie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die destydse Arbeidersregering het al voorheen daaraan gedink om die land te verenig deur te kom met wat hulle &#8216;n Britse &#8220;verklaring van waardes&#8221; genoem het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 probeerslag het byna in &#8216;n algehele klug ge\u00ebindig &#8216;n paar jaar gelede toe die publiek dit begroet het met hoonlag eerder as entoesiasme. <em>The Times<\/em> van Londen was moedswillig genoeg om &#8216;n leusewedstryd te borg, en die wenner was &#8220;Geen Leuse Asseblief, Ons Is Brits.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe, net soos nou, sukkel Brittanje met &#8216;n handelsmerk wat die klasse-, rasse- en identiteitsverdelings op hulle eiland saamvat. Behalwe die vlag, die Union Jack, wat hulle deesdae soos die Amerikaners graag rondswaai by vieringe vir hul monarg, is daar &#8216;n leemte as woorde of beelde gevind moet word om Britsheid te beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die seremonie van Vrydagaand was &#8216;n vreemde gedoente. Een Twittergebruiker het dit selfs &#8216;n &#8220;reuse brandstapel vir &#8216;n sterwende land&#8221; genoem. [<em>That was not an opening ceremony. It was a funeral pyre for a dying country<\/em>]<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die meeste Britte dink dis hul oulike aweregse gees en hul vermo\u00eb om lekker vir hulself te lag wat die w\u00eareld gister aanskou het. Hoekom hulle sulke kwaliteite as Olimpies beskou, is nie seker nie. Vir die meeste van ons lyk dit na wat verloorders van hou. Miskien was daar net niks anders om te vertoon as die middelmatige suksesse van televisie-akteurs oor die afgelope dekades nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is moeilik om te dink, byvoorbeeld, dat die Chinese, &#8216;n komiese akteur Rowan Atkinson (Mr Bean) in die openingstoneel van &#8220;Chariots of Fire&#8221; sal inspan, wat die ander deelnemers uit die pad stoot en eindig met &#8216;n onbeskofte geraas wat hulde bring aan Britse toilethumor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gelukkig s\u00ea die Britte, was daar geen politiek nie. Daar was miskien nie grappe oor die vroue en kinders wat in Suid-Afrikaanse konsentrasiekampe gesterf het, plaasaanvalle,&nbsp; of die oorlog vir olie nie, maar die seremonie is gewis deur linkse Arbeidersentiment gedryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is opvallend dat lede van &#8216;n vakbond in &#8216;n optog van politieke opstokers van die verlede gestap het, Afro-Karibiese immigrante wat vir minderheidsregte geveg het, en die Jarrow hongerstakers, wat geprotesteer het teen die werkloosheid in 1936, deel was van die &#8220;sportiewes&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brittanje se eerste lesbiese soen van &#8216;n 1993-episode van &#8216;n TV-sepie &#8220;Brookside&#8221;, is vertoon, asook dansers wat die wapen vir die Kernontwapeningsveldtog nageboots het. Amerikaanse toeskouers wat dit glo gewaag het om hul vlae te vertoon, is met minagting behandel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die assistent van die Britse minister van Vervoer, Aidan Burley, wat verlede maand uitgeskop is nadat hy &#8216;n partytjie met &#8216;n \u200b\u200bNazi-tema in &#8216;n Franse ski-oord bygewoon het, het nietemin gedink die seremonie was hopeloos te links.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Danny Boyle, wie se film &#8220;Slumdog Millionaire&#8221; agt Oscars in 2009 gewen het, was die brein agter die opening. Hy het ontken dat hy &#8216;n politieke agenda het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Nie almal sal daarvan hou nie, maar mense sal in staat wees om dit te erken as regtig eerlik en opreg&#8230; Daar is geen stront in nie, en daar word geen punt gemaak nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Britte, wat veels te veel geld op die byeenkoms uitgegee het, staar moeilike ekonomiese vooruitsigte in die gesig. Die geloof dat Brittanje finansieel kan baat by die Spele is tasbaar by die bestuur van die skouspel. Is dit waaraan hulle gedink het toe hulle besluit het om kinders wat op hospitaalbeddens rondrits, by &#8216;n sportbyeenkoms se opening in te sluit?<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeTv9mi0NPY\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Olimpiese skouspel in Londen was weer &#8216;n donquichotiese oefening in self-advertensie. Die destydse Arbeidersregering het al voorheen daaraan gedink om die land te verenig deur te kom met wat hulle &#8216;n Britse &#8220;verklaring van waardes&#8221; genoem het. Di\u00e9 probeerslag het byna in &#8216;n algehele klug ge\u00ebindig &#8216;n paar jaar gelede toe die publiek dit &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13054\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brandstapel vir &#8216;n sterwende volk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-13054","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13054","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13054"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13054\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13054"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13054"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13054"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}