{"id":13052,"date":"2012-07-27T09:31:20","date_gmt":"2012-07-27T09:31:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13052"},"modified":"2012-07-27T09:31:20","modified_gmt":"2012-07-27T09:31:20","slug":"praag-breek-deur-na-140-miljoen-mense","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13052","title":{"rendered":"PRAAG breek deur na 140 miljoen mense"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Rike Bosman, PRAAG se skakelbeampte\" alt=\"Rike Bosman\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/rike_gedeelte.jpg\" \/>Gisteroggend het PRAAG se Engelse webblad <a href=\"http:\/\/www.praag.org\">www.praag.org<\/a> die nuus oor die grusame marteldood van Amaro Viana op Walkerville begin versprei,  met skakels wat op Facebook en Twitter geplaas is. Teen gisteraand het  die feite oor Amaro Viana die w\u00eareld se twee grootste nuuswerwe,  Huffington Post en Mailonline met gesamentlik 140 miljoen gebruikers  bereik. Enkele re\u00ebls vanuit PRAAG se berig is woordeliks deur albei  webwerwe gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die loop van gister het die daaglikse verkeer op <a href=\"http:\/\/www.praag.org\">www.praag.org<\/a> met twintig vermenigvuldig. Webwerwe w\u00eareldwyd het skakels na die  PRAAG-storie geplaas en daar was ook terugpiengs in tale soos Sweeds en  Italiaans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">PRAAG se skakelbeampte, Rike Bosman, het vanoggend met Dan Roodt oor hierdie internasionale deurbraak en ander kwessies gesels.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">Word deel van die avontuur! Sluit by PRAAG aan<\/a><\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Rike  Bosman: Dan, waaraan skryf jy hierdie ongelooflike deubraak toe,  waardeur PRAAG die anti-blanke geweld in Suid-Afrika w\u00eareldkundig gemaak  het?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan  Roodt: Ek dink dis \u2018n kombinasie van tydsberekening, taalbeheer,  ideologiese insig, begrip van internasionale politiek en nogmaals  tydsberekening. En geluk! Toe praag.org gisteroggend die storie in  Engels gebreek het, was dit nog nie op News24, The Sowetan of enige  ander Engelstalige webwerf nie. Selfs nie eens SAPA, die groot  Suid-Afrikaanse nuusagentskap, het dit gehad nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>RB: Watter rol het PRAAG se internasionale netwerk hierin gespeel?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DR:  \u2018n Taamlike groot rol, sou ek s\u00ea. Ons het aanvanklik skakels op Twitter  en Facebook geplaas, veral op die Facebook-profiele van mense en  organisasies oorsee wat ons goedgesind is. Van daar af het dit begin  sneeubal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>RB: Het PRAAG erkenning ontvang vir sy aanvanklike verspreiding van die grusame voorbeeld van Suid-Afrikaanse geweld?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DR:  Ja. Die Mailonline, wat die w\u00eareld se tweede grootste nuuswerf is, met  70 miljoen gebruikers, het wel na praag.org as een van die bronne vir  hul storie verwys. Sommige van die kleiner webwerwe het ook skakels na  praag.org geplaas, maar nie die Hufpost nie. Die feit dat hulle sommige  re\u00ebls uit ons storie woordeliks gekopieer het, toon egter dat hulle ons  gelees het, regstreeks of onregstreeks.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>RB: Wat is die groter betekenis van hierdie gebeurtenis? Hoe bevorder dit ons Afrikanerstryd?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DR:  Ons moet verstaan dat die Afrikaner v\u00f3\u00f3r 1994 deur propaganda en leuens  oorwin is. Vandaar die uitbuiting van Sharpeville, Soweto en veral  natuurlik die foto van die dooie Hector Pieterson wat rondom 16 Junie  1976 deur die Britse koerante die w\u00eareld ingestuur is. Soos ek egter  vanoggend getwiet het, het Hector Pieterson gister \u2018n tweede dood  gesterf, want hy is vervang deur \u2018n twaalfjarige Portugese seun, Amaro  Viana, wat deur twee jong swart mans doodgemartel is. Vandag se geslag  onthou nie meer Hector Pieterson nie, ook nie as simbool nie. Die nuwe  simbool is Amaro Viana, wat ons gister geskep het.<\/p>\n<p><em>RB:  Jy het in jou onlangse rubriek en op Twitter ges\u00ea dat PRAAG daarna kyk  om plaaslike verteenwoordigers in 50 groot Amerikaanse stede aan te  stel, en van daar af \u2018n globale kommunikasiestrategie in werking te  stel? Jy het ook ges\u00ea dat Eschel Rhoodie oorspronklik so \u2019n idee gehad  het, maar dat die destydse Inligtingskandaal hom daarvan weerhou het om  dit toe te pas&#8230; Hoe kan PRAAG as Afrikaanse organisasie egter slaag  waar die ou regering met miljarde rande aan geheime fondse, ambassades  in al die luuksebuurte dwarsdeur Westerse hoofstede, asook die  geheimediens, weermag, ens., misluk het?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DR:  Net voor sy dood het ek by twee geleenthede met mnr. P.W. Botha gesels,  die tweede keer saam met joernaliste van die grootste Japannese dagblad  en die grootste gedrukte koerant ter w\u00eareld, die Asahi Sjimboen. Mnr.  Botha was natuurlik in beheer van daardie magtige organisasie, die staat  van die ou Suid-Afrika. Maar ek hou nog al die tyd vol dat dit nie  organisasie of hulpbronne is wat \u2018n mens in staat stel om te oorwin nie,  maar denke en begrip. Ek dink ons het dit gister gedemonstreer. Dis net  jammer dat Oom P.W. dood is, anders kon ek hom daarvan vertel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>RB: Wat gaan PRAAG volgende doen?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DR:  Gister het ons ook die perskonferensie van dr. Gregory Stanton  bygewoon. Daar het hy verduidelik dat die Amerikaanse regering nou \u2018n  amptenaar met \u2018n ho\u00ebr rang as \u2018n ambassadeur by die ambassade aangestel  het, wat dui op kommer oor Suid-Afrika by die Amerikaners. Die gedagte  dat daar \u2018n dreigende volksmoord in Suid-Afrika is, soos Stanton dan  gister bevestig het met sy klassifikasie van Suid-Afrika as \u2018n  kategorie-5-land, word ook in die Amerikaanse buitelandse diens ernstig  opgeneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">PRAAG  sal sorg dat die Afrikaner as slagoffervolk die ou en uitgediende  ANC-propagandabegrip van ons as \u201cdadervolk\u201d en as \u2018n klomp neo-Nazi\u2019s en  rassiste, in die internasionale media vervang word. Ons beplan om  geweldige internasionale steun vir ons saak te werf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>RB: Wat is \u201cons saak\u201d?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DR:  Ons saak is Afrikanervryheid, Afrikanerselfbeskikking, die reg om oor  ons eie onderwys, veiligheid, gesondheid en kultuur te mag besluit. Ook  om self beheer oor ons tradisionele grond wat ons al dekades en eeue  besit, uit te oefen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>RB: Benewens die verspreiding van inligting en nuus op die internet, wat doen PRAAG nog om die Afrikanersaak te bevorder?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DR:  As mense moet weet watter ingewikkelde geostrategiese debatte ons in  die binnekringe van PRAAG voer, sal hulle nogal verbaas wees! Dikwels  praat ons meer oor oliepyplyne in die Midde-Ooste of Mitt Romney se mees  onlangse uitlating oor Brittanje as oor Afrikaanse taalsake. Maar soos  ek reeds onlangs te kenne gegee het, is ons besig om namens PRAAG, maar  ook namens Afrikaners, vyf lande te nader omdat ons in hulle potensi\u00eble  bondgenote en vriende sien. Dis geensins die gewone lande waaraan mense  sal dink wat nie ons unieke perspektief en visie vir \u2018n onafhanklike,  herbore Afrikanervolk deel nie. Ook is ons natuurlik besig met klagtes  by internasionale organisasies oor Afrikanermenseregteskendings. En binnekort enkele grondwetlike hofsake in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>RB:  Onlangs op Twitter het jy laat val dat jy, Steve Hofmeyr en Pieter  Mulder \u2018n hele middag lank saam ge\u00ebet het. Wat was die doel van die ete  of was dit net sosiaal?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DR:  Nee, natuurlik het ons \u2018n doel gehad. Daar was ook \u2018n vierde persoon  van een van die groter Afrikaanse organisasies teenwoordig wat tans nie  sy naam genoem wil h\u00ea nie. Ons het gesels oor die Afrikaner se hede en  toekoms en natuurlik was daar plek-plek meningsverskil. Aan die einde  het ons al vier egter ooreengekom dat ons eksterne selfbeskikking vir  die Afrikaner nastreef. Ons enigste verskille gaan oor h\u00f3\u00e9 dit bereik  moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>RB: Maar hoe gaan PRAAG vryheid vir die Afrikaner verwesenlik?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DR: Presies soos die ANC en SAKP hierdie land verower het, met behulp van internasionale politiek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>RB:  Maar die ANC het die Anti-apartheidsbeweging, Trevor Huddleston van die  Anglikaanse Kerk en die Sweedse regering, om nie van die Sowjetunie en  Oos-Duitsland te vergeet nie, agter hom gehad. Watter land gaan hom  vandag oor \u2018n onbenullige minderheid blankes in Suid-Afrika ontferm?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DR:  Politiek gaan oor mag. Daar is twee maniere om \u2018n rots op te tel: met  brute krag \u00f3f deur middel van \u2018n hefboom. Ek hou van die hefboomidee.  Ons as Afrikaners kan s\u00f3 slim en goed georganiseerd raak, met al die  tegnologiese middele tot ons beskikking, dat ons wel daardie rots gaan  oplig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>RB:  Goed en wel. Maar Stalin het mos gevra: \u201cHoeveel divisies het die  Pous?\u201d Mnr. P.W. Botha het die ou weermag opgebou van die dae toe hy  minister van verdediging was tot die vierde of vyfde magtigste ter  w\u00eareld. Nogtans moes ons die knie buig voor die ANC en sy terreur, asook  sy magtige propagandamasjien, Nelson Mandela as internasionale ikoon,  ens. Stalin sou ook vra: \u201cHoeveel divisies het PRAAG?\u201d<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DR:  Haha, ja. PRAAG beskik oor geen enkele divisie nie. Anders as die Pous  of die Anglikaanse Kerk, het ons nie eens priesters in uniforms nie!  Maar Huntington het tussen \u201csagte mag\u201d en \u201charde mag\u201d onderskei. P.W.  Botha se fout was dat hy te veel op die harde mag gekonsentreer het en  die sagte mag buite rekening gelaat het. Gister na afloop van die  perskonferensie met Gregory Stanton, het ek by iemand gehoor dat die AWB  steeds aan die gang is en oor 94 000 lede beskik, dus is daar iewers  nog \u2018n bietjie harde mag onder Afrikaners oor. Ons brei die Afrikaner se sagte mag en sy internasionale slaankrag in die media, by regerings en internasionale organisasies, geweldig uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>RB: En soos PRAAG so pas gedemonstreer het: die pen is dikwels magtiger as die swaard&#8230;<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DR: Inderdaad.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">Word deel van die avontuur! Sluit by PRAAG aan<\/a><\/h4>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/17.05.2017\/aktsiya_za_chiste_dovkillya_startovala_v_harkove_i_oblasti\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0441\u0443\u043f\u0435\u0440\u043c\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gisteroggend het PRAAG se Engelse webblad www.praag.org die nuus oor die grusame marteldood van Amaro Viana op Walkerville begin versprei, met skakels wat op Facebook en Twitter geplaas is. Teen gisteraand het die feite oor Amaro Viana die w\u00eareld se twee grootste nuuswerwe, Huffington Post en Mailonline met gesamentlik 140 miljoen gebruikers bereik. Enkele re\u00ebls &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13052\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;PRAAG breek deur na 140 miljoen mense&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":13051,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[],"class_list":["post-13052","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c126-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13052","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13052"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13052\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/13051"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13052"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13052"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13052"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}