{"id":13025,"date":"2012-07-24T06:25:22","date_gmt":"2012-07-24T06:25:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13025"},"modified":"2012-07-24T06:25:22","modified_gmt":"2012-07-24T06:25:22","slug":"skoolboeke-verbrand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13025","title":{"rendered":"Skoolboeke verbrand"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Duisende verbrande handboeke is in &#8216;n pakhuis in Fort Beaufort in die Oos-Kaap gevind, het die DA Maandag ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het aan die LUR Mandla Makupula geskryf en aangedring op &#8216;n verduideliking oor die waardevolle openbare hulpbronne vir kinders in die Oos-Kaap op hierdie onverantwoordelike wyse vernietig is,&#8221; het die DA se provinsiale woordvoerder vir onderwys, Edmund van Vuuren, in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Loyiso Pulumani, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, s\u00ea die boeke wat in Fort Beaufort gevind is, is tydens &#8216;n voorval van brandstigting vernietig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die boeke was van die ou Kaapse Onderwyskollege wat in 1996 gesluit het en hou geensins verband met huidige handboeke nie, het Pulumani ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die ou stoorkamer het op 16 Junie afgebrand. Dit was vermoedelik &#8216;n voorval van brandstigting. Die boeke is meer as 10 jaar oud.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van Vuuren s\u00ea die boeke, wat meestal wiskunde-handboeke was, is deur &#8216;n inspeksiespan van die DA gevind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Gegewe die groot tekortkoming in beide handboeke en werkboeke by skole het elke enkele boek wat nie by &#8216;n skool uitkom nie &#8216;n impak op &#8216;n kind se vermo\u00eb om te leer,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kartondose vol boeke wat nog in hul verpakking was, is in ander dele van die pakhuis gevind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die departement sal moet rekenskap gee vir hoeveel kartondose met boeke nog in die pakhuis is en wanneer dit aan skole afgelewer sal word,&#8221; het Van Vuuren ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Oos-Kaap is net soos Limpopo deur probleme met die aflewering van handboeke geteister.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Duisende verbrande handboeke is in &#8216;n pakhuis in Fort Beaufort in die Oos-Kaap gevind, het die DA Maandag ges\u00ea. &#8220;Ons het aan die LUR Mandla Makupula geskryf en aangedring op &#8216;n verduideliking oor die waardevolle openbare hulpbronne vir kinders in die Oos-Kaap op hierdie onverantwoordelike wyse vernietig is,&#8221; het die DA se provinsiale woordvoerder vir &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13025\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Skoolboeke verbrand&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13025","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13025","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13025"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13025\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13025"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13025"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13025"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}