{"id":13023,"date":"2012-07-24T04:57:43","date_gmt":"2012-07-24T04:57:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13023"},"modified":"2012-07-24T04:57:43","modified_gmt":"2012-07-24T04:57:43","slug":"da-steun-regime-verandering-in-sirie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13023","title":{"rendered":"DA steun regime-verandering in Siri\u00eb"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika moet wegbeweeg van sy neutrale houding ten opsigte van die konflik in Siri\u00eb, het die DA Vrydag ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Terwyl die dodetal in Siri\u00eb steeds styg, het Suid-Afrika se verteenwoordigers in die Veiligheidsraad van die VN &#8216;n stem in die ondersteuning van deurslaggewende VN-optrede in Siri\u00eb weerhou,&#8221; s\u00ea die Demokratiese Alliansie se woordvoerder oor Internasionale Aangeleenthede, Ian Davidson.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Weereens, die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (DIRCO) laat outokratiese regimes met &#8216;n swak rekord wat betref menseregteskendings toe om Suid-Afrika se buitelandse beleid te bepaal,&#8221; het hy in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Davidson het nie kommentaar gelewer op die monargie in Saoedi-Arabi\u00eb waar openbare teregstellings steeds met re\u00eblmaat plaasvind nie. Saoedi-Arabi\u00eb is een van die lande <a href=\"http:\/\/www.theaustralian.com.au\/news\/breaking-news\/us-warns-syria-over-chemical-weapons\/story-fn3dxix6-1226432546118\">wat saam met die VSA<\/a> &#8216;n regime-verandering in Siri\u00eb wil sien en die aanslag teen die Siriese president steun.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Saoedi-Arabi\u00eb is nie &#8216;n demokrasie nie. Hulle het munisipale verkiesings in 2005 gehou waarin slegs manlike burgers kon stem.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geen politieke partye of nasionale verkiesings word toegelaat in Saoedi-Arabi\u00eb nie. Die land het geen parlement nie, slegs &#8216;n nasionale &#8220;Adviesraad&#8221; wat deur die koning aangestel word vir &#8216;n tydperk van vier jaar om te dien in &#8216;n &#8220;adviserende&#8221; rol.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is dus nie duidelik wat Davidson bedoel met die DA-verklaring waarin daar verwys word na &#8220;outokratiese regimes&#8221; nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was 11 stemme ten gunste van die besluit in die 15-nasie-raad, maar Suid-Afrika en Pakistan het nie stemme uitgebring nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die droom van &#8216;n onderhandelde skikking sal nooit realiseer sonder meer beslissende aanvanklike stappe om die geweld af te skaal nie,&#8221; s\u00ea Davidson.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika moet nie gevang word aan die verkeerde kant van die geskiedenis nie, na aanleiding van sy neutraliteit oor VN-aksie in Libi\u00eb nie, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die toestand in Libi\u00eb het <a href=\"http:\/\/www.telegraph.co.uk\/news\/worldnews\/africaandindianocean\/libya\/8861608\/Libya-Al-Qaeda-flag-flown-above-Benghazi-courthouse.html\">aansienlik versleg<\/a> na die ingryping van NAVO onder Amerikaanse aanvoering waar die invloei van wapens geweld in land drasties laat toeneem het soos strydende faksies met mekaar meeding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;DIRCO se draadsittery laat vrae ontstaan \u200b\u200boor ons vermo\u00eb om moeilike besluite te neem wat sommiges mag aanstoot gee,&#8221; s\u00ea Davidson.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Internasionale Betrekkinge en Samewerking se adjunk-minister Ebrahim Ebrahim het Vrydag in Pretoria ges\u00ea dat Suid-Afrika neutraal gebly het, want die besluit is &#8220;ongebalanseerd&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;&#8230; Dit is net teen die Siriese regering,&#8221; het Ebrahim aan verslaggewers ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit s\u00ea niks oor die opposisie nie, wat nou veg in die hoofstad [Damaskus],&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ebrahim het ges\u00ea Suid-Afrika het die verlenging van die spertyd vir die VN-sending in Siri\u00eb ondersteun, maar het ges\u00ea die besluit behoort nie die kwessie van sanksies in te sluit nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/zaxid.net\/viktor_shokin_zvilniv_prokurora_harkova_n1341826\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika moet wegbeweeg van sy neutrale houding ten opsigte van die konflik in Siri\u00eb, het die DA Vrydag ges\u00ea. &#8220;Terwyl die dodetal in Siri\u00eb steeds styg, het Suid-Afrika se verteenwoordigers in die Veiligheidsraad van die VN &#8216;n stem in die ondersteuning van deurslaggewende VN-optrede in Siri\u00eb weerhou,&#8221; s\u00ea die Demokratiese Alliansie se woordvoerder oor Internasionale &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13023\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;DA steun regime-verandering in Siri\u00eb&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13023","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13023","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13023"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13023\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13023"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13023"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13023"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}