{"id":13014,"date":"2012-07-22T13:02:11","date_gmt":"2012-07-22T13:02:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13014"},"modified":"2012-07-22T13:02:11","modified_gmt":"2012-07-22T13:02:11","slug":"kan-afrikaners-suid-afrika-herower","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13014","title":{"rendered":"Kan Afrikaners Suid-Afrika herower?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Op  \u2018n stadium het ek en my vrou hier in Johannesburg taamlik gereeld  gesprekke met swartmense met ANC-bande gevoer. Dis altyd interessant om  te hoor wat hulle dink.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n  Refrein wat \u2018n mens gereeld by die meer junior en beter opgeleides  onder hulle aangehoor het, was: \u201cEk is bevrees die blankes gaan weer die  land oorneem. Ons mense is so hopeloos.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hiermee  kan \u2018n mens seker saamstem, want \u2018n regering wat nie eens skoolboeke  betyds kan aflewer of dorpe se rioolstelsels kan onderhou nie, kan  onmoontlik vyf miljoen blankes &#8211; waarvan een miljoen reeds in die  buiteland verkeer &#8211; in toom hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Natuurlik  gaan ons nie vanself weer in die Uniegebou ingenooi word nie. En ek  dink nie ons wil ooit weer apartheid terugh\u00ea, tesame met die  verantwoordelikheid om tienmiljoene swartes op te voed, te versorg, te  administreer en alles wat daarmee saamhang nie. As daar een goeie ding  is wat uit 1994 gekom het, is dit dat ons van Rudyard Kipling se \u201cblanke  las\u201d bevry is. Wat my betref, kan die Transkei maar aanhou krepeer. Die  vyf of ses miljoen Xhosas wat steeds daar woon, produseer seker so twee  of drie persent van ons bruto nasionale produk &#8211; soveel soos \u2018n paar  voorstede in die PWV of die Wes-Kaap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat  die ou Grieke \u201chubris\u201d genoem het, het al die ondergang van menige  magtige leier of volk veroorsaak. Toe Hitler die oosfront teen Rusland  geopen het, het hy sy doodsvonnis geteken. Dieselfde geld Napoleon, wat  gedink het hy kan die hele Europa verower. Die Nguni-potentaat wat  vanuit die Oos-Kaap of Kwazulu-Natal opgeruk het Pretoria toe om van  daar af \u2018n etniese suiweringsveldtog teen ons te voer, gaan insgelyks  binnekort sy rieme styfloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDiegene  wat God wil vernietig, maak hy eers kranksinnig.\u201d Di\u00e9 ou klassieke  spreuk is veral van toepassing op die transformasiebewind. Die planne  wat nou op die tafel is, van radikale grondhervorming of grondgryp tot  regstellende-aksieboetes wat die grootste SA maatskappye gaan knak,  spreek van die grootheidswaan wat reeds van die swart heersersklas besit  geneem het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl  hulle van een swart partytjie in \u2018n vyfsterhotel na \u2018n ander in hul ewe  swart miljoenrandmotors voortsnel, smee hulle magsdronk planne om ons  die finale nekslag toe te dien. Dis nou as hulle nie letterlik besope is  nie, want al die Johnny Walker-grappies is nie sonder \u2018n anker in die  werklikheid nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  wil nog \u2018n boek skryf om aan ons mense te verduidelik presies hoe die  ANC hierdie land in 1994 verower het en watter sleutelrol Vader <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Trevor_Huddleston\">Trevor  Huddleston<\/a> en sy Anglikaanse Kerk daarin gespeel het. Hoe hy vir  Mandela, Tambo en Tutu opgelei het. Hoe hy vir hulle geld en publisiteit  gere\u00ebl het, van Sophiatown se dae in die 1940s waar hy priester was tot  1986 toe hy persoonlik die Statebond oorreed het om sanksies teen ons  land in te stel. Hoe Kanon Collins vanuit die Sint Paulus-katedraal in  Londen \u2018n geheime geldwassery-operasie vir die Defense and Aid Fund aan  die gang gehou het en die fondse na Suid-Afrika gekanaliseer het om  terreur en opstand hier te stook. In die dokumentasie van die  Cilli\u00e9-kommissie is selfs die bewyse begrawe dat die Anglikaanse kerk  die organisasie, vervoer en pamflette verskaf het wat tot die  Soweto-onluste van 1976 gelei het!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  dis alles geskiedenis. Kom ons bepaal ons by die hede en waarom die ANC  se dobbelspel met radikale politiek dalk op sy ondergang en \u2018n  Afrikanerherrysenis kan veroorsaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  moet besef dat die ANC, daardie skepping van die Anglikaanse Kerk en  die Britse Arbeidersparty, suiwer op propaganda staatgemaak het om ons  land oor te neem. Natuurlik was daar terreur ook, met \u2018n paar  Hollanders, Vlaminge en die Sowjetunie wat logistieke steun verskaf het.  Maar eers was daar die propaganda; toe het die lukrake, terroristiese  geweld en intimidasie gekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie  het die propagandaveldtog georkestreer? Weereens: Huddleston, asook \u2018n  ander Brit genaamd <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.guardian.co.uk\/media\/2004\/dec\/21\/pressandpublishing.booksobituaries\">Anthony Sampson<\/a>, wat deel van die Huddleston-kliek  uit die Sophiatown-dae was en agterna die Afrika-korrespondent van die  Londense Observer geword het. Die Observer het  die histeriese gif teen Afrikaners versprei, en daarby het die BBC en  die groot nuusagentskappe soos Reuters, Associated Press en Agence  France Presse ingeval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag  het Media24 en die SAUK die agterryers van daardie groot  propaganda-oorlog van die twintigste eeu geword en versprei hulle die  mites wat destyds deur Huddleston, Sampson, asook \u2018n paar verdwaalde SA  kommuniste in Londen uitgedink is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  koms van die internet het egter die greep van die tradisionele media op  mense se denke finaal verbreek. Trouens, die internet is die vernaamste  enkele faktor wat gaan veroorsaak dat hierdie hele orde binnekort in  duie mag stort. Toe PRAAG twaalf jaar gelede met die stryd vir Afrikaans  begin het, het die redakteur van Die Burger, Arrie Rossouw, ons  uitgelag en probeer belaglik maak. Ook het mense soos Max du Preez,  Christi van der Westhuizen, Leopold Scholtz en Media24 se ander  werfbobbejane gereeld gekraai dat \u201cdie Afrikaner dood is\u201d, dat \u201cwitheid\u201d  ons breindood gemaak het en dergelike meer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen  het die PRAAG-webwerf, Facebook en Twitter al hoe meer veld gewen. Elke  Afrikaner het \u2018n rekenaar of slimfoon gekry. Daarmee is die sorvuldige  denkbeheer wat Media24, die ANC en hul Londense meesters vir ons bedink  het, tot niet gemaak. Vandag skryf en twiet ons self vir mekaar nuus oor  plaasmoorde of munisipale korrupsie, sonder dat \u2018n Britse quisling by  Media24 dit eers versigtig filter en verdraai sodat dit die ANC se  magsmonopolie kan ondersteun.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier  by PRAAG s\u00ea ons aanmekaar vir mekaar: \u201cDie mediamonopolie is erger as  die magsmonopolie.\u201d Media24 en Naspers se beheer oor die gedrukte media  en betaaltelevisie in Afrikaans is veel nadeliger vir die Afrikaner se  toekoms as die korrupte staatsamptenare wat die belastingbetaler se geld  uitmors. Want Media24 se \u201cgrondwetters\u201d soos Hermann Giliomee hulle  genoem het, se enigste reaksie op plaasmoorde en diskriminasie jeens ons  is om die wondere van die SA grondwet te besing. Veral verlam hulle ons  mense met die apartheidsmite en wit skuld.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">Sluit aan by PRAAG<\/a><\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl  die ANC die staat, die universiteite, skole, die SAUK, die weermag en  ander instellings beheer, is dit egter almal instellings wat feitlik  negentiende-eeus, hi\u00ebrargies, georganiseer is. Voor jy iets mag s\u00ea of  doen, moet jy eers iewers toestemming vra. Of vergadering hou. Elke mens  op die internet is egter \u2018n outonome agent, amper soos die ou  slagspreuk: \u201cElke Boer is sy eie generaal.\u201d Elkeen voer die stryd soos  hy goeddink. So word ons \u2018n swerm, \u2018n trop, \u2018n skool visse wat almal in  een rigting swem. Soos Eug\u00e8ne Marais ges\u00ea het, skep ons s\u00f3 \u2018n nuwe,  kollektiewe intelligensie. Ons word \u2018n nuwe, globale organisme wat  instinktief weet wie hom seermaak en kasty. \u2018n Afrikanerbees of -dier!  (In Nederlands beteken \u201cbees\u201d mos ook dier.) Teen daardie vyand word al  die Afrikanerdier se energie gemonster. Die hoeveelheid energie wat  reeds teen die ANC en sy meelopers soos Media24 hier op die internet  gemonster word, is reeds skouspelagtig en veel groter as enigiets wat  die staat onder PW Botha kon vermag. Een persoon met \u2018n rekenaar,  Facebook en Twitter kan vandag \u2018n veel groter internasionale netwerk van  mense onderhou as al die Suid-Afrikaanse ambassades in 1986 s\u00e1\u00e1m.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En  goddank: Ons word nie deur die Broederbond aangestel nie! Ons stel  onsself aan. Deur \u2018n Darwiniaanse proses of soos by \u2018n uitspeelwedstryd  by \u2018n tennistoernooi, kom die bestes na vore&#8230; Hulle lei die swerm teen  die logge, Afrostaat wat soos \u2018n vetgedrinkte bosluis op Meintjieskop  drome van n\u00f3g meer belastings, n\u00f3g meer bates om op te vreet, droom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe  op aarde gaan die bosluis teen ons staande bly? Ons kommunikeer 24 uur  met mekaar; hulle beantwoord nie hul telefone nie. Te belangrik, te ryk,  te magtig, te selfvoldaan, te dronk&#8230; van mag of Johnny Walker Blue  Label.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kan  u sien, liewe leser, hoe ongelyk die stryd \u00e9intlik is? Toe die ANC teen  die ou NP-regering baklei het, of liewer toe die Kremlin en Trevor  Huddleston hom as surrogaatmag t\u00e9\u00e9n ons gerig het, het die asimmetriese  magsverhouding in sy guns getel. Soos oudgenl. Johan van der Merwe in sy  boek opgemerk het, was die ou regering aan die <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Geneefse_konvensies\">Geneefse konvensie<\/a> gebonde terwyl die ANC hom nie daaraan gesteur het nie. Soos elke  terreurgroep het hy na hartelus bomme en myne geplant, asook gemoor.  Maar nou is die bordjies verhang. Die ANC beset die staatsmag en bevind  hom teen \u2018n asimmetriese vyand, \u2018n soort kuber-Afrikanerdom, \u2018n etniese  maaksel van die een-en-twintigste eeu. Soos Ari Onassis ges\u00ea het: daar  is net een re\u00ebl in die sakew\u00eareld: daar is geen re\u00ebls nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe  meer chaos die ANC in die land veroorsaak, hoe beter vir ons. Anders as  Europe\u00ebrs en Amerikaners, gedy Afrikaners op chaos. Toe ons oor die  Drakensberge gekom het, was daar nie eens \u2018n waterput nie. Ons h\u00f3\u00fa van  chaos, omdat ons pioniers is. Baie Afrikaners kan nie wag dat die ANC se  tweede revolusie begin nie, want dan gaan die graad van chaos in die  land eksponensieel verhoog. As die voedselskaarstes kom, sal ons weer  blikkieskos opgaar. Of ons blomtuine in groentetuine omskep soos die  Britte tydens die tweede w\u00eareldoorlog gedoen het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie  mense &#8211; veral vroue &#8211; met wie ek op die internet en elders gesels, voel  hier kom \u2018n oorlog aan. Ons mans moet op vroulike intu\u00efsie vertrou. Aan  die ander kant: Dis \u2018n ope vraag of die ANC ooit sy oorlog teen ons  gestaak het. 1994 was net \u2018n skietstilstand, \u2018n bietjie konsolidasie  alvorens hy dit met ander middele voortgesit het. Die tweede oorgang,  die tweede revolusie moet nog kom. Want die krokodil is honger.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandat  ons verlede jaar \u2018n vergadering van Afrikaanse organisasies gere\u00ebl het,  behoort ek aan die sogenaamde Strategiese Komitee, oftewel SK. Van die  ander organisasies het intussen scenario\u2019s vir die onmiddellike toekoms  uitgedink. In \u201cScenario 2\u201d &#8211; ek kan nie mooi \u201cScenario 1\u201d onthou nie &#8211;  word die nasionale demokratiese revolusie deurgevoer, die grondwet word  verander en soos dit gestel word: \u201cDie RSA word stadig maar seker net  nog \u2018n Afrikastaat.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  onstabiliteit wat so \u2018n situasie gaan skep, met voedseltekorte,  ekonomiese agteruitgang, verhoogde werkloosheid, staatstoelaes aan  vyftien miljoen mense wat moontlik nie meer uitbetaal gaan word nie, kan  tot polarisering lei. Die huidige rassehaat wat daar reeds jeens  blankes aangeblaas word, sal vererger.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  ANC beskik oor 500 000 outomatiese wapens wat mnr. De Klerk aan  Umkhonto we Sizwe oorgedra het, asook die pantser by Tempe op  Bloemfontein. Blykbaar vlieg die Gripens nie en al die Mirages is  verkwansel of weggegee aan ander Afrikalande. Die outomatiese wapens kan  egter in die hande van \u2018n jeugdige milisie &#8211; soortgelyk aan di\u00e9 in  ander Afrikalande &#8211; beland, wat kan besluit om die NDR met wapengeweld  deur te voer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis  natuurlik \u2018n resep vir grootskaalse etniese konflik, soos ons reeds in  soveel Afrikalande waargeneem het waar minderheidsgroepe soos in Rwanda  vervolg en uitgemoor is. In weerwil van die groot hoeveelheid  privaatwapens wat die publiek onlangs by polisiestasies ingehandig het,  beskik gewone Afrikaners seker steeds oor omtrent twee miljoen  handwapens, jaggewere, .22\u2019s, haelgewere en wat nog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Scenario  2 sou dus maklik in \u2018n soort Russies-Finse konflik oftewel die <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Winteroorlog\">Winteroorlog<\/a> uit die tweede  w\u00eareldoorlog kon ontaard. Aan die een kant die Rooi Le\u00ebr met sy tenks en  mortiere. Aan die ander kant skerpskutters wat in bome met jaggewere  wegkruip en vyandelike offisiere doodskiet. Of politici&#8230; Dis  interessant hoe die Amerikaners, daardie groot demokrate, tydens die  tweede Irak-oorlog die verkose regering van daardie land tot milit\u00eare  teiken verklaar het. Die totale BAAS-party (pikante naam, daardie) van  <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Saddam_Hoesein\">Saddam Hoesein<\/a>, wat in die negentig persent van Irakese stemme ontvang  het, is deur die Amerikaners uitgewis. Toe hulle Saddam uiteindelik kry,  het hulle hom opgehang. Dis hoe bewindsverandering oftewel \u201cregime  change\u201d werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anders  as Amerikaners, is Afrikanerskerpskutters seker te ordentlik om  ANC-politici voor die voet te begin doodskiet. ANC-ampsdraers is egter  tans besig om hul volgelinge aan te hits tot een of ander vorm van  geweld teen ons met liedjies soos \u201cKill a Boer, kill a farmer\u201d of \u201cBring  my my masjiengeweer\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie  net laat die ANC die plaaslike temperatuur aanhoudend styg nie, maar  ook internasionaal klim dit al hoe ho\u00ebr. Daar is soveel spanning en  konflik in die Midde-Ooste. Om uit sy 14-triljoendollarskuld te kom, sal  die Amerikaanse staat waarskynlik nog \u2018n oorlog teen \u2018n groter vyand as  Afghanistan moet aanpak. Soos byvoorbeeld Iran. Romney kan die  verkiesing wen en besluit dis tyd om Iran te gaan pakgee. As die ANC  voel die w\u00eareld se aandag is elders, kan hy dalk besluit om soos Mugabe  die blankes finaal in die see te jaag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook  hier is die internet nogal verhelderend. Die hoeveelheid swartes op  Twitter en elders wat vir my s\u00ea, \u201cJulle moet dankbaar wees ons verdra  julle nog in die land, n\u00e1 wat julle ons aangedoen het,\u201d is legio. Dis  ironies, want Malema is geskors. Maar sy idees leef deesdae voort in die  ANC. En in die harte van mense. Swart mense&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  meeste Afrikaners het godvresend gebly, wat \u2018n goeie ding is. Maar die  NG Kerk, wat reeds in 1990 voor die W\u00eareldraad van Kerke begin kruip  het, het hom as instrument vir die transformasiebewind beskikbaar  gestel. Die gedoe rondom die <a target=\"_blank\" href=\"feuilleton-magazine-386\/opstelle-magazine-389\/10963-die-belydenis-van-belhar.html\">Belhar-belydenis<\/a> en ANC-propaganda vanaf  die kansels het aanvanklik verwarring onder ons mense veroorsaak, maar  intussen het almal nugterder begin raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is egter vir my een ding wat erger as \u2018n NG-predikant is en dit is \u2018n kommunistiese  NG-predikant. Telkens as ek in Johannesburg in DF Malanrylaan indraai  en ek sien dit heet nou Beyers Naud\u00e9, voel ek lus om al die bordjies te  gaan verf. <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Beyers_Naud%C3%A9\">Beyers Naud\u00e9<\/a> was die Afrikaanse ekwivalent van Trevor  Huddleston: \u2018n geestelike wat deur haat en nyd gemotiveer is en feitlik  openlik geweld voorgestaan het. Behalwe natuurlik dat Naud\u00e9 dit boonop  teen sy eie mense gepleeg het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  mense al hul debietorders by die kerke sou kanselleer en eerder aan  PRAAG sou oordra, sou ons al gister vry gewees het. Moreletapark se NG  Kerk moedig blykbaar swart plakkers aan om Pretoria-Oos territoriaal te  kom verower. Dis hoe die kerk vandag politiek bedryf. Met vrome gebede  en \u201cnaasteliefde\u201d word die arme lidmate om die bos gelei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n  Verdere faktor wat verandering hier in die hand kan werk, is finansi\u00eble  krisis in die noordelike halfrond. Die reeks oorlo\u00eb wat Amerika en  Brittanje sedert die vroe\u00eb negentigerjare gevoer het, het honderde  miljarde dollar gekos. Albei lande het daardeur hul ook in die w\u00eareld  ongewild gemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voeg  daarby die bankbankrotskappe en \u2018n mens sien hoe ons eintlik uitgelewer  is aan die grille van die ANC se radikale politici en jeugleiers. Dis  net ons en die magsdronk, vermetele Nguni-hoofmanne. As die eerste plase  gevat word en daar breek etniese konflik in die land uit, gaan Amerika  en Brittanje nie troepe stuur nie, selfs al wou hulle. Dis nou weer soos  die 1880s toe Kruger die Transvaal se soewereiniteit van Gladstone kon  verkry: die Britse openbare mening sal nie nog \u2018n oorlog verdra nie,  selfs al gaan dit daaroor om hul geliefde ANC aan bewind te hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou  die dag het ek \u2018n vrygestelde dokument van die CIA uit 1994 se dae op  die internet gevind. Interessant is dat Amerika toe nie milit\u00ear wou  ingryp nie, al het die CIA gedink daar kom \u2018n \u201cregse staatsgreep\u201d in  Suid-Afrika! Amerika sal ook nie di\u00e9 keer regstreeks in ons land ingryp  nie, wat ook al gebeur. Ons is te ver, ons het nie olie nie en hulle sal  nie hul tipiese lugoorlog kan kom voer sonder om ook swartmense dood te  maak nie. Indien daar Afrikanerverset in Pretoria-Oos is en die F-16s  los \u2018n paar bomme daar, mag hulle Mamelodi tref of \u2018n paar swart  SEB-ontvangers wat tussen die Afrikaners woon. Dit kan \u2018n lelike ding op  CNN veroorsaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  Brittanje is natuurlik al die jare die ANC se vernaamste bondgenoot.  Nie verniet het hulle vir Nelson Mandela \u2018n standbeeld op hul  Parlementsplein opgerig nie. Al die slegte nuus uit Suid-Afrika, Mugabe  se manewales, tesame met die Britse onluste van \u2018n jaar of wat gelede,  het egter ook by die gemiddelde Brit \u2018n gesonde skeptisisme jeens die  BBC en die Guardian se geloof in \u201cimmer onskuldige swartmense\u201d gekweek.  Al ons jongmense in Londen versprei insgelyks die nuus oor hoe dit  werklik met ons \u201cwonderdemokrasie\u201d gesteld is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie  plattelandse dorpe soos Louis Trichardt sukkel met drinkwater of  elektrisiteit. Teen die tyd dat die ligte afgaan of jy nie meer  drinkwater het nie, kan die tradisionele media se propaganda h\u00f3\u00e9 sterk  wees, maar die \u201cbruikbare Afrikaneridioot\u201d begin vir homself dink. Hy  begin selfs vrae vra, soos: \u201cHoekom het net swartes regte?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  bring my by menseregte. Ons staan moontlik op die vooraand van \u2018n soort  volksmoord wat nog erger as die huidige lae-intensiteitskonflik in die  vorm van plaasmoorde en stedelike aanvalle is. Die ANC het egter in sy  wysheid besluit om feitlik elke internasionale menseregtekonvensie te  onderteken. Oorspronklik is menseregte teen die vorige bewind gebruik om  apartheid tot \u201cmisdaad teen die mensdom\u201d te verklaar, hoewel die  Westerse lande destyds buite stemming gebly het. Afrikaners is ook besig  om die menseregtepolitiek te verstaan. PRAAG het dit lankal ge\u00ebien as  een van die dinge wat ons baie hard moet dryf. Daarom is ons besig om by  elke internasionale menseregte-organisasie aan te klop en al die  gruweldade en diskriminasie teen blankes w\u00eareldkundig te maak: die VN,  die Statebond, die EU, Amnestie Internasionaal, Human Rights Watch,  Genocide Watch, en nog ander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hopelik keer ons so die aanslag teen ons sonder geweld af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens,  die hoof van <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.genocidewatch.org\/\">Genocide Watch<\/a>, dr. Gregory Stanton, s\u00ea op di\u00e9 organisasie  se webwerf dat hy binnekort Suid-Afrika toe kom om inligting oor  plaasmoorde en ander menseregteskendings teen Afrikaners ter plaatse in  te win.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van ons PRAAG-medewerkers korrespondeer reeds geruime tyd met hom en dit sou daarom gepas wees om hom te siene te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Persoonlik  wil ek nog die ANC &#8211; en sommer die DA ook, want hulle pas mos ook  regstellende aksie toe &#8211; van \u201capartheid\u201d gaan aankla. Volgens die tweede  artikel van die \u201cKonvensie oor die onderdrukking en straf vir die  misdaad van apartheid\u201d is dit \u2018n internasionale misdaad om \u201coorheersing  van een rassegroep oor \u2018n ander te handhaaf en hulle sistematies te  onderdruk deur:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">a) die reg op lewe of persoonlike vryheid aan \u2018n lid of lede van \u2018n rassegroep of rassegroepe te weerhou deur:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">i) moord op lede van \u2018n rassegroep of -groepe;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">ii)  deur lede van \u2018n rassegroep of -groepe ernstige liggaamlike of  geestelike leed aan te doen, deur inbreuk te maak op hul vryheid of  waardigheid, of om hulle aan foltering of onmenslike, vernederende  behandeling of straf te onderwerp;&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">b)  die opsetlike instelling van lewensomstandighede vir \u2018n rassegroep of  -groepe wat daarop gemik is om sy vernietiging, ten dele of in die  geheel, te veroorsaak.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Naamsveranderings en Engelse SARS-vorms \u201cdoen my geestelike leed aan\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  ernstiger: Daar is nog ander interessante artikels in die Konvensie wat  dit nog meer duidelik maak dat die ANC eintlik \u2018n vorm van VN-tipe  apartheid op ons toepas. Aangesien apartheid \u2018n internasionale misdaad  is, kan lede van die ANC-bewind in enige land ter w\u00eareld daarvan  aangekla word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sou  dit nie mooi wees as iemand in Swede, wat tesame met die Anglikaanse  Kerk destyds die aanslag teen ons befonds het, \u2018n klag van apartheid  teen die totale ANC-kabinet aanhangig kan maak nie? Ek is seker ek sou  van ons Sweedse vriende wat PRAAG twee jaar gelede besoek het, kon  oortuig om so iets te doen. Om nie van Nederland, Belgi\u00eb en vele ander  lande te praat nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  stem saam: apartheid is \u2018n misdaad teen die mensdom, veral die tipe wat  sedert 1994 teen die blanke rassegroep in Suid-Afrika gepleeg word.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">Sluit aan by PRAAG<\/a><\/h4>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63759-dose-prokurora-aleksandra-filchakova.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op \u2018n stadium het ek en my vrou hier in Johannesburg taamlik gereeld gesprekke met swartmense met ANC-bande gevoer. Dis altyd interessant om te hoor wat hulle dink. \u2018n Refrein wat \u2018n mens gereeld by die meer junior en beter opgeleides onder hulle aangehoor het, was: \u201cEk is bevrees die blankes gaan weer die land &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13014\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kan Afrikaners Suid-Afrika herower?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-13014","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13014","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13014"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13014\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13014"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13014"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13014"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}