{"id":1301,"date":"2008-02-19T15:35:55","date_gmt":"2008-02-19T15:35:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1301"},"modified":"2008-02-19T15:35:55","modified_gmt":"2008-02-19T15:35:55","slug":"zimbabwe-en-suid-afrika-n-vergelyking","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1301","title":{"rendered":"Zimbabwe en Suid-Afrika: &#8216;n Vergelyking"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Weerstand van Roy Welensky (die wit koloniale Engelse leier in Zambi&euml;) ten spyt, het swart nasionalistiese aktiwiteite momentum gekry, en na dikwels bloedige gevegte tussen Kenneth Kaunda se United National Independence Party en NKumbula se African National Congress, het Kaunda &lsquo;n eenpartystaat gestig en 26 jaar lank geregeer tot in 1991.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Zambi&euml; is &lsquo;n tipiese mislukte Afrikastaat.&nbsp; Die Britte het &lsquo;n myn- en landbouekonomie (gebaseer op die land se ryk landboupotensiaal en koperneerslae) ontwikkel.&nbsp; Die ontwikkeling van infrastruktuur het onder meer die Karibaprojek (gedeel met Rhodesi&euml;), paaie, en &lsquo;n hoofstad met regeringsgeboue, hospitale en skole ingesluit.&nbsp; Ten spyte hiervan bestuur Kaunda die land die afgrond in. In 1991 gee Kaunda uiteindelik bes, en word droogte geblameer vir sy regering se onbekwame hantering van die land se ekonomie en hulpbronne oor &lsquo;n tydperk van 26 jaar.&nbsp; Hy is een van net twee Afrikadespote in die hele twintigste eeu wat vrywillig die troon opgee n&aacute; hy by die stembus verslaan is (die ander is Kerekou van Benin).&nbsp; Sy permanente opvolger is Frederick Chiluba.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Kaunda is hierna ryk beloon.&nbsp; Dat die man, wat &lsquo;n hele land die afgrond in geregeer het, &lsquo;n Afrikadespoot was wie se demokratiese instinkte beperk was tot eenparty- en eenkanditaatverkiesings, wie se vriendekring Sadam Hussein en Josip Tito ingesluit het, is tussen 2002 en 2004 die &ldquo;African President in Residence&rdquo; by Boston Universiteit in die VSA&nbsp; en is die 2007 ontvanger van die Ubuntu Prys (nogal vir sy voortreflike humanit&ecirc;re karakter) van Suid-Afrika.&nbsp; Met sy vrylating in 1990, was Kaunda ook die eerste Afrikaleier wat deur Nelson Mandela besoek is.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Tot in 2008 bly Zambi&euml; &lsquo;n hopelose staat met &lsquo;n uitgeholde ekonomie en regeringslui wie se korrupte lewensuitkyk net met hulle lang vingers vergelyk kan word.&nbsp; Op &lsquo;n tipiese Afrika-nasionalistiese manier het Chiluba Kaunda opsy geskuif deur te verklaar dat hy &lsquo;n Malawi&euml;r is, en in 1999 word Kaunda staatloos verklaar in die Zambiese Hooggeregshof.&nbsp; Weer in 2000 word hy as &lsquo;n Zambiese burger verklaar na &lsquo;n app&egrave;l. &lsquo;n Mens kan di&eacute; petalje en sy ander post-1991-penaries in &lsquo;n sekere sin seker as skreeusnaaks beskou.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Kaunda, met sy Ubuntu Prys, verteenwoordig &lsquo;n karikatuur van die ZANU-PF-leiers in Zimbabwe, en van die ANC-regeringslui in Suid-Afrika. Terwyl hy nooit die wreedheid van &lsquo;n Robert Mugabe, of die opgeblasenheid van &lsquo;n Thabo Mbeki geopenbaar het nie, is sy onbeholpenheid nie net tipies nie, maar skynbaar &lsquo;n vereiste eienskap vir omtrent enige Afrikaleier wat na 1950 op die toneel verskyn het.&nbsp; Of dit nou Sam Nujoma (sy eerste daad as president was die aankoop van &lsquo;n privaatstraler), of Idi Amin, of&nbsp; Jomo Kenyatta (wat verdink word van moord op sy opponente),&nbsp; of selfs Mugabe en Mbeki was, post-koloniale Afrikaleiers is skynbaar universeel in hulle verdraagsaamheid teenoor korrupsie en onbekwaamheid, asook hulle onbeholpe swart nasionalisme.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Die verkrummeling van Zambi&euml;, Mosambiek en Zimbabwe (en ander beduidende Afrikastate) onder post-koloniale diktature was dramaties, onvermydelik, en is in elke geval vooraf voorspel.&nbsp; Die uitsetting van 500 000 wit Portugese uit Mosambiek in 1975 deur Frelimo het die spogstede Louren&ccedil;o Marques en Beira vernietig.&nbsp; In Zimbabwe is &lsquo;n eens vooruitstrewende Salisbury vandag &lsquo;n krotbuurt genaamd Harare vergeleke met wat dit in 1980 was.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Die vernietiging van infrastruktuur en ekonomiese bates in Zimbabwe en in Mozambiek was in elke opsig sistematies en meer vernielsugtig as wat dit in Zambi&euml; was.&nbsp; Teen 1976 was daar net 5 ingenieurs oor in Mosambiek, en die dramatiese agteruitgang van Beira, eens &lsquo;n ryk vakansiestad aan die Indiese Oseaan, is kenmerkend van Afrikaleiers se reaksion&ecirc;re afguns teenoor Europese voortreflikheid.&nbsp; As wit koloniale Portugese voortreflike stede in Mosambiek gebou het, dan is die skandalige vernietiging van hierdie bates in elke opsig &lsquo;n weerspie&euml;ling van die roofmentaliteit in Afrika se post-koloniale bevrydingsbewegings, of dit nou Kaunda se UNIP, of Mugabe se ZANU-PF, of Samora Machel se Frelimo, of vandag, Mandela en Mbeki se ANC is.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Die verval in Zimbabwe en Mosambiek n&aacute; 1980 was dramaties en traumaties.&nbsp; Maar dit is in groot mate deur die groot Suid-Afrikaanse ekonomie gekussing.&nbsp; Dit het nie so baie saak gemaak dat Zimbabwe die produktiewe wit landbousektor vernietig het nie; Suid-Afrikaanse boere se voedselproduksie het steeds goedkoop kos geproduseer.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">As elektrisiteitsopwekkingvermo&euml;ns in die bevryde state verniel is, of afgeneem het, was dit nie so erg nie, omdat Eskom in Suid-Afrika goedkoop krag aan &lsquo;n geintegreerde verspreidingsnetwerk beskikbaar gestel het.&nbsp; Die ligte het nooit werklik in Zimbabwe afgegaan nie, en Mugabe se onbekwame en kwaadwillige politiek het nooit werklik die totale vernietiging van Zimbabwe tot &lsquo;n primitiewe staat tot gevolg gehad nie.&nbsp; Hy kon, sonder om die ware koste daarvan te verstaan, voortgaan met sy vernietigingswerk en onteiening van wit en produktiewe eiendom.&nbsp; Hy kon op ondemokratiese wyse beslag l&ecirc; op Zimbabwe se bates, of dit ten gronde laat gaan.&nbsp; Dis grotendeels omdat die groot Suid-Afrikaanse ekonomie, en sy verantwoordlike regering, verhoed het dat hongersnood, of totale ineenstorting, in Zimbabwe plaasvind.&nbsp; Dit het ook aanvanklik beter in Zimbabwe as in Mosambiek gegaan omdat Mosambiek se Frelimo-regering uit die staanspoor baie meer anti-wit en gewelddadig was.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Verder het mynmaatskappye in Suid-Afrika se kundigheid en volgehoue investering die &ldquo;bevryde&rdquo; lande se ekonomie&euml; aangehelp en werk geskep wat die lande minimaal aan die gang gehou het.&nbsp; Daar was altyd krag, &lsquo;n bietjie werk, investering in die ontginningsektor aangehelp deur die kundigheid in Johannesburg en die Johannesburgse Aandelebeurs.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Derhalwe, terwyl dit sleg gegaan het, het dit nie so sleg gegaan dat die krisisse nie deur Mugabe se regering gehanteer kon word nie.&nbsp; Hongersnood is verhoed met Suid-Afrikaanse graan, en met die migrasie van miljoene van Zimbabwe se honger burgers oor die ANC se onbewaakte noordelike grens, waarna hulle &lsquo;n kriminele hel in Suid-Afrika gestig het.&nbsp; Skynbaar met die ANC-regering se gelate aanvaarding en dus goedkeuring hiervan.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Elders in Afrika was min state so gelukkig soos Zimbabwe.&nbsp; In Wes-Afrika is die verval van Liberi&euml;, die Ivoorkus, en dies meer, baie meer dramaties en meer gewelddadig.&nbsp; Daar het die krag finaal afgegaan. Die privaatsektor en sosiale dienste het totaal ineengestort. Hongersnood en burgeroorlo&euml; was onafwendbaar en het derduisende lewens gekos.&nbsp; Daar was geen magtige en groot state byderhand om die besigheids- en ekonomiese omgewing te stabiliseer nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Wat is die ooreenkomste en verskille tussen Zimbabwe en Suid Afrika?&nbsp; Daar is heelwat ooreenkomste:&nbsp; beide loop deur onder onbeholpe roofregerings gestig deur bevrydingsbewegings.&nbsp; Beide loop deur onder die swartkultusideologie van &lsquo;n Robert Mugabe en Thabo Mbeki.&nbsp; Beide lande se regerings, met Zimbabwe verder gevorder, het &lsquo;n renons in wit voortreflikheid, of dit nou in die vorm van wit boere, of wit leiers, of wit ingenieurs, of wit sportlui, of wit besigheidslui is.&nbsp; As die regegings moet kies tussen &lsquo;n suksesvolle staat waar wit kundigheid beide geakkommodeer en bevorder word, en &lsquo;n mislukte en gewelddadige staat met armoede en hongersnood, dan kies hulle laasgenoemde.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Daar is egter een groot verskil tussen Zimbabwe en Suid-Afrika.&nbsp; Dit is destyds voor Mandela se opkoms, deur Westerse kommentators soos volg opgesom:&nbsp; &ldquo;South Africa is a serious state, with a large industrial economy and huge assets in the form of an educated population and excellent infrastructure.&nbsp; States such as those do not fail.&quot;<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Dit is die woorde van &lsquo;n optimis wat Afrika nie verstaan nie, en wat nog minder die mees belangrike feite in Suid-Afrika en haar verhouding met haar buurstate in ag geneem het.&nbsp; Naamlik dat daar geen groot ekonomie naby Suid-Afrika bestaan om haar te stabiliseer teen haar onbeholpe en kwaadwillige bevrydingsbewegingsleiers se onvermydelike vergrype nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Anders as in Zimbabwe, is die krag in Suid-Afrika finaal af as Eskom se infrastruktuur vernietig word.&nbsp; Daar is nie &lsquo;n buurstaat wat krag gaan verskaf nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Anders as Zimbabwe, gaan daar nie kos wees nie as die wit boere van hulle grond ontneem word nie. <\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Anders as Zimbabwe, gaan daar geen staat op aarde wees wat dit in sy eie belang ag om in Suid-Afrika te bel&ecirc; nie.&nbsp; As Suid-Afrika vir nou al meer as &lsquo;n dekade gevoel het dat dit in eie belang is om Zimbabwe nie heeltemal tot niet te laat gaan nie, dan is daar geen beduidende staat wat dieselfde verhouding vandag met Suid-Afrika koester nie.<\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">En dit is die grootste verskil tussen Suid-Afrika en Zimbabwe.<\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/instrument\/\">\u0438\u043d\u0441\u0442\u0440\u0443\u043c\u0435\u043d\u0442 \u043b\u0438\u043a\u043e\u0442\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/info.html?_m=publications&#038;_t=cat&#038;id=116184&#038;s=print\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/buksvanrensburgsw.JPG\" width=\"97\" height=\"136\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Op die 24ste Oktober 1964 word Zambi&euml; onafhanklik van Brittanje.&nbsp; Die Britte, wat die voormalige gebied eens bekend as Noord-Rhodesi&euml; in 1923 van die &ldquo;South African Company&rdquo; oorgeneem het, het reeds in Harold Macmillan se &ldquo;Winds of Changes&rdquo;-toespraak in 1960 te kenne gegee dat onafhanklikheid in Zambi&euml; en ander kolonies onvermydelik gaan wees.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[44],"tags":[232,21092],"class_list":["post-1301","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c25-buks-van-rensburg","tag-buks-van-rensburg","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1301","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1301"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1301\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1301"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1301"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1301"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}