{"id":12994,"date":"2012-07-19T05:12:45","date_gmt":"2012-07-19T05:12:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12994"},"modified":"2012-07-19T05:12:45","modified_gmt":"2012-07-19T05:12:45","slug":"die-groot-leier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12994","title":{"rendered":"Die &#8216;Groot Leier&#8217;"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p><img decoding=\"async\" title=\"'Moving Foward'\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/mao.jpg\" \/>&#8220;Dankie, Stalin. Dankie, want ek is verheug. Dankie, omdat ek goed is. Maak nie saak hoe oud ek word nie, ek sal nooit vergeet hoe ons Stalin ontvang het nie, eeue later en geslagte wat nog kom, sal ons as die gelukkigste van sterflinge beskou word, as die mees gelukkige onder die mense, omdat ons in die eeu van die eeue geleef het, want ons was bevoorreg om Stalin te sien, ons ge\u00efnspireerde leier. Ja, en ons beskou ons as die gelukkigste van sterflinge, want ons leef in die tyd van &#8216;n \u200b\u200bman wat nooit &#8216;n gelyke in die w\u00eareldgeskiedenis gehad het nie.<\/p>\n<p>&#8220;Die mense van alle ouderdomme sal jou naam uitroep, wat &#8216;n sterk, mooi, wyse en wonderlike mens jy is. Jou naam word gegraveer op elke fabriek, elke masjien, elke plek op die aarde, en in die harte van alle mense.<\/p>\n<p>&#8220;Elke keer as ek myself in sy teenwoordigheid bevind, is ek deel van &#8216;n onderdanige volk deur sy krag, sy sjarme, sy grootheid. Ek het &#8216;n groot begeerte om te sing, om uit te roep, om te skree met vreugde oor die geluk wat ek ervaar. In watter land, in watter deel van die w\u00eareld kan so &#8216;n ding gebeur?<\/p>\n<p>&#8220;Alles te danke aan jou, o groot opvoeder, Stalin. Ek sal vir ewig gelukkig wees en vreugdevol, alles te danke aan jou, groot opvoeder, Stalin. Alles behoort aan u, die hoof van ons groot land. En die vrou waarvoor ek lief is wat my kind dra, daardie kind se eerste woord sal wees: Stalin.&#8221;<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Di\u00e9 aanhaling kom uit AO Afdjenko se ode aan die kommunistiese leier Josef Stalin, wat deur sy verheiliging as mens, die etniese en geografiese verdeeldheid in die Sowjetunie oorkom het. Die hele oefening is as noodsaaklik beskou, aangesien die bou van eenheid en konsensus miskien destyds die grootste uitdaging aan die Sowjetregering gestel het.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Die eindresultaat was die kultus van die &#8220;Groot Leier&#8221;, &#8216;n doelbewuste projek om individuele toewyding en lojaliteit op die almagtige leier te fokus, wie se persona die voorbeeld moes stel om die ideale sosialistiese man en sosialistiese vrou te skep uit die diverse etniese groepe wat hulself binne dieselfde grondgebied bevind het.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Stalin was nie die enigste &#8220;Groot Leier&#8221; in die geskiedenis nie. Hitler en Mao is twee ander bekende voorbeelde van suksesvolle persoonlikhede wat kultusstatus bereik het en waarbinne enorme mag gesetel was. Die tentakels en vergrype waartoe sulke mag gelei het, is ook ongelukkig vandag bekend.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Politieke ontleders meen die hedendaagse sukses van China is deels die gevolg van die afbou of dekonstruksie van die Mao-persoonlikheidskultus wat tot die geweldig skadelike Kulturele Revolusie gelei het.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>&#8216;n Trein in Noord-Korea wat tydens April 2003 aan die brand geslaan het, het veroorsaak dat die vuur na nabygele\u00eb geboue versprei het. Verskeie mense het gesterf omdat hulle probeer het om portrette van hul &#8220;Groot Leier&#8221;, Kim Jong Il, van die vlamme te red. &#8216;n Paar bedenklike foto&#8217;s van die pofferige diktator is gered terwyl mense, nie foto&#8217;s nie, deur die brand verswelg is.<\/p>\n<p>Dis &#8216;n bekende vervolgverhaal in Noord-Korea, waar mense hul koerante daagliks tydens ontbyt oopslaan om te lees van die opofferinge ten behoewe van die &#8220;Groot Leier&#8221;. Dit is natuurlik as hulle wel &#8216;n ontbyt h\u00e9t. Want Noord-Koreaanse kommunisme veroorsaak, soos elders, voedseltekorte.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Aan diegene wat in slawerny en die onderwerping van mense glo, kan persoonlikheidskultusse ongetwyfeld volmaak sin maak. Aan die propagandiste wat sulke kultusse skep en onderhou, soveel te meer. Dit is soms selfs snaaks om die potsierlikheid daarvan te aanskou, as dit nie so heeltemal tragies was dat mense se siele van alle sin gestroop word nie.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>In Togo en Turkmenistan heers dieselfde onderdanigheid aan die &#8220;Groot Leier&#8221;. In die Weste lag die media graag vir sulke groteske figure, maar daar is vreemd genoeg nie eintlik selfondersoek as dit by hul eie &#8220;Groot Leier&#8221;, Nelson Mandela, kom nie.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Want, maak geen fout nie, rondom Mandela is &#8216;n skrikwekkende persoonlikheidskultus gebou, groter selfs as di\u00e9 van &#8216;n Stalin, &#8216;n Mao, &#8216;n Kim Jong Il en &#8216;n Hitler. In &#8216;n w\u00eareldwye meningspeiling is bevind dat hy &#8216;n meer bekende handelsnaam as Coca-Cola verteenwoordig.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Hy word as vlekkeloos voorgehou, sondeloos en die ideale mens, as die verpersoonliking van die enigste nastrewenswaardige politieke ideaal, alles tipiese eienskappe van die &#8220;Groot Leier&#8221;.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>W\u00eareldleiers, invloedrykes onder die invloedrykstes, het gister in die Westerse media oor mekaar se voete geval om hul onderdanigheid aan die Xhosa betuig, sy politieke ideaal te besing en sy vlekkeloosheid te bekragtig.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Kommerwekkend, om die minste te s\u00ea. Daar was nog nooit in die geskiedenis &#8216;n persoonlikheidskultus wat tot iets goeds gelei het nie. Die glimlaggende &#8220;Groot Leier&#8221; het nog altyd vir dood en verwoesting gesorg, asook die ergste ellende en slawerny.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/vestiua.com\/ru\/news\/20150223\/64209.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Dankie, Stalin. Dankie, want ek is verheug. Dankie, omdat ek goed is. Maak nie saak hoe oud ek word nie, ek sal nooit vergeet hoe ons Stalin ontvang het nie, eeue later en geslagte wat nog kom, sal ons as die gelukkigste van sterflinge beskou word, as die mees gelukkige onder die mense, omdat ons &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12994\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die &#8216;Groot Leier&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12993,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-12994","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12994","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12994"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12994\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12993"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12994"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12994"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12994"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}