{"id":12989,"date":"2012-07-18T05:57:51","date_gmt":"2012-07-18T05:57:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12989"},"modified":"2012-07-18T05:57:51","modified_gmt":"2012-07-18T05:57:51","slug":"afrika-verdeel-oor-dlamini-zuma","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12989","title":{"rendered":"Afrika verdeel oor Dlamini-Zuma"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Afrika-leiers is verdeel oor &#8216;n historiese verkiesing wat vir die eerste vrou gesorg het om aan die hoof van die AU-kommissie te staan, met sommige lande wat die aanstelling verwelkom en ander wat Suid-Afrika se taktiek kritiseer.<\/p>\n<p>Baie deelnemers was ook verlig dat die ses maande-lange dooiepunt uiteindelik gebreek is toe Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma as wenner uit die geveg getree het.<\/p>\n<p>Kenia, wat vir Ping gestem het, het ges\u00ea dit is ten minste beter dat die dooiepunt nou opgelos is. Richard Onyonka, &#8216;n assistent-minister van buitelandse sake, het ges\u00ea die uitslag is &#8220;soort van &#8216;n oorwinning vir Afrika omdat ons ten minste nou vorentoe kan beweeg.&#8221;<\/p>\n<p>Maar hy het ges\u00ea dat hy van die boelie-taktiek deur Suid-Afrika afkeur.<\/p>\n<p>&#8220;Vir ons is dit is meer soos &#8216;n bitter-soet oorwinning,&#8221; het hy ges\u00ea. &#8220;Ek glo dat hierdie verkiesing skerp verdelings binne die AU veroorsaak het en dit was nie nodig nie.<\/p>\n<p>&#8220;Ek is baie ongemaklik met die metodes en die styl van Suid-Afrika. Hulle is daarop geregtig om &#8216;n kandidaat te bring &#8230; maar ons het gevoel dat daar te veel intimidasie, arm-draaiery en dreigemente was,&#8221; het Onyonka gekla.<\/p>\n<p>Erastus Mwencha van Kenia, is as die AU adjunk-voorsitter vir nog &#8216;n termyn verkies.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n afgevaardigde, wat nie ge\u00efdentifiseer wil word nie, s\u00ea Suid-Afrika, die tuiste van die vasteland se grootste ekonomie, het onbeskaamd stemme gekoop.<\/p>\n<p>Rwanda en die Demokratiese Republiek van die Kongo het intussen by die beraad ingestem tot &#8216;n internasionale mag om rebelle in die ooste van die Kongo te neutraliseer, en die AU het ges\u00ea hulle is gereed om vredesmagte te stuur .<\/p>\n<p>Rwandese president Paul Kagame aan AFP ges\u00ea beide kante het ingestem om &#8220;in beginsel&#8221; die troepe te aanvaar.<\/p>\n<p>Dit was sy eerste aangesig-tot-aangesig ontmoeting met president Joseph Kabila, aangesien &#8216;n VN-verslag in Junie Rwanda daarvan beskuldig het dat hulle Kongolese rebelle steun. Die twee het ontmoet op die kantlyn van die beraad.<\/p>\n<p>Rwanda en Kongo se leiers sal weer vroeg in Augustus bymekaar kom om die grootte, die mandaat, nasionaliteit en ontplooiing van troepe in die ooste van die Kongo te bespreek.<\/p>\n<p>VN-vredesmagte is reeds in die streek. Die VN se adjunk-sekretaris-generaal Jan Eliasson het vir &#8216;n onmiddellike einde aan die geweld gevra, en gewaarsku &#8220;die lande van die streek behoort die beginsel van nie-inmenging te respekteer.&#8221;<\/p>\n<p>Die verkiesing het die spanning tussen Afrika se Frans-en Engelstalige lande laat opvlam. Suid-Afrika is beskuldig daarvan dat hulle &#8216;n ongeskrewe re\u00ebl dat die AU se toppos moet gaan aan &#8216;n kandidaat van een van die vasteland se kleiner lande, oortree.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Dit sluit dus Suid-Afrika, Egipte, Algeri\u00eb en Nigeri\u00eb uit. Nigeri\u00eb is glo erg ongelukkig met die aanstelling van Dlamini-Zuma en haar teenwoordigheid sal verhoudinge met Afrika se olie-reus verder bemoeilik.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Afrika-leiers is verdeel oor &#8216;n historiese verkiesing wat vir die eerste vrou gesorg het om aan die hoof van die AU-kommissie te staan, met sommige lande wat die aanstelling verwelkom en ander wat Suid-Afrika se taktiek kritiseer. Baie deelnemers was ook verlig dat die ses maande-lange dooiepunt uiteindelik gebreek is toe Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12989\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrika verdeel oor Dlamini-Zuma&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12989","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12989","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12989"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12989\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12989"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12989"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12989"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}