{"id":12977,"date":"2012-07-17T05:15:05","date_gmt":"2012-07-17T05:15:05","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12977"},"modified":"2012-07-17T05:15:05","modified_gmt":"2012-07-17T05:15:05","slug":"klok-lui-vir-manuel-barclays-absa-geveg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12977","title":{"rendered":"Klok lui vir Manuel-, Barclays-, Absa-geveg"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Trevor Manuel, die Minister in die presidensie verantwoordelik vir die Nasionale Beplanningskommissie, is woedend oor Terry Crawford-Browne se voorstel dat hy vir meineed en geldwassery in verband met die wapentransaksie ondersoek moet word.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aktivis het aan die lig gebring in sy voorlegging aan &#8216;n regterlike kommissie van ondersoek na die wapentransaksie verlede maand, dat hy versoek het dat Manuel, wat toe minister van finansies was, ondersoek word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">President Jacob Zuma het die Seriti-kommissie verlede jaar aangestel na Crawford-Browne die regering na die Grondwethof oor die aangeleentheid geneem het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;My voorlegging aan die Seriti-kommissie vra &#8216;n ondersoek van die klagte teen&#8230; die minister&#8230; van meineed in verband met die wapentransaksie, en van geldwassery,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Manuel het Maandag stoom afgeblaas teen Crawford-Browne, en ges\u00ea sy eise is &#8220;leeg&#8221; en sonder &#8220;enige ankers in die werklikheid&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is moeilik om die gevolgtrekking dat Crawford-Browne duiwels jaag, of dat hy in &#8216;n parallelle heelal woon waarin hy ander wil insuig, te vermy,&#8221; het Manuel ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die twee se geveg binne en buite die hof oor die wapentransaksie kom al &#8216;n lang pad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Crawford-Browne het beter dinge om te doen as om die obsessies van sy denkbeeldige vriende te geniet. Niks goeds kan kom hiervan nie,&#8221; het Manuel ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Crawford-Browne het ook &#8216;n beroep op Zuma gedoen om &#8216;n kommissie van ondersoek na Barclays Bank se verkryging van Absa in 2005 aan te stel in die nasleep van die LIBOR-skandaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ook Barclays aan die wapentransaksie gekoppel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Manuel se vrou, Maria Ramos, was hoof van Absa, wat deur Barclays besit word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is van kardinale belang gegewe die entoesiastiese goedkeuring deur die Minister in 2005 toe Barclays Bank Absa met &#8216;n 55,5%-aandeelhouding oorgeneem het. Watter dreigemente het Barclays Bank, oor &#8220;verteenwoordiging, verbond- en standaardklousules&#8221; gemaak? Die oorname is met &#8216;n groot trompetgeskal as &#8216;n stem van vertroue in Suid-Afrika gedoen.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ramos is aangehaal in die Sunday Times waar sy s\u00ea sy is nie bekommerd dat Absa se beeld deur sy assosiasie met die bele\u00ebrde Barclays besmet sal word nie. Sy het aan die koerant ges\u00ea die Absa-handelsmerk is baie sterk in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Crawford-Browne se eise teen Manuel beteken die openbare geveg het maar begin.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3895974\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Trevor Manuel, die Minister in die presidensie verantwoordelik vir die Nasionale Beplanningskommissie, is woedend oor Terry Crawford-Browne se voorstel dat hy vir meineed en geldwassery in verband met die wapentransaksie ondersoek moet word. Die aktivis het aan die lig gebring in sy voorlegging aan &#8216;n regterlike kommissie van ondersoek na die wapentransaksie verlede maand, dat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12977\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Klok lui vir Manuel-, Barclays-, Absa-geveg&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12977","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12977","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12977"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12977\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12977"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12977"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12977"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}