{"id":12966,"date":"2012-07-15T08:37:07","date_gmt":"2012-07-15T08:37:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12966"},"modified":"2012-07-15T08:37:07","modified_gmt":"2012-07-15T08:37:07","slug":"moet-ek-maar-die-handdoek-ingooi","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12966","title":{"rendered":"Moet ek maar die handdoek ingooi?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">\n<p><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Nou  Vrydag het ek \u2018n onverwagse besoek van die balju gehad. Media24,  Leopold Scholtz en Christo van der Rheede wil op my bates beslag l\u00ea. Om  hul regskoste van ons vorige lastersaak te verhaal, gaan hulle  waarskynlik poog om my te sekwestreer en my huis onder my uit te  verkoop. Dis nou volgens die balju.<\/p>\n<p>\u2018n  Baie groot beginsel is op die spel: iets wat mens die waarheid noem.  Oor die afgelope aantal jare het Media24, maar veral Leopold Scholtz en  Die Burger gepoog om my voortdurend te belaster en vir \u2018n \u201cverregse  rassis\u201d uit te kryt omdat ek sekere feite oor ons swart medeburgers op  die internet gepubliseer het.<\/p>\n<p>\u2018n  Tweede rede waarom Leopold Scholtz en Die Burger my wil ru\u00efneer, is  omdat hulle die PRAAG-webblad wil toemaak. PRAAG is die enigste  Afrikaanse organisasie wat daarin geslaag het om \u2018n alternatiewe medium  vir Media24 se monopolie in Afrikaans te skep. Sowel Soliforum as die  Vryheidsfront het oor die afgelope jaar nuwe webwerwe geloods, maar kry  nog nie naastenby die soort verkeer en belangstelling as hierdie unieke  blou en wit blad nie.<\/p>\n<p>Leopold  Scholtz het in Die Burger geskryf dat \u201cdie Afrikaner met die bruinmense  van die Wes-Kaap moet versmelt\u201d. Met ander woorde, hy staan die fisieke  en biologiese assimilasie van ons Afrikaners met die bruinmense voor.  Ons weet ook dat daar \u2018n groep bruin taalkundiges in die Wes-Kaap is wat  Afrikaans wil \u201cherstandaardiseer\u201d omdat Standaardafrikaans kastig  \u201cvolgens die blanke norm tot stand gekom het\u201d. Selfs taalkundiges van  die Universiteit van Stellenbosch steun hierdie belaglike idee.<\/p>\n<p>Benewens  die ongelukkige lastersaak tussen my en Media24 wat ek om een of ander  duistere rede verloor het, het ek sedertdien ook drie klagtes teen Die  Burger en Sondag by die Persombudsman aanhangig gemaak. In twee uit die  drie gevalle het die Ombudsman my gelyk gegee. Trouens, die  adjunkpersombudsman, dr. Johan Retief, het in een van sy bevindings ges\u00ea  dat die \u201ckumulatiewe skade\u201d wat ek ly as gevolg van Die Burger en  Media24 se volgehoue veldtog teen my op die duur enorm is.<\/p>\n<p>Wat  die derde klag teen Sondag betref, poog Media24 se prokureurs tans  desperaat om verlof tot app\u00e8l te bekom, nadat verlof die eerste keer van  die hand gewys is. Die Persombudsman het hulle beveel om op die  voorblad van die koerant verskoning aan my te bied. Vrydag het ek egter  \u2018n repliek ingedien om hul aansoek om app\u00e8l teen te staan.<\/p>\n<p>Wat  presies het ek ges\u00ea wat my as\u2019t ware vrye wild vir Leopold Scholtz, Die  Burger en Sondag gemaak het? Onder andere drie dinge:<\/p>\n<ul>\n<li>dat swartmense oor \u2018n laer gemiddelde IK as blankes beskik<\/li>\n<li>dat swart leerlinge swakker op skool in wiskunde as blankes vaar<\/li>\n<li>dat swartes verhoudingsgewys meer geweldsmisdaad as blankes pleeg<\/li>\n<\/ul>\n<p>Elkeen  van hierdie drie stellings is waar. Daar is onomstootlike bewyse in die  vorm van amptelike statistieke en etlike wetenskaplike studies  beskikbaar. In Gauteng behaal swart leerlinge gemiddeld 20% vir wiskunde  in die matriekeindeksamen, volgens iemand met binne-inligting vanuit  die onderwysdepartement. Ek het nie tydens die hofsaak teen Leopold  Scholtz en Die Burger getuig nie, maar na afloop van die saak het ek  Scholtz voor sy prokureur en advokaat uitgedaag om die teendeel te bewys  deur aan my die nodige feite of wetenskaplike\/akademiese studies te  besorg wat sy argument staaf.<\/p>\n<p>Dis  nou al meer as \u2018n jaar later en ek het nog niks van Scholtz verneem  nie. Trouens, ek het hom Vrydag n\u00e1 die besoek van die balju weer per  e-pos daaraan herinner dat hy veronderstel is om aan my te bewys dat  alle menslike rasse oor presies dieselfde gemiddelde IK beskik.<\/p>\n<p>Waarom  is dit belangrik? Ons blankes en Afrikaners word elke dag in die  publikasies van Media24 en ander mediagroepe uitgeskel dat ons in die  verlede en selfs op die huidige tydstip swartmense daarvan weerhou om op  dieselfde peil as blankes te presteer. Sommige mense beweer selfs dat  swartes min of geen onderwys tussen 1948 en 1994 ontvang het nie, terwyl  Hermann Giliomee en ek oor die afgelope paar weke aangetoon het dat dit  \u2018n infame leuen is.<\/p>\n<p>In  die bre\u00eb wil Media24 en Leopold Scholtz egter h\u00ea dat ons by die ANC en  SAKP se leuens oor die verlede moet inval, ter wille van \u201cversoening\u201d en  die hele Mandela-kultus wat hulle en die BBC, asook die Britse  koerante, geskep het.<\/p>\n<p>Ek  s\u00ea egter: nee! Ons gaan nie toelaat dat Media24 en hul meesters in  Londen of in die globale maatskappye die Afrikaner se geskiedenis  permanent beswadder en ons as volk moreel en (deur assimilasie)  biologies vernietig, bloot omdat hulle in hierdie korrupte NSA \u2018n wins  wil maak nie.<\/p>\n<p>Dink  daaraan: ek is \u2018n individu met \u2018n vrou en drie kinders wat \u2018n  aksiegroep ten gunste van Afrikaans en Afrikaneroorlewing bedryf terwyl  Media24, \u2018n volfiliaal van Naspers, se jaarlikse wins na belasting  ongeveer R5 miljard beloop. Kan \u2018n mens jou \u2018n meer ongelyke  Dawid-en-Goliat-stryd voorstel?<\/p>\n<p>Soms  wonder ek egter oor die toekoms. Is ek, asook die res van alle  Afrikaners, geweeg en te lig bevind? Ons Vryburger- en  Voortrekker-voorouers het hierdie wonderlike land met al sy rykdom aan  ons nagelaat en ons het dit sonder slag of stoot aan \u2018n groep kriminele  oorhandig wat nou na hartelus ons bates plunder.<\/p>\n<p>Moet  ek maar die handdoek ingooi en die knie voor Goliat buig? Wat het  geword van ons mense se moed en durf? Die Hertzogprys het ontstaan toe  genl. Hertzog in 1908 \u2018n lastereis van \u2018n Engelse inspekteur, ene  Fraser, verloor het en 25 pond skadevergoeding en regskoste moes betaal.  Agterna het die publiek, arm soos hulle net n\u00e1 die tweede  vryheidsoorlog was, 1200 pond vir hom ingesamel. Die ekstra geld is aan  die Akademie geskenk om die Hertzogprys vir die beste Afrikaanse  liter\u00eare werk van die jaar te skep, wat sedert 1915 toegeken word. Die  digter Eitemal het as student \u2018n Union Jack op die kampus van die  Pretoriase Universiteit verbrand en is daarvoor geskors, maar met die  publiek se steun kon hy agterna per korrespondensie sy graad voltooi.<\/p>\n<p>S\u00f3 het Afrikaners mekaar in die verlede ondersteun.<\/p>\n<p>Ek  het my nek vir die Afrikaner uitgesteek en nou wil Media24 my kop  afkap. Hulle wil \u2018n voorbeeld van my maak sodat geen Afrikanerleier of  -intellektueel dit agterna sal waag om sekere ongemaklike waarhede te  publiseer nie. Sodat die ideologie van die \u201cswartman-as-martelaar\u201d kan  se\u00ebvier. Op sy beurt sal \u201cwit skuld\u201d sorg dat ons al ons plase, skole en  selfs huise verloor. Soos dr. Tertius Delport \u2018n paar maande gelede aan  my verduidelik het, het mnr. Roelf Meyer daarvoor gesorg dat die  eiendomsklousule in artikel 25 van die Grondwet so afgewater is dat die  ANC enige eiendom \u201cin die openbare belang\u201d mag konfiskeer.<\/p>\n<p>Al  wat tussen ons en volslae ondergang staan, is hierdie stryd wat ons  tans in die media en op die internet voer. \u2018n Dawid-en-Goliatstryd.<\/p>\n<p>My  voorouer is gewond in die Slag van Rooiwal op 12 April 1902, toe die  meeste Boere al opgehou veg het. Al sekwestreer Media24 my en moet ek  vanuit een van die wit plakkerskampe voortgaan om my stem teen die Groot  Leuen te verhef, sal ek dit doen. Die prys wat my gesin egter reeds  hiervoor betaal, is baie hoog.<\/p>\n<p>Die  tyd, moeite en geld wat ek moet afstaan om die magtige Media24 se  konstante aanslae af te weer, terwyl hulle oor miljarde vir prokureurs  en advokate beskik, is uitmergelend. Solank mense my ondersteun, is ek  egter bereid om alles te gee, selfs die hoogste offer as dit moet.<\/p>\n<p>Vir  ons almal het \u2018n tyd van keuse aangebreek. \u00d3f ons moet besluit om stert  tussen die bene te emigreer \u00f3f ons moet daadwerklik iets d\u00f3\u00e9n om die  huidige mags- en mediamonopolie te breek. Ek het baie idees oor hoe dit  gedoen kan word. Onder andere kan ek Media24 voor die  Mededingingstribunaal sleep, want hulle misbruik hul mag om enige  moontlike mededinging op die internet dood te maak. Hulle misken my  grondwetlike reg op vryheid van spraak, om mense daarop attent te maak  dat blankes nie vir gebrekkige swart prestasie op soveel gebiede  verantwoordelik gehou kan word nie.<\/p>\n<p>Vir  \u2018n intellektuele argument met Leopold Scholtz, Max du Preez of enige  van die werfbobbejane wat Die Burger en Media24 aanhou, sien ek enige  dag kans. Hulle weet min en sit in \u2018n bekrompe, konformistiese, polities  korrekte w\u00eareldjie vasgevang van waar hulle \u201cnasiebou\u201d en sulke twak  bepleit. Ongelukkig vermoed ek egter dat hoe meer sukses ek behaal om  hul drogargumente en leuens aan die kaak te stel, hoe meer gaan ek onder  skoot kom. Ho\u00eb bome vang die meeste wind, of so iets.<\/p>\n<p>Behalwe  Rapport wat darem nog dissidente stemme soos myne en Hermann Giliomee  s\u2019n toelaat, neem Media24 deel aan die totalit\u00eare breinspoelingsproses  waardeur die Afrikaner nog verder op sy knie\u00eb gedwing moet word. Dit  bereik absurde hoogtepunte in die skrywes van Neels Jackson in Beeld wat  ons wil oortuig dat grondroof \u201cdie Here se wil is\u201d, of iets dergelike.<\/p>\n<p>PRAAG  is \u2018n vlammetjie van hoop wat flikker en brand. Daarbuite is dit nag,  die nag van die werfbobbejane voor hul sleutelborde wat die  kommunistiese mites van Wolpe, Slovo en ander in Suid-Afrika  \u201choofstroom\u201d gemaak het.<\/p>\n<p>Moenie  toelaat dat Leopold Scholtz, Christo van der Rheede en Media24 ons  doodmaak nie. As ons \u2018n ekstra duisend lede vir PRAAG kan bykry, kan ons  hulle aanhou beveg &#8211; tot by Oom Daantjie in die kallerhok.<\/p>\n<p>Sluit <a href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">hier by PRAAG aan<\/a> en laat ons aanhou.<\/p>\n<p>Aanhouer wen.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62776-interesnye-fakty-o-yurii-danilchenko.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nou Vrydag het ek \u2018n onverwagse besoek van die balju gehad. Media24, Leopold Scholtz en Christo van der Rheede wil op my bates beslag l\u00ea. Om hul regskoste van ons vorige lastersaak te verhaal, gaan hulle waarskynlik poog om my te sekwestreer en my huis onder my uit te verkoop. Dis nou volgens die balju. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-12966","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12966","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12966"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12966\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12966"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12966"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12966"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}