{"id":12945,"date":"2012-07-11T06:06:50","date_gmt":"2012-07-11T06:06:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12945"},"modified":"2012-07-11T06:06:50","modified_gmt":"2012-07-11T06:06:50","slug":"chaos-by-zuma-lesing-in-limpopo","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12945","title":{"rendered":"Chaos by Zuma-lesing in Limpopo"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Vyf ondersteuners van die ANC-jeugliga, wat Dinsdag in hegtenis geneem is, is op waarskuwing vrygelaat.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ondersteuners is aangekeer nadat geweld by &#8216;n saal in Limpopo uitgebreek het waar pres. Jacob Zuma &#8216;n lesing moes lewer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle was &#8216;n weerbarstige groep mense wat in die middag reeds begin het om paaie te versper,&#8221; het brig. Hangwani Mulaudzi ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Minstens 300 ondersteuners van die geskorste president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het buite die Holy Worship-kerksaal in Thohoyandou saamgekom voordat Zuma opgedaag het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groep, wat liedjies teen Zuma gesing het, was Dinsdagmiddag in &#8216;n stoeiery met die polisie betrokke toe lede van die liga geweier het om weg van die kerksaal se ingang te beweeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle het om 16:00 die saal binnegegaan waarna die ANC se sekuriteit probeer het om hulle onder beheer te bring en hulle aangerand het,&#8221; het Mulaudzi ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die polisie se hulp is ingeroep om die situasie te ontlont.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Vyf van die ondersteuners is in &#8216;n polisiewa gebondel en weggeneem van die saal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle is &#8216;n ernstige waarskuwing gegee om nie weer probleme by die verrigtinge te veroorsaak nie. Hulle het daarna ingestem en is op waarskuwing vrygelaat.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mulaudzi kon egter nie s\u00ea wat met die sekuriteitsbeamptes gebeur het wat die Malema-ondersteuners aangerand het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het net na 17:00 begin om sy Nelson Mandela-gedenklesing te lewer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geweld het gedurende sy lesing buite die saal steeds voortgegaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mulaudzi s\u00ea waterkanonne is gebruik om die skare uiteen te jaag en die situasie is onder beheer gebring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma se lesing het gehandel oor die nalatenskap van oudpres. Nelson Mandela.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u0435\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vyf ondersteuners van die ANC-jeugliga, wat Dinsdag in hegtenis geneem is, is op waarskuwing vrygelaat. Die ondersteuners is aangekeer nadat geweld by &#8216;n saal in Limpopo uitgebreek het waar pres. Jacob Zuma &#8216;n lesing moes lewer. &#8220;Hulle was &#8216;n weerbarstige groep mense wat in die middag reeds begin het om paaie te versper,&#8221; het brig. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12945\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Chaos by Zuma-lesing in Limpopo&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12945","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12945","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12945"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12945\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12945"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12945"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12945"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}