{"id":12938,"date":"2012-07-09T13:06:33","date_gmt":"2012-07-09T13:06:33","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12938"},"modified":"2012-07-09T13:06:33","modified_gmt":"2012-07-09T13:06:33","slug":"zuma-waarsku-teen-derde-mag-wat-anc-wil-destabiliseer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12938","title":{"rendered":"Zuma waarsku teen derde mag wat ANC wil destabiliseer"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">President Jacob Zuma het gister gewaarsku dat ANC-lede waaksaam moet wees na &#8220;wrede sluipmoorde&#8221; van partyleiers wat, s\u00ea hy, &#8216;n poging is om die organisasie te verdeel en te destabiliseer.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het gepraat by die begrafnis van die ANC-raadslid en hoofsweep van die Hibiscus-kus Munisipaliteit, Wandile Mkhize.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mkhize is doodgeskiet toe hy by die huis aangekom het na die ANC-beleidskonferensie verlede week in Midrand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As ANC, ons is altyd hartseer wanneer ons lede verloor, ongeag van hul posisie in die organisasie, maar ons is nog meer bekommerd wanneer hierdie sterftes gerig is teen ANC-leiers,&#8221; het Zuma ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die feit dat Mkhize die derde ANC-leier is om vermoor te word in &#8216;n soortgelyke styl &#8211; doodgeskiet met hul aankoms tuis &#8211; in KwaZulu-Natal, is rede tot ernstige kommer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">ANC se eThekwini-streek sekretaris, Sbu Sibiya, en ANC-raadslid Wiseman Mshibe is verlede jaar op dieselfde manier gedood.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit word meer algemeen in KwaZulu-Natal en dit moet ondersoek word, KwaZulu-Natal kom uit &#8216;n geskiedenis van geweld en ons het gedink dat dit verby is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die groot vraag wat ons onsself moet vra is wie trek voordeel uit hierdie moorde? Ek doen &#8216;n beroep op alle lede van die ANC om waaksaam te wees want dit blyk daar is donker, onvoorsiene magte los wat onenigheid en onsekerheid binne die organisasie wil loslaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Sulke aanvalle moet deeglik ondersoek word en oortreders moet aangekla word,&#8221; het Zuma ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het Mkhize as toegewyd en waaksaam en gedissiplineerd beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea hy het laas gepraat met Mkhize by die ANC se &#8220;suksesvolle beleidskonferensie&#8221; oor die term &#8220;tweede oorgang&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het ges\u00ea Mkhize en twee ander lede wou sy verduideliking van die term hoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle wou nie argumenteer oor die inhoud van ons beleidsdokument nie, maar oor een kwessie en die term.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Nadat ek aan hulle verduidelik het wat ons bedoel met &#8216;tweede oorgang&#8217;, het hy ges\u00ea dat hy nie sien waarom kamerade debat oor die term voer en nie die eenheid van die organisasie vooropstel nie, want dit was vir hom uiters belangrik.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mkhize het sy kommer oor hoe die ANC leierskap benader aan Zuma oorgedra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die president het ges\u00ea Mkhize was die soort leier wat gedissiplineerd was en gereed om die besluite van die organisasie te aanvaar, maak nie saak hoe seer dit was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As jy by hom betrokke was, het jy nie iets van wat hy ges\u00ea het betwyfel nie, omdat jy geweet het dat hy geen versteekte motief gehad het nie. Sy ontydige dood het &#8216;n gapende wond in die ANC gelaat,&#8221; het Zuma ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">KwaZulu-Natal se premier Zweli Mkhize het gewaarsku dat, terwyl hulle nie die motief vir die moord ken nie, die ANC die invloed van sakebelange op die politiek moet dophou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is een gebied wat die organisasie sal vernietig. Dit gebeur op nasionale [vlak] en ons het dit gesien by eThekwini sowel.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Jong Kommunistiese Liga se nasionale sekretaris, Buti Manamela, het ges\u00ea Mkhize was radikaal en militant maar het respek vir senior leiers gehad.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/dozor.kharkov.ua\/news\/authority\/1155993.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>President Jacob Zuma het gister gewaarsku dat ANC-lede waaksaam moet wees na &#8220;wrede sluipmoorde&#8221; van partyleiers wat, s\u00ea hy, &#8216;n poging is om die organisasie te verdeel en te destabiliseer. Zuma het gepraat by die begrafnis van die ANC-raadslid en hoofsweep van die Hibiscus-kus Munisipaliteit, Wandile Mkhize. Mkhize is doodgeskiet toe hy by die huis &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12938\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zuma waarsku teen derde mag wat ANC wil destabiliseer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12938","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12938","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12938"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12938\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12938"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12938"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12938"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}