{"id":12925,"date":"2012-07-07T07:32:54","date_gmt":"2012-07-07T07:32:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12925"},"modified":"2012-07-07T07:32:54","modified_gmt":"2012-07-07T07:32:54","slug":"dlamini-zuma-wil-swart-au-dryf-namens-vsa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12925","title":{"rendered":"Dlamini-Zuma wil swart AU dryf namens VSA"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Verandering in die Afrika-Unie se leierskap kan &#8216;n geleentheid skep om die organisasie meer doeltreffend te raak. &#8220;Ek sal gaan en diens lewer daar so goed as wat ek kan,&#8221; het Minister Nkosazana Dlamini-Zuma by &#8216;n sakegeleentheid in Sandton ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dlamini-Zuma, wat Afrikaners onlangs uitgesonder het as &#8216;n wit minderheid wat te voorbarig is en moet verdwyn, is die VSA se gunsteling om die pos as voorsitter van die AU te beklee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek dink dit sal goed wees om &#8216;n verandering in die AU te kry om te probeer om die administrasie te verbeter daar &#8230; Ons kan dit probeer en dit &#8216;n meer doeltreffende en effektiewe organisasie maak.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dlamini-Zuma, wat voorbrand maak vir haar kandidaatskap as voorsitter van die AU, het ges\u00ea dit sal nie moeilik wees om die Unie te verenig nie, ten spyte van verskille tussen Engelssprekende en Franssprekende lande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onderliggend aan Dlamini-Zuma se diskoers is dat daar reeds &#8216;n rassesolidariteit tussen die twee taalgroepe in Afrika heers wat wittes uitsluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Jy het programme wat reeds ooreengekom is deur almal [swartes], sodat jy nie die Engelssprekendes en die Franssprekendes hoef te gaan raadpleeg om dit te implementeer nie,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Jy sal neem wat hulle gesamentlik besluit het en implementeer sonder vrees of voorkeur&#8230; Ek dink ook dit [die taalverskille] is iets waarop ons uiteindelik ons rug sal draai. Ek is nie Engelssprekend nie, ek is Zoeloe,&#8221; het sy sonder &#8216;n sweem van ongemak in Engels verklaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As sy verkies word, s\u00ea Dlamini-Zuma, sal sy die AU en Suid-Afrika as deel van die AU, lei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek dink nie dit sal &#8216;n direkte impak h\u00ea nie, maar as die AU glad en doeltreffend funksioneer, is dit &#8216;n voordeel vir ons almal.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ges\u00ea dit is belangrik dat die lande van Afrika&nbsp; bepaal wat hulle op &#8216;n kontinentale vlak verenig omdat daar baie verskille tussen hulle is. Haar voorstel is ooglopend gegrond die ou pan-Afrikanistiese swart rasse-ideaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die AU se verkiesings in Januarie het in &#8216;n dooiepunt ge\u00ebindig omdat nie AU-kommissie voorsitter Jean Ping van Gaboen, of Dlamini-Zuma in staat was om die vereiste twee-derde meerderheid in te palm nie, ten spyte van verskeie rondtes van stemmery.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ping beklee die posisie sedert September 2008.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verkiesing sal na verwagting volgende week by die AU se beraad in Addis Abeba plaasvind.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verandering in die Afrika-Unie se leierskap kan &#8216;n geleentheid skep om die organisasie meer doeltreffend te raak. &#8220;Ek sal gaan en diens lewer daar so goed as wat ek kan,&#8221; het Minister Nkosazana Dlamini-Zuma by &#8216;n sakegeleentheid in Sandton ges\u00ea. Dlamini-Zuma, wat Afrikaners onlangs uitgesonder het as &#8216;n wit minderheid wat te voorbarig is en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12925","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12925","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12925"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12925\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12925"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12925"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12925"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}