{"id":12892,"date":"2012-07-03T05:55:08","date_gmt":"2012-07-03T05:55:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12892"},"modified":"2012-07-03T05:55:08","modified_gmt":"2012-07-03T05:55:08","slug":"suid-afrika-ly-onder-amerikaanse-rassebeleid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12892","title":{"rendered":"Suid-Afrika ly onder Amerikaanse rassebeleid"},"content":{"rendered":"<p>{jathumbnail off}<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" style=\"margin: 5px; float: left;\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Ferdi  Greyling van Beeld se rubrieke is altyd vir my so &#8216;n groot  teleurstelling! Soms, by uitsondering, kry hy dit reg om &#8216;n mens met sy  gedagtes te prikkel, maar meesal begin hy met fanfare en eindig dit in  &#8216;n groteske clich\u00e9.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Vandag &#8220;sukkel&#8221; hy in <a href=\"http:\/\/www.beeld.com\/Rubrieke\/FerdiGreyling\/Boustene-vir-die-wit-gevaar-20120702\" target=\"_blank\" data-mce-href=\"http:\/\/www.beeld.com\/Rubrieke\/FerdiGreyling\/Boustene-vir-die-wit-gevaar-20120702\">Boustene vir die wit gevaar<\/a> met die vraag &#8220;hoe die &#8216;swart gevaar&#8217; van destyds verskil van die &#8216;wit  gevaar&#8217; van vandag?&#8221; D\u00edt nou na aanleiding van Jacob Zuma se stellings  dat &#8220;wit mans steeds die ekonomie besit&#8221;. Tim du Plessis het ook so &#8216;n  hebbelikheid om gedurig die ANC aan die vorige NP gelyk te stel. Is dit  iets waaroor mense in die teepouses by Mediapark te Aucklandpark, waar  Beeld se kantore gele\u00eb is, gesels? In die ou dae het die onnosele  Engelse koerante in di\u00e9 land mos gespot met die &#8220;swart gevaar&#8221; waarvoor  die NP-kiesers so bang is en nou praat Greyling van die &#8220;wit gevaar&#8221;.  Dis so &#8216;n fasiele manier van: &#8220;Ek as Afrikaner gaan julle nou op die  manier beledig waarop julle my beledig het.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen is dit veel  meer kompleks as dit. Hierdie land ly onder die verkeerde stelsel wat  van buite af op hom afgedwing is. &#8220;Regime change&#8221;, noem die Amerikaners  dit mos. Irak, Afganistan, Egipte; oral hoor ons van &#8220;demokrasie&#8221; wat  met sanksies of wapengeweld ingestel word, terwyl die gewonde lande  agterna nooit weer daarvan herstel nie. Ek was in Egipte net voor  Moebarak geval het en dit was glad nie so sleg nie, &#8216;n min of meer  sekul\u00eare Moslemstaat met &#8216;n bloeiende toerismebedryf en selfversorgend  wat landbou betref. Nou is Egipte op die glybaan na Islamitiese  teokrasie en onverdraagsaamheid wat deur die stembus verkry word, &#8216;n  geval van &#8220;kalkoene wat stem vir Kersfees&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op subtiele maniere gaan SA nooit weer van, soos ek dit in my roman <em>Moltrein<\/em> gestel het, die &#8220;reusegraffito, apartheid&#8221; herstel wat dwarsoor die  aardbol geverf is nie. Daardie propaganda het &#8216;n valse werklikheid  geskep waarteen ons nog vir jare gaan baklei. Ek kan sien Greyling is  ook daarin vasgevang en veg &#8216;n verlore stryd om los te kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As Zuma nie van wit mans hou nie, is dit mos sy goeie reg? Feit is dat &#8216;n sterk swart rasse-identiteit <em>noodwendig<\/em> op die einde van apartheid volg. Die ou Afrikaanse volkekundiges, soos  J.P. Bruwer van Stellenbosch, het dit almal voorspel: sestig, sewentig  jaar gelede al. Ek hoef seker nie die politieke geskiedenis van  Suid-Afrika aan Beeld se rubriekskrywers te doseer nie. &#8216;n Goeie begrip  het &#8216;n halwe woord nodig, soos hulle s\u00ea. Dis net Engelse wat nie  verstaan dat wanneer jy mense se etniese of stamidentiteite vernietig of  verwater, dan gaan hulle noodwendig terugreik na &#8216;n meer grondliggende,  biologiese rasse-identiteit nie. Of miskien begryp die Engelse dit,  maar verkies dit so, want uiteindelik kan jy steeds &#8216;n Big Mac en &#8216;n  Coke aan &#8216;n&nbsp; swart Nazi verkoop. Die skep van &#8216;n globale verbruikersmark  is uiteindelik al waaroor dit vir die Anglo-Amerikaanse Ryk gaan.<\/p>\n<p>Soos die Duitse rockgroep Rammstein sing, &#8220;We&#8217;re all living in America&#8221;:<\/p>\n<p>We&#8217;re all living in America<br \/> Coca-Cola, Wonderbra<br \/> We&#8217;re all living in America<br \/> America, America<\/p>\n<p>This is not a love song<br \/> This is not a love song<br \/> I don&#8217;t sing my mother tongue<br \/> No, This is not a love song<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Hoe  gouer ons die &#8220;nuwe Suid-Afrika&#8221; as &#8216;n koloniale manifestasie van  Amerika se rasseproblematiek verstaan, hoe beter. Die gevaar is dus nie  &#8220;wit&#8221; of &#8220;swart&#8221; nie, maar eerder&#8230; Amerikaans, di\u00e9 van &#8216;n klomp  fanatiese Protestante wat tot multikulturalisme, &#8220;integrasie&#8221; en &#8220;meng  ten alle koste&#8221; bekeer is en ons met milit\u00eare mag sal dwing om hul eie  maatskaplike mislukking na te boots.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/whiteidentity.co.za\"><img decoding=\"async\" alt=\"White Identity Cover\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/06\/whiteidcover-195x300.jpg\" \/><\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Daarom is Jared Taylor se boek oor die Amerikaanse rasse-utopie,&nbsp; <a href=\"http:\/\/whiteidentity.co.za\" target=\"_blank\" data-mce-href=\"http:\/\/whiteidentity.co.za\">White Identity: racial consciousness in the 21st century<\/a> vir ons so ter sake. Die woorde &#8220;White identity&#8221; in die titel is  misleidend, want hy wil juis s\u00ea dat blankes oor geen identiteit meer  beskik nie; hulle reageer bloot met gelatenheid op die strydvaardige,  selfversekerde rasse-identiteite van swartes, Spaanssprekendes en selfs  Asi\u00ebrs. Dis belangrik dat ons darem verstaan hoe lyk die hart van die  Empaaier wat almal hier napraat, nie waar nie? Dis ook waarom PRAAG  besluit het om &#8216;n plaaslike uitgawe van Taylor se boek te maak, sodat  ons mense hulself bietjie kan opvoed oor waarheen &#8220;nie-rassigheid&#8221; of  multikulturalisme presies lei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Ferdi  Greyling en ander liberale napraters van die Amerikaanse rassebeleid  vrees eintlik die opwelling van rassegevoelens by die ANC en sy leiers.  Myns insiens staan ons nog maar aan die begin van swart  rassenasionalisme in Suid-Afrika. Dwarsdeur ons geskiedenis &#8211; Hermann  Giliomee het dit ook nou die dag teenoor my bevestig &#8211; het die Engelse  hier en vanuit Brittanje gepoog om swart rassenasionalisme aan te hits  as &#8216;n manier om Afrikanersoewereiniteit te beperk of te vernietig. Selfs  Rhodes het hom daaroor verwonder. Noudat hulle uiteindelik daarin  geslaag het en Frankenstein uit sy Anglo-Amerikaanse laboratorium  losgebars het, moet ons veral nie die fout maak om te dink dat ons die  monster gaan keer nie. Los dit maar vir Amerika, want hoewel die  Empaaier gevoelloos teenoor Afrikanerlewens staan, heg hy wel waarde aan  ons grondstowwe. En natuurlik wil Walmart en McDonalds steeds sake doen  met die ontvangers van maatskaplike toelaes wat ons, die middelklas,  goedgunstiglik finansier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Waarskynlik  stem Ferdi Greyling, as bekeerling tot &#8220;nie-rassigheid&#8221; of &#8216;multikul&#8221;  soos die Hollanders dit noem &#8211; kul jou hier, kul jou daar &#8211; nie saam  nie, maar lees eers Jared Taylor se opeenstapeling van feite oor Amerika  se rasse-identiteite, dan praat ons dalk weer.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62483-pochemu-stoit-hodit-v-priemnye-harkovskih-deputatov-realnaya-istoriya.html\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>{jathumbnail off} Ferdi Greyling van Beeld se rubrieke is altyd vir my so &#8216;n groot teleurstelling! Soms, by uitsondering, kry hy dit reg om &#8216;n mens met sy gedagtes te prikkel, maar meesal begin hy met fanfare en eindig dit in &#8216;n groteske clich\u00e9. Vandag &#8220;sukkel&#8221; hy in Boustene vir die wit gevaar met die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12892\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Suid-Afrika ly onder Amerikaanse rassebeleid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-12892","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12892","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12892"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12892\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12892"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12892"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12892"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}