{"id":12878,"date":"2012-06-30T10:05:32","date_gmt":"2012-06-30T10:05:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12878"},"modified":"2012-06-30T10:05:32","modified_gmt":"2012-06-30T10:05:32","slug":"droogte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12878","title":{"rendered":"Droogte"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Ho\u00eb pilare stof loop oor die bruin vloer van die aarde. Die wortels van die verskroeide gras wag op re\u00ebn; dorstig vir die groen liefde strek die ontsaglike dorre vlakte eindeloos uit na die horison. Een reguit liniaal-getrekte spoorweglyn pyl van onder die middagson-gloed na waar &#8216;n nag fluwelig koel met sterre sal wees. Die landskap is di\u00e9 van droogte. Klein soos twee korrels sand bou &#8216;n witman en &#8216;n swartman &#8216;n muur. Vier mure. Dan &#8216;n dak. &#8216;n Huis.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die swartman dra blokke steen aan en die witman plaas hulle in die muur. Die witman staan binne die mure waar daar effens skadu is. Hy s\u00ea: &#8220;Jy moet buite werk. Jou vel is swart, jy kan die son beter verdra as ek.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die swartman lag teen sy spiere se geglinster in die son. &#8216;n Honderd jaar gelede het sy voorouers donker oeste met hul assegaaie gemaai en die drif van die swart son in hul ledemate, in die Ngoma-dans uitgetrap. Nou lag die swartman terwyl hy begin frons.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Waarom praat jy altyd van my swart vel?&#8221; vra hy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Jy is vervloek&#8221;, s\u00ea die witman. &#8220;Lank gelede het my God jou met duisternis vervloek.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Jou God is wit&#8221;, verweer die swartman kwaad. &#8220;Jou God lieg! Ek is lief vir die son en ek vrees die nag!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die witman praat dromerig voort: &#8220;Lank gelede het my voorvaders oor die see gekom. Van ver het hulle gekom, in wit skepe hoog soos bome, en op die land het hulle waens gebou en met die seile van hul skepe oordek. Ver, ver het hulle gereis en hul kampvuur-asse wyd oor hierdie groot en barbaarse land versprei. Maar nou is hul kinders moeg, ons wil huise bou en julle swartes leer om in vrede met ons te<br \/>lewe. Dis hoog tyd, selfs al sal julle velle altyd swart bly&#8230;&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trotsig verset die swartman hom: &#8220;En my voorouers het hul assegaaie<br \/>in die bloed van joune gedoop en gesien dat dit rooi is soos ons s&#8217;n.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dis tyd dat jy die bloedige verlede vergeet,&#8221; s\u00ea die witman verdrietig, &#8220;kom, jy moet leer om saam met my te werk. Ons moet hierdie huis bou.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Jy kom om my te leer dat God wit is, dat ek &#8216;n huis vir die witman moet bou!&#8221; Die swartman staan met gevoude arms.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Swartman!&#8221; roep die witman, &#8220;sal jy nooit niks verstaan nie! Doen wat ek s\u00ea!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ja, Baas,&#8221; brom hy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die swartman dra blokke steen en die witman plaas hulle in die muur. Hy maak die mure sterk. Die son blaak moorddadig neer. Ver, soos &#8216;n enigste boom in die dorsland, loop &#8216;n ho\u00eb pilaar stof op die bewende horison.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Verdomde hitte!&#8221; brom die witman, &#8220;as dit maar wil re\u00ebn.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy vee die sweet vererg van sy voorkop weg en hy kom styf regop om weer te s\u00ea: &#8220;Jou voorouers is dood. Dis tyd dat jy hulle vergeet.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Swyend kyk die swartman hom aan met o\u00eb wat antwoord: Jou voorouers is ook<br \/>dood. Ons is alleen hier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alleen in die dorre en verlate vlakte bou die witman en die swartman &#8216;n huis. Hulle praat nie met mekaar nie. Hulle bou die vier mure en dan die dak. Die swartman werk buite in die son en die witman binne-in die skadu. Nou kan die swartman slegs die witman se kop en skouers sien. Hulle l\u00ea die dak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Baas,&#8221; vra die swartman oplaas, &#8220;waarom het jou huis dan geen deure en<br \/>vensters nie?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die witman het treurig geword. &#8220;Dit, ook, kan jy nie verstaan nie,&#8221; s\u00ea hy sag. &#8220;Lank gelede in &#8216;n ander land het my voorgeslagte mure gebou om die see uit te hou. Dik, waterdigte mure. Daarom het my huis ook geen deure en vensters nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Maar hier is g&#8217;n groot water nie!&#8221; roep die swartman uit, &#8220;die sand is droog soos &#8216;n skedelbeen!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jy is die see, dink die witman, sonder om verder te praat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle l\u00ea die dak. Hulle spyker die laaste plank, die laaste sinkplaat, die swartman buite en die witman binne. Nou kan die swartman die witman nie langer sien nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Baas!&#8221; roep hy, maar hoor geen antwoord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Inkoos kan nie uitkom nie, dink hy met skrik, hy kan nie die lug sien of weet wanneer dit dag of nag is nie. Die Inkoos sal sterf in sy huis!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die swartman hamer met sy vuiste op die huis en roep: &#8220;Maar Baas, geen groot water sal ooit hierheen kom nie? Hier sal dit nooit veertig dae en veertig nagte re\u00ebn soos die Boek van jou wit God s\u00ea nie!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy hoor geen antwoord en hy skreeu: &#8220;Kom uit, Baas!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy hoor geen antwoord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met sy vuiste nog steeds gelig asof om weer te klop, staar die swartman verwilderd op in die hemel sonder &#8216;n enkele wolk, en rondom hom na die horison waar warrelwinde rooi-warm stof die vreeslike Ngoma van die droogte dans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan stamel die swartman verlate en beangs:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Kom uit, Baas &#8230; Kom uit na my &#8230;&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>&#8220;Kernbeeld van die Afrikaanse kortverhaal (saamgestel en toegelig deur F.V. Lategan)&#8221; 1951<\/em>. [Di\u00e9 boek saam met duisende ander Afrikaanse boeke is sedert 1994 uit biblioteke verwyder en vernietig]<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/blagoustroistvo-slobodskogo-raiona-harkova-prodoljaetsya\/\">\u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00eb pilare stof loop oor die bruin vloer van die aarde. Die wortels van die verskroeide gras wag op re\u00ebn; dorstig vir die groen liefde strek die ontsaglike dorre vlakte eindeloos uit na die horison. Een reguit liniaal-getrekte spoorweglyn pyl van onder die middagson-gloed na waar &#8216;n nag fluwelig koel met sterre sal wees. Die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12878\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Droogte&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[115],"tags":[],"class_list":["post-12878","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c106-verhale"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12878","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12878"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12878\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12878"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12878"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12878"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}