{"id":12851,"date":"2012-06-27T05:31:11","date_gmt":"2012-06-27T05:31:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12851"},"modified":"2012-06-27T05:31:11","modified_gmt":"2012-06-27T05:31:11","slug":"wat-die-media-jou-nie-vertel-oor-die-tweede-oorgang-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12851","title":{"rendered":"Wat die media jou nie vertel oor die Tweede Oorgang nie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC se beleidskonferensie by Gallagher Estate in Midrand het &#8216;n paar interessanthede opgelewer waaroor die media nie berig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die <a href=\"http:\/\/praag.org\/?p=579\">suiwer kommunistiese retoriek<\/a> uit Mogoro 1969, val ten eerste nie een van die joernaliste op nie, maar dit daar gelaat. Dit sal seker eers &#8216;n verskroeide aarde vat om hulle te laat wakker skrik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die streng re\u00ebls wat neergel\u00ea is vir die konferensie om die Jeugliga daarvan te weerhou om Zuma in &#8216;n negatiewe lig te stel, geld blykbaar nie as dit by Tokyo Sexwale of Trevor Manuel kom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sexwale het gister met president Jacob Zuma se verbete ondersteuners kennis gemaak toe hy probeer het om afgevaardigdes te kry om op te hou om gewraakte liedere te sing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sekere liedere ter ondersteuning van ANC-leiers oor masjiengewere en derglike gaan natuurlik nie goed af in die buiteland nie en saam met die retoriek van rewolusie, kan dit net die ANC se beeld verder aftakel. Daarmee het konferensiegangers nie &#8216;n saak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sexwale, &#8216;n ANC se nasionale uitvoerende komitee-lid, wou &#8216;n inset oor die re\u00ebls en prosedures van die verhoog af maak. Hy is egter deur die skare uitgejou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Afgevaardigde van Limpopo het opgespring en na die podium gestorm om Sexwale se beswaar uit die weg te ruim.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Kameraad Tokyo is &#8216;n lid van die NUK. Hy was veronderstel om hierdie probleem by die NUK te opper,&#8221; het die afgevaardigde gekla onder luide toejuiging van die skare. Sexwale het die punt van orde aanvaar en druipstert teruggekeer na sy sitplek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe Trevor Manuel probeer om die meriete van nasionalisering te bespreek, is hy deur Jeugligalede uitgejou om stil te bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die &#8220;konferensie se kode van gedrag&#8221;, bykomend tot die re\u00ebls en die ANC-grondwet, moes sulke afgevaardigdes wat versuim om te voldoen aan die kode vir dissiplin\u00eare optrede uitgesonder word en moontlik onbevoegdheid om te staan \u200b\u200bvir enige posisie in die ANC.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar aangesien die twee ongewilde figure nie die president self is nie, is die &#8220;re\u00ebls&#8221; blykbaar buigsaam.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kameraad Marthinus van Schalkwyk, die wit manlike ANC-minister van toerisme, was n\u00earens te siene nie, terloops. Nie-rassigheid moes &#8216;n stille dood gesterf het voor die beleidskonferensie en van die Suid-Afrikaanse re\u00ebnboog het net die belofte van die pot goud oorgebly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beloftes van die Tweede Oorgang het trouens aan die befaamde digter Yeats se pragtige gedig herinner.<\/p>\n<p>Turning and turning in the widening gyre<br \/>The falcon cannot hear the falconer;<br \/>Things fall apart; the centre cannot hold;<br \/>Mere anarchy is loosed upon the world,<br \/>The blood-dimmed tide is loosed, and everywhere<br \/>The ceremony of innocence is drowned;<br \/>The best lack all conviction, while the worst<br \/>Are full of passionate intensity.<\/p>\n<p>&#8211; The Second Coming, WB Yeats<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die mislukking van grondhervorming en ekonomiese vooruitgang is kennelik die mislukking van die regering self. Sexwale en Manuel, die deurwagters vir wit sakebelange in die ANC, se ongewildheid voorspel niks goeds vir die rigting waarin die party na swart rasseharmonie en grondgryp voortsnel nie. Dit beteken waarskynlik dat die ANC nie binnekort tot orde geroep sal word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die boere betref, sal die DA ongelukkig ook nie die knoop vir eiendomsreg deurhaak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is doodeenvoudig &#8216;n wanopvatting van die Grondwet dat die gewillige koper, gewillige verkoper beginsel daarin vervat is. Die onderhandelde dokument van 1994 vereis nie &#8216;n gewillige verkoper en gewillige koper vir die doeleindes van vergoeding by onteiening nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is dus vrugteloos om te probeer om &#8216;n vereiste wat nie teenwoordig is nie in artikel 25 van die Handves van Regte te &#8220;hersien&#8221; soos Zuma aan die media verklaar het. Dis &#8216;n oefening in warm lug, wat meer met opsweping te make het as met die werklike grondwetlike kwessie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die Grondwet kan eiendom reeds onteien word kragtens &#8216;n wet van algemene toepassing in die openbare belang onderworpe aan vergoeding wat tussen diegene wat geraak word of deur &#8216;n hof bepaal of goedgekeur is. Die openbare belang sluit grondhervorming in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer &#8216;n hof die bedrag van die vergoeding en die tyd en wyse van betaling bepaal, moet dit &#8216;n billike balans tussen die openbare belang en die belange van diegene wat geraak word handhaaf. Die billike balans word nie bepaal deur die markwaarde alleen nie, maar ook deur ander faktore, insluitend die doel van die onteiening, die geskiedenis van die verkryging en gebruik van die eiendom, en sy huidige gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 stukkie sotlikheid het ons aan Roelf Meyer se onderhandelingsvaardighede te danke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit beteken dus in eenvoudige taal dat die Grondwet die swart regering reeds in staat stel om die plase te vat. Reken dus maar op die DA om die Grondwet te &#8220;beskerm&#8221; om swart steun te jaag en op die ANC om sy swart kiesers gelukkig te hou.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeUMJCt1uVo\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC se beleidskonferensie by Gallagher Estate in Midrand het &#8216;n paar interessanthede opgelewer waaroor die media nie berig nie. Die suiwer kommunistiese retoriek uit Mogoro 1969, val ten eerste nie een van die joernaliste op nie, maar dit daar gelaat. Dit sal seker eers &#8216;n verskroeide aarde vat om hulle te laat wakker skrik. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12851\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wat die media jou nie vertel oor die Tweede Oorgang nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-12851","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12851","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12851"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12851\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12851"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12851"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12851"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}