{"id":12848,"date":"2012-06-27T05:06:11","date_gmt":"2012-06-27T05:06:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12848"},"modified":"2012-06-27T05:06:11","modified_gmt":"2012-06-27T05:06:11","slug":"zuma-se-radikale-skuif-is-nodig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12848","title":{"rendered":"SA by kookpunt, waarsku Zuma"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die ANC moet &#8216;n radikale skuif in beleid voorsien om die probleme van armoede, werkloosheid en ongelykheid aan te spreek, het Jacob Zuma, president van die party, Dinsdag ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Jy kan nie op een plek sit en hoop dinge kom vanself reg nie,&#8221; het hy aan verslaggewers ges\u00ea op die eerste dag van die party se vier dae lange beleidskonferensie in Midrand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het verwys na &#8216;n sleuteldokument in die besprekings, &#8220;Die Tweede Oorgang: Om &#8216;n nasionale demokratiese samelewing en die balans van magte in 2012 te bou&#8221;, en ges\u00ea dit is nodig om dit wat verkeerd is met die Suid-Afrikaanse samelewing aan te spreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat hy na verskeie gewelddadige misdade verwys het, het Zuma ges\u00ea: &#8220;Daar is iets verkeerd met ons samelewing&#8230; laat ons &#8216;n radikale skuif vind om die uitdagings aan te spreek.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die dokument stel voor dat die ANC nou &#8216;n tweede era van demokrasie moet betree. Die afgelope 18 jaar was die eerste oorgang, waartydens die fokus op politieke bevryding was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die &#8220;tweede oorgang&#8221; moet fokus op maatskaplike en ekonomiese transformasie in die volgende 30 tot 50 jaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het ontken dat die konsep van &#8216;n tweede oorgang sinoniem geword het met sy veldtog om herverkies te word. Hy het ges\u00ea hy onderstreep dit net omdat dit so belangrik is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As president van die ANC het ek debat daaroor verskerp.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het Suid-Afrikaners verseker dat die toestand van di\u00e9 sonder grond aangespreek sal word \u2013 sonder om die Grondwet te verander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die opbou tot die konferensie was daar vrae om afdeling 25 van die Grondwet, wat verwys na eiendomregte en voorwaardes stel vir die onteiening van grond, te verander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons weet&#8230; niemand gaan die Grondwet verander nie, ons het &#8216;n land waarmee dit goed gaan. Binne dit, hoe gaan ons hierdie probleme oplos?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het ges\u00ea die werklike ekonomie is steeds hoofsaaklik in die hande van wit mans en dit moet binnekort aangespreek word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl hy &#8216;n uur en &#8216;n half lank met verslaggewers gepraat het, het die meer as 3 000 afgevaardigdes agter geslote deure gesit in &#8216;n voltallige sessie om insette te kry oor die drie hoof-beleidsdokumente: organisatoriese vernuwing, die tweede oorgang \u2013 ook bekend as strategie en taktiek, en staatsbetrokkenheid in mynbou. Die nasionale ontwikkelingsplan sal ook bespreek word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het vroe\u00ebr &#8216;n gemengde verwelkoming gekry toe hy sy openingstoespraak gelewer het. Afgevaardigdes van KwaZulu-Natal en die Vrystaat het gesing: &#8220;Ons gaan saam met Zuma, ons gaan saam met die president.&#8221; Ander provinsies se afgevaardigdes het egter teruggesit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">KwaZulu-Natal is die ANC se grootste provinsie en Zuma se tuis-provinsie en het 462 afgevaardigdes by die gebeurtenis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het geraak aan die hoof-punte van elk van die 13 beleidsdokumente waaroor gedebatteer sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy opmerking dat die &#8220;gewillige koper, gewillige verkoper&#8221;-benadering tot grondhervorming hersien moet word, aangesien dit nie werk nie, het die grootste applous in die volgepakte saal gekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy opmerking dat die ANC die land deur voorbeeld moet lei, is ook met entoesiastiese applous begroet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is baie belangrik as deel van die vernuwing van ons organisasie. Ons doen nie hierdie vir onsself as ANC-lede nie. Ons doen dit vir die land in geheel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daardie besef moet ons gedrag be\u00efnvloed, die manier waarop ons onsself dra as lede van die ANC in die o\u00eb van die land.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die res van sy toespraak, wat &#8216;n uur en 13 minute geduur het, is hoofsaaklik in stilte aangehoor, met &#8216;n bietjie applous toe hy genoem het dat &#8216;n werksoekerstoelaag oorweeg moet word en dat die ANC hulself moet reinig van &#8220;vreemde neigings&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sluit swak dissipline, korrupsie, die misbruik van mag en die afname in die ideologiese diepte van ANC-lede in. Zuma het ges\u00ea die party het &#8220;opgetree en sal aanhou om op te tree teen enigiemand wat die grens oorskry&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het mislukkings in die eerste 18 jaar blameer op die feit dat die ANC kompromie\u00eb moes aangaan toe daar in 1994 oor die terme van demokrasie onderhandel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons moes byvoorbeeld versigtig wees om die ekonomie te herstruktureer, sodat ons ekonomiese stabiliteit en selfvertroue kon behou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dus het die ekonomiese magsverhoudinge van die apartheid-era hoofsaaklik staande gebly.&#8221; Hy het &#8216;n beroep gedoen op &#8216;n &#8220;florerende, gemengde ekonomie, waar die staat, privaatkapitaal en ander vorme van sosiale eienaarskap mekaar komplementeer op &#8216;n ge\u00efntegreerde manier om armoede uit te roei en gedeelde ekonomiese groei te koester&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe sy toespraak afgesluit is, het afgevaardigdes begin sing, insluitende Zuma se kenmerkende &#8220;Awulethu&#8217; Mshini Wami&#8221; (Bring my masjiengeweer).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 Zuma se toespraak het Tokyo Sexwale, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, deur die prosedures gelees en aan afgevaardigdes ges\u00ea hulle kan nie neerhalende liedjies sing nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het later aan die media ges\u00ea dit is &#8216;n ANC-tradisie om liedjies oor sy leiers te sing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die ANC het ges\u00ea &#8216;laat ons nie leierskap bespreek nie&#8217;. Dit is anders as om oor leiers te sing,&#8221; het Zuma ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Histories gesproke het die ANC mense nog nooit gekeer om oor leiers te sing nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC sal nuwe leiers verkies by sy Mangaung-konferensie in Desember. Die party se top-beamptes het lede gewaarsku om nie hul leiers te benoem voor Oktober of om opvolging voor dan te bespreek nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Besluite oor beleid wat by hierdie konferensie geneem word, sal amptelik aanvaar word by die ANC se nasionale konferensie in Mangaung in Desember.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/mezhdunarodnaja-dostavka-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC moet &#8216;n radikale skuif in beleid voorsien om die probleme van armoede, werkloosheid en ongelykheid aan te spreek, het Jacob Zuma, president van die party, Dinsdag ges\u00ea. &#8220;Jy kan nie op een plek sit en hoop dinge kom vanself reg nie,&#8221; het hy aan verslaggewers ges\u00ea op die eerste dag van die party &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12848\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SA by kookpunt, waarsku Zuma&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12848","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12848","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12848"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12848\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12848"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12848"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12848"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}