{"id":12835,"date":"2012-06-24T13:49:58","date_gmt":"2012-06-24T13:49:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12835"},"modified":"2012-06-24T13:49:58","modified_gmt":"2012-06-24T13:49:58","slug":"giliomee-breek-n-lansie-vir-verwoerd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12835","title":{"rendered":"Giliomee breek &#8216;n lansie vir Verwoerd"},"content":{"rendered":"<p>{jathumbnail off}<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpghttp:\/\/www.praag.co.za\/http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/><img decoding=\"async\" style=\"margin: 5px; float: left;\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Ek moet Hermann Giliomee gelukwens met sy artikel oor apartheid in <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.rapport.co.za\/Weekliks\/Nuus\/Apartheid-Was-dit-dan-net-boos-20120623\">Rapport Weekliks<\/a>. Die ondenkbare moet  inderdaad gedink word. Meer onlangs het ek begin wonder of demokrasie  hoegenaamd &#8216;n voordeel in &#8216;n multi-etniese samelewing soos hierdie is.  Dit lei noodwendig tot populisme, polarisering en geweld. Waarskynlik l\u00ea  die ergste nog vir ons voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat Bantoe-onderwys betref, was dit waarskynlik die ideale stelsel  vir 99% van die swart bevolking. Blykbaar het dit uit die Duitse  sendingtradisie ontwikkel en was daarop gemik, soos in Duitsland, om  nuttige ambagte en vaardighede aan mense oor te dra. Hierteenoor wou die  Engelse sendelinge swart intellektuele van alle swart leerlinge maak,  &#8216;n nasie van Tutu&#8217;s en Mandelas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek ken iemand wat &#8216;n wiskunde-onderwyseres is, vir begaafde swart  kinders, hoewel die skool toenemend deur Indi\u00ebrs beset word (hulle is  ook mos &#8220;swart&#8221;). Sy sien gereeld die statistieke in Gauteng en blykbaar  is die gemiddelde prestasie in wiskunde onder swart leerlinge om en by  20%. Dis nou onder die klein groepie wat nog wiskunde as vak neem; Kader  Asmal het mos met die afgewaterde &#8220;wiskundige geletterdheid&#8221; as  alternatiewe vak begin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/whiteidentity.co.za\"><\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/whiteidentity.co.za\"><img decoding=\"async\" alt=\"White Identity Cover\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/06\/whiteidcover-195x300.jpg\" \/><\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar word tans so met statistieke en slaagsyfers gego\u00ebl dat ek byna  seker is dat die prestasie met Bantoe-onderwys beter moes gewees het.  Dink daaraan: &#8216;n matriekleerling moet tans 30% in drie vakke verkry en  40% in nog drie. Die veertigpersentvakke is gewoonlik: sy moedertaal  waarin die standaard baie laag is en hy kan dit mos praat, wiskundige  geletterdheid en lewensori\u00ebntering. Blykbaar is Engels as &#8220;tweede  addisionele taal&#8221; of wat dit ook al genoem word, ook &#8216;n grap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As jy seker genoeg TV kyk, sal jy insgelyks geskiedenis op 30% kan slaag,  want die skoolsillabus bestaan grotendeels uit die glorieryke verhaal  van die ANC en Mandela. Vir die ander twee vakke kan jy &#8216;n paar feite  uit jou kop leer en ook 30% aanteken en siedaar: jou &#8220;akademiese  matriek&#8221; soos die Anglikaanse Kerk en Vader Trevor Huddleston daarvan  gehou het, wink! Gooi bietjie Karl Marx en linkse retoriek by en jy kan  &#8216;n loopbaan in die ANC maak. Geen wonder daar is soveel mededinging vir  partyposte en &#8220;kaderontplooiings&#8221; in die staatsdiens nie, want dis al  waarvoor die mense opgelei is!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar myns insiens was Bantoe-onderwys wel &#8216;n groteske onreg. Nie  teen swartes, wat grotendeels daarby gebaat het nie, maar teen  Afrikaners. Duisende Afrikaners het n\u00e1 1948 in die land se  onderwysstelsel gewerk. Hulle het nie net swartes nie, maar ook blanke  Engelse, van &#8216;n uitstekende skoolopvoeding voorsien. Op &#8216;n stadium was  tot die helfte van alle onderwysers by blanke Engelse skole Afrikaners  wat die bloedjies in hul moedertaal onderrig het. Asof hulle ooit vir  ons dieselfde sou doen!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom, Afrikaners het hulle tydens &#8220;apartheid&#8221; afgesloof om die  totale bevolking van hierdie land te probeer opvoed, ophef en van  waardes en dissipline te voorsien. Hiervoor het hulle stank vir dank  gekry. Soos Hermann Giliomee ook suggereer, is die hele tydvak van 1948 tot 1994 as &#8216;n  soort uitgebreide Nazistiese epog gebrandmerk. Die grotendeels vrye  pers het histeriese Engelse en Joodse joernaliste toegelaat om in hul  internasionale taal die hele w\u00eareld teen die klomp &#8220;dom, rassistiese  Afrikaner-Nazi&#8217;s&#8221; te vergiftig. Dis nou dieselfde idiote wat hul eie  kinders onderrig en met die kennis bewapen het, om nie net ongekende  professionele en materi\u00eble sukses te behaal nie, maar ook Afrikaners  soveel beter agterna te verguis en te verkleineer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder &#8220;apartheid&#8221; was die vier Engelse universiteite vir alle  praktiese doeleindes volkstate waar die Union Jack, of soms die hamer en  sekel, in die gees gewapper het. Rhodes, Wits, Kaapstad en Natal was  geheel en al onafhanklik en kon doseer wat hulle wil, aanstel wie hulle  wil, s\u00ea wat hulle wil &#8211; alles met rojale staatsubsidies van die  sogenaamde &#8220;apartheidsregering&#8221; waarop hulle aanhoudend gespuug het.  Elke jaar by Wits is daar &#8216;n luisterryke lesing gehou oor hoe daar &#8220;geen  akademiese vryheid&#8221; bestaan het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die eerste dinge wat die ANC-onderwysminister, Kader Asmal,  gedoen het, was om te sorg dat die Afrikaanse universiteite geensins  hierdie mate van outonomie en akademiese vryheid geniet nie en voortaan  deur die minister beheer sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke jaar vier ons Sharpeville en Soweto met vakansiedae waartydens  al die ou haat weer opgestook word, met allerlei propaganda-uitsendings  op die SAUK-TV en -radio. Vanoggend wonder ek so &#8216;n bietjie: As ons &#8216;n  vakansiedag moes h\u00ea vir elke datum in die geskiedenis waarop Engelse of  swartes van ons mense gedood of onregte teen ons gepleeg het, sou ons  nooit weer hoef te werk nie. Want daar sou nie genoeg dae in die jaar  wees om elkeen van hierdie ongelukkige gebeurtenisse te herdenk nie!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe ek &#8216;n klompie jare gelede vaagweg oor Verwoerd, soos Giliomee, ges\u00ea  het dat hy nie die monster was waarvoor hy vandag uitgekryt word nie,  het Leopold Scholtz van Die Burger my as &#8220;rassis&#8221; en  &#8220;apartheidsapologeet&#8221; getipeer. Giliomee moet hom waarskynlik teen soortgelyke  uitbarstings staal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verblydend is egter dat by verre die meerderheid lesersreaksies op  Rapport se webblad hom onomwonde steun. Daarom meen ek dat die stryd om  die openbare mening onder Afrikaners reeds gewen is. Daardie  &#8220;Afrikaanse&#8221; joernaliste en -akademici wat sedert 1994 en veral by  Naspers die ANC se geskiedenissienings klakkeloos napraat, het in  weerwil van hul magsposisies reeds invloed en geloofwaardigheid verloor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Myns insiens is dit iets wat ons almal reeds kan vier, &#8216;n belangrike mylpaal wat in die huidige stryd behaal is.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u0435\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>{jathumbnail off} Ek moet Hermann Giliomee gelukwens met sy artikel oor apartheid in Rapport Weekliks. Die ondenkbare moet inderdaad gedink word. Meer onlangs het ek begin wonder of demokrasie hoegenaamd &#8216;n voordeel in &#8216;n multi-etniese samelewing soos hierdie is. Dit lei noodwendig tot populisme, polarisering en geweld. Waarskynlik l\u00ea die ergste nog vir ons voor. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12835\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Giliomee breek &#8216;n lansie vir Verwoerd&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-12835","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12835","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12835"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12835\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12835"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12835"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12835"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}