{"id":12797,"date":"2012-06-18T05:50:08","date_gmt":"2012-06-18T05:50:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12797"},"modified":"2012-06-18T05:50:08","modified_gmt":"2012-06-18T05:50:08","slug":"grensoorlog-geopolities-nie-verniet-nie-ii","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12797","title":{"rendered":"Grensoorlog geopolities nie verniet nie II"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Geo verwys na aarde. Geo-politiek beteken: die aarde (geografie) be\u00efnvloed politiek, asook politiek (oorlog) beinvloed die aarde. Beide is waar.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geopolitiese Grensoorlog in Suider-Afrika, was bepalend vir watter staat op aarde die volgende soewereine supermoondheid sou word: Suider-Afrika onder die Afrikaners, of China onder die Chinese. Altwee kon nie tergelykertyd tot ekonomiese supermoondheid groei nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twee baie bekende leiers op die wereldtoneel het die uitkoms van die &#8220;globale&#8221; Grensoorlog nie net be\u00efnvloed nie, maar persoonlik bepaal. Hulle was Deng Xiaoping van China en Fidel Castro van Kuba.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As effektiewe leiers wat die geskiedenis van die w\u00eareld rigting gegee het, was Deng en Fidel in die klas van Hendrik Verwoerd, wat net soos eersgenoemdes ook die voorblad van The Times gehaal het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie hoofstuk oor die geopolitiek van die Grensoorlog handel oor Deng. Die volgende hoofstuk wat volg is oor Fidel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens en na die Grensoorlog, het Deng Xiaoping vir China weer op die w\u00eareldkaart geplaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deng het van China die supermoondheid gemaak wat dit vandag is. Daarvoor het Deng die VSA se hulp nodig gehad, wat die CIA en Nixon in 1972 belowe het, in ruil vir China as VSA-bondgenoot teen die Sowjet-Unie. Die Sowjet-Unie as supermoondheid was die gevolg van Engeland en die VSA se oorlogs-bondgenootskap met Rusland teen &#8216;n opkomende super-Duitsland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die uitbreek van die geopolitiese Grensoorlog in 1975, was China alreeds aan die VSA se kant, en had China daarom alreeds sy steun vanaf die MPLA na die FNLA en Unita in Angola oorgeswaai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gedurende die mees kritieke tydperk van die &#8220;globale&#8221; Grensoorlog in Desember 1975, het die president van die VSA vir China persoonlik besoek om sekuriteits-sake van globale en gemeenskaplike belang, die Grensoorlog, met China te bespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deng van China was baie bekommerd oor die Grensoorlog. Op daardie stadium was Kissinger voltyds besig met die bestuur van die Grensoorlog. Daarom het die VSA se Nasionale Staatsekuriteit-Adviseur, Brent Scowcroft, vir Kissinger en Ford na China vergesel. George Herbert Bush, latere hoof van die CIA en president van die VSA, was reeds in China.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kissinger se Grensoorlogplan was logies. Aangesien Pretoria letterlik alles kon verloor deur nie die magsvakuum in Luanda te vul nie, was dit logies dat Pretoria alles moontlik sou probeer om sy buurstad Luanda vanuit Suid-Wes te bereik en te beset. Dit was in belang van die VSA dat die Sowjet-Unie nie die magsvakuum in Angola vul nie, dus het Kissinger Pretoria se resies na Luanda gesteun.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kissinger moes egter ook sy Chinese bondgenootsbelang in ag neem. Sou Suid-Afrika Luanda beheer, sou Pretoria direk of indirek die hele Suider-Afrika beheer. Dan sou die Pretoria-Windhoek-Luanda-as geneig wees om die hele Suider-Afrika tesame met wit Rhodesi\u00eb, Mosambiek en samewerkende Bantoestans tot &#8216;n ekonomiese supermoondheid konfedereer en integreer, met gepaardgaande gevolge tot in die Kongo en Zambi\u00eb, en sou Deng se rasionele strategie om China met handelshulp van die VSA globaal-ekonomies te laat groei tot industri\u00eble supermoondheid, maar afhanklik van minerale hulpbronne uit onontwikkelde Afrika, verseker skipbreuk lei.  Industrialiserende China mog nie met die VSA se ander politieke vennote, naamlik Japan, Suid-Korea en Taiwan om beperkte hulpbronne in Suid-Oos Asie meeding nie. Daarom was China se groeiplan aan Afrika, insluitend Suider-Afrika gekoppel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deng het sy diep bekommernis so aan Kissinger, Scowcroft, Bush en Ford tydens die Grensoorlog-vergadering uitgedruk: &#8220;Suid-Afrika is die prim\u00eare probleem.&#8221; Deng wou net daar weet hoe die VSA die komplekse probleem sou kon oplos. Kissinger het eerlik geantwoord dat die VSA bereid is om: &#8220;Suid-Afrika uit te stoot sodra &#8216;n alternatiewe milit\u00eare mag geskep kan word.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">President Ford wou die bekommerde Deng dadelik verder tevrede stel en het bygevoeg: &#8220;Ons het niks te doen gehad met die Suid-Afrikaanse betrokkenheid nie, en sal aksie neem om Suid-Afrika uit te kry,  sodra &#8216;n balans gehandhaaf kan word vir hulle om nie in te wees nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Week voor daardie Grensoorlogvergadering in China op 3 Desember 1975, het Kissinger en Ford se &#8220;geskape alternatiewe mag&#8221; om Suid-Afrika se milit\u00eare oppermag in Angola te balanseer, reeds Pretoria se opmars na Luanda by Ebo gestuit.  Daardie balanserende mag was Kuba onder leiding van Fidel Castro.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die CIA het Fidel toegelaat om voortdurend spesialiste en troepe baie ver vanaf Kuba na Afrika te laat vlieg en vaar, met die doel om Pretoria se permanente besetting van Luanda te stuit, en Suid-Afrika se milit\u00eare mag in Angola te balanseer, ter wille van die VSA se nuwe bondgenoot teen die Sowjet-Unie, die geniale Deng Xiaopeng van China, briljante beplanner van China se opkomende mag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In werklikheid het Fidel Castro in die Grensoorlog dus nie teen die VSA nie, maar onbewustelik vir die VSA geveg. Beide die bewyse en die magsuitkomste bestaan. Hoe sou Fidel vandag reageer as Afrikaners dit in &#8216;n medelydende skrywe aan hom sou oordra? Sou Fidel &#8216;n ewig ongelukkige dood sterf?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Miskien sal Fidel se hart gaan staan by sulke ironiese nuus, want niemand op aarde het meer gedoen om die Grensoorlog te &#8220;wen&#8221;, as Fidel Castro self nie. Nie een keer nie, maar twee keer in sy lewe het Fidel persoonlik vir die manjifieke Suid-Afrikaanse oorlogsmasjien verhoed om Luanda te beset, deur self die Kubaanse operasies in Angola deur die dag en nag te bestuur. Beide kere was &#8216;n bo-menslik briljante Fidel suksesvol teen die &#8220;Boere&#8221; van Afrika, die mees gedugte gevegsmag in die Suider-Afrikaanse bos gedurende die 20ste eeu.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen die einde van die 20ste eeu, drasties anders as aan die begin daarvan tydens die ABO, was lugdominansie in oorlogvoering egter deurslaggewend. By gebrek aan lugdominansie in 1988 se tweede kritieke tydperk in die tweede en laaste stryd om Luanda, politieke oorlewing en 21ste-eeuse w\u00eareldmoondheid, het Pretoria sy heel laaste gevegskaart gespeel, en vir VSA-satelliete &#8216;n kernbomtoetsskag oopgemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daaroor, en oor Fidel Castro se fantastiese avonture in Afrika tot voordeel van China, &#8216;n volgende keer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In nog &#8216;n latere aflewering meer oor waarom die bekende Lockerbie-lugramp alles met die geopolitiese Grensoorlog te doen gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke Jan Rap en sy maat is geregtig op sy persoonlike geloofsopinie omtrent die Grensoorlog, maar feit is dat die Grensoorlog die pad oopgemaak het vir die geopolitieke konflikte van die grootste supermoondhede van die 21ste eeu, en dat die Koue-Oorlog Grensoorlog se gevolge nog met ons, ons kinders en kleinkinders sal wees, so ook met die van elke ander nasionaliteit op aarde.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/filchakov-aleksandr\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Geo verwys na aarde. Geo-politiek beteken: die aarde (geografie) be\u00efnvloed politiek, asook politiek (oorlog) beinvloed die aarde. Beide is waar. Die geopolitiese Grensoorlog in Suider-Afrika, was bepalend vir watter staat op aarde die volgende soewereine supermoondheid sou word: Suider-Afrika onder die Afrikaners, of China onder die Chinese. Altwee kon nie tergelykertyd tot ekonomiese supermoondheid groei &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12797\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Grensoorlog geopolities nie verniet nie II&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-12797","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12797","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12797"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12797\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12797"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12797"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12797"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}