{"id":12795,"date":"2012-06-17T13:06:30","date_gmt":"2012-06-17T13:06:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12795"},"modified":"2012-06-17T13:06:30","modified_gmt":"2012-06-17T13:06:30","slug":"kan-ons-vryheid-sonder-geweld-verkry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12795","title":{"rendered":"Kan ons vryheid sonder geweld verkry?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Gister  by \u2018n Vryheidsfrontvergadering was daar \u2018n ligte meningsverskil tussen  my en dr. Corn\u00e9 Mulder oor die gebruik van die woord \u201cgemeenskap\u201d  wanneer \u201cvolk\u201d bedoel word. Dis nie iets waaroor \u2018n mens gaan vuisslaan  nie, maar vir my is dit belangrik dat ons onsself met die regte terme  beskryf. Op die ou end het die hele party die woord \u201cgemeenskap\u201d verkies  sodat ek aan die woorde van mev. Margaret Thatcher herinner is: \u201cEk het  my in \u2018n minderheid van een bevind.\u201d Darem nie heeltemal een nie, want  twee ander mense (uit 77) het ook ten gunste van my voorstel gestem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarom  is terme belangrik? Soos dit vir my lyk, is die howe en veral die  internasionale tribunale soos die Internasionale Hof in Den Haag miskien  nog die laaste plekke waar die Afrikanersaak verdedig kan word. Vandaar  my puntenerigheid oor woorde. Want hoewel die woord \u201cgemeenskap\u201d in die  SA Grondwet staan en daarmee etniese of \u201ctaal- en kultuurgemeenskappe\u201d  bedoel word, beskik die begrip \u201cgemeenskap\u201d oor geen regskrag in die  volkereg nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tien  jaar gelede was daar meningsverskil oor die situasie waarin die  Suid-Afrikaanse blankes hulself bevind. Toe is \u2018n mens daarvan beskuldig  dat jy reaksion\u00ear is as jy die skrif aan die muur sien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dieselfde  dinge wat ek \u2018n dekade gelede op die internet geskryf het, lees ek  egter vandag in die Nasperskoerante. Dit wil s\u00ea dat die werklikheid van  ANC-korrupsie en -rasseoorheersing so skreiend geraak het dat selfs nie  eens die apologete van mnr. FW de Klerk en sy oorgawepolitiek dit vandag  meer kan ontken nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  1994 \u2018n groteske fout was, dan is die groot vraag natuurlik: Hoe gemaak  om hieruit te kom? Die ANC en die hele swart elite, asook die  verskeidenheid Moslem-, Indi\u00ebr- en (helaas, ook) Afrikaner-aasdiere wat  aan die karkas van Suid-Afrika knaag, sal sekerlik nie sonder slag of  stoot hul huidige posisie prysgee nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  moet s\u00ea dat ek weinig vertroue in Afrikaners het as dit by die huidige  stryd kom. Ons mense is in die laaste instansie wetsgehoorsaam en daarom  het alle vorme van rebellie of opstand deur die geskiedenis onder  Afrikaners misluk. Net wanneer die Afrikaner se optrede deur staatsmag  en verkieslik ook deur die Kerk gesanksioneer word, is hy bereid om  daadwerklik op te tree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Noem  dit die erfenis van Calvinisme, of wat ook al, maar dis \u2018n feit. \u2018n  Mens kan Afrikaners nie eens oorreed om te betoog nie, wat nog te s\u00ea om  soos Lenin dit gestel het, \u201coor te gaan tot die hoogste vorm van  &#8230;bewussyn, gewapende opstand\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enkele  jare gelede het Pallo Jordan of iemand in die ANC gespog oor hoe  lafhartig en apaties die Afrikaners is, of \u201cdie setlaars\u201d soos hy ons  genoem het. Met groot stelligheid het die ANC-woordvoerder verklaar:  \u201cThe will to resist is simply not there.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n  Vriend van my wat onlangs moedeloos Australi\u00eb toe ge\u00ebmigreer het,  beskryf Afrikaners as die vreemdste mense op aarde. Hulle het drie eeue  lank gestry om \u2018n stukkie aarde mak en beskaaf te maak en dit toe met \u2018n  pennehaal weggeteken. As \u2018n Palestyn deur \u2018n Israeli doodgemaak word,  bars woede los en eggo dit tot in die Veiligheidsraad van die Verenigde  Nasies. As \u2018n Jood deur \u2018n Palestyn gedood word, voer die Israelse  Lugmag goedsmoeds \u2018n bombardement op die Gasastrook uit. Twee volkere  baklei in die Midde-Ooste tot die dood toe oor \u2018n stukkie aarde wat soos  \u2018n Karoodorp en distrik lyk. As FW de Klerk of Pik Botha Jode was, sou  hulle al voor brekfis die vredesooreenkoms geteken en Jerusalem met \u2018n  glimlag aan Hamas oorhandig het!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gister  is die sogenaamde \u201cJeugdag\u201d gevier. Dit het ons herinner aan \u2018n tyd in  1976 toe die swart jeug van Soweto so opstandig geraak het oor hulle  bietjie Afrikaans moes leer (en nie eens nie, want die besluit is nooit  deurgevoer nie), dat hulle \u2018n paar blanke amptenare doodgemaak en daarna  biersale en skole begin afbrand het. Tot vandag toe herdenk hulle die  toevallige dood van Hector Peterson wat per abuis deur \u2018n polisiekoe\u00ebl  gedood is. \u2018n Hele mite is rondom hierdie gebeure gekonstrueer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  ons Afrikaners verduur die gruwelike dood van ons kinders met \u2018n  sto\u00efsynse gelatenheid. Ons het al vergeet hoeveel van ons kinders wat  oor die afgelope tyd vermoor is, soos Danielle Esterhuizen,  Willemientjie Potgieter en Wiehan Botes van Delmas. Hul name verdwyn in  die vergetelheid. \u00d3f ons het baie gevoelloos geword, \u00f3f ons is regtig  die uitverkore Christelike volk, want om die ander wang te draai, het by  ons tweede natuur geword.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  raak baie meer harstogtelik oor rugby as oor die diskriminasie,  verengelsing, plaasmoorde en ander onregte wat ons moet verduur. &nbsp;Soos  my emigrantevriend dit stel: \u201cN\u00e1 die plaasmoord gaan ons begrafnis toe;  ons huil \u2018n bietjie en daarna is alles weer reg.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Historici  en sielkundiges gaan nog in die toekoms boeke vol skryf oor die soort  psigopatie of masochisme waarin Afrikaners kollektief versink het. Ons taal, kultuur,  selfs ons lewens, traak ons skynbaar nie meer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom  is ek daarvan oortuig dat ons toekoms in die hande van \u2018n baie klein  groepie mense verkeer. Soos ek \u2018n tyd gelede geskryf het, is ons amper  weer terug in 1877 toe die bre\u00eb bevolking &#8211; en veral die winkeliers wat  wou geld maak &#8211; Sir Theophilus Shepstone se anneksering van die  Transvaal aanvaar en goedgepraat het. Net Paul Kruger en \u2018n klein  groepie rondom hom het dit nie aanvaar nie. Sonder geld of werklike  steun, het hulle met die Britte oor hul verlore vryheid gaan  argumenteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eerskomende  Dinsdag gaan die sanger Bobby van Jaarsveld blykbaar \u2018n betoging by die  Uniegebou teen geweld lei. Daar was al vele sulke betogings en soos  gewoonlik sal \u2018n klein groepie gemotiveerdes opdaag, terwyl die res  aangaan asof niks met ons lewens skort nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om  Pieter Mulder se vraag in sy boek te beantwoord: Afrikaners kan nie  toi-toi nie. Ons sal \u2018n ander terrein van stryd moet kies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom  spook die gedagte van strategiese hofsake wat hier en internasionaal  gevoer word reeds geruime tyd by my. Onlangs het die ANC, ondanks \u2018n  span slim Joodse advokate soos Gilbert Marcus of Matthew Chaskalson wat  gewoonlik regstaan om sy sake vir hom te veg, nie wonderlike sukses in  die howe behaal nie. Hoewel, in die tagtigerjare toe die Defence and Aid  Fund in die geheim sy Sweedse en Britse geld na die linkse advokate van  die Johannesburgse Balie gekanaliseer het, het die ANC bewys dat die  regstelsel gebruik kan word om die staatsgesag te ondermyn. Op \u2018n  stadium in die tagtigerjare het die helfte van Johannesburg se 600  advokate blykbaar vir die ANC gewerk om politieke hofsake in die howe te  voer. Dink maar aan Sydney Kentridge se vertoning tydens die Steve  Biko-debakel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Natuurlik het Helen Zille en haar redakteur by die Rand Daily Mail,  die Afrikanerhater Alistair Sparks, \u2018n sleutelrol gespeel om die  omstandighede van Biko se dood w\u00eareldkundig te maak, maar sonder  Kentridge se vertoning in die hof sou die NP-regering nooit so \u2018n  propagandaneerlaag gesmaak het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Solidariteit  en Afriforum het tot dusver ook die howe goed gebruik om byvoorbeeld  Julius Malema se \u201cKill a Boer\u201d-liedjie verbied te kry. Maar op \u2018n manier  was dit almal \u201cveilige\u201d sake, sonder risiko. Watter regter gaan in elk  geval \u2018n uitspraak lewer dat dit in die haak is om rassegevoelens in  Suid-Afrika met sulke liedjies op te sweep? Hoewel ek die dag daar by  die Johannesburgse Hooggeregshof was om aan te hoor hoe Gilbert Marcus,  broer van die Reserwebankgoewerneur Gill Marcus, met bak arms  argumenteer dat \u201cdie liedjie nie letterlik opgeneem behoort te word  nie\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n  Meer intellektuele en aktivistiese organisasie soos PRAAG behoort egter  die regstryd veel verder te voer, om ook die filosofiese grondslae van  hierdie hele bestel aan te val. Die volkereg is aan ons kant. Maar ook,  op \u2018n manier, die Grondwet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr.  Pieter Mulder, wat deurentyd kontak met ANC-ministers het, het onlangs  voor die Kaapse Persklub ges\u00ea dat die ANC vas van plan is om die  Grondwet te verander aangesien daar volgens hulle \u201ctragiese beperkings\u201d  daarin bestaan. Hulle sou eenvoudig op blanke eiendom beslag wou l\u00ea,  sonder grondwetlike beslommernisse.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl  die Grondwet nog in sy huidige vorm bestaan, voel ek ons moet dit  gebruik om bepaalde beginsels erken te kry, wat vir die Afrikaner op die  duur selfbeskikking kan bewerkstellig. Selfs kulturele selfbeskikking  in die vorm van eie skole, universiteite en hospitale, sal tans \u2018n  daadwerklike verskil aan ons lewens kan maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou  hoor ek onmiddellik \u2018n koor stemme wat opgaan en s\u00ea: maar die Afrikaner  wil nie selfbeskikking h\u00ea nie! Hy is tevrede om vir die DA se ietwat  meer afgewaterde vorm van sosialisme en \u201cnasiebou\u201d te stem en die  ongerief van korrupsie, geweld, regstellende aksie en ho\u00ebr plaaslike  belastings te verduur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs  al verkies die meerderheid Afrikaners onvryheid en oorheersing, is daar  steeds \u2018n minderheid (200 000? 500 000? een miljoen?) wat nie bereid is  om van alles waarvoor ons voorouers geveg het, afstand te doen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al  is daar net tien of twintig Afrikaners oor wat hulself as draers van  die Afrikaner se vryheidstrewe beskou, is dit genoeg om \u2018n aansoek in  die Grondwethof of in allerlei internasionale howe te bring. Immers  beskik ons, by wyse van die feit dat ons Afrikaans praat en van die  pioniers en Boere van die republieke afstam, oor locus standi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  hoef ook nie een, groot saak te gaan veg waarvan alles afhang en wat  tienmiljoene rande mag kos nie. Ons kan klein begin, deur bloot die  regte beginsels op skrif te formuleer en die howe te versoek om  erkenning daaraan te verleen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook  moet ons by die taal begin. Dat ons daarin geslaag het om Afrikaans \u2018n  nasionale gesprekspunt te maak, moet as een van die Afrikaner (en PRAAG)  se weinige suksesse oor die afgelope twee dekades gereken word.  Afrikaans definieer ons en grens ons van die res van die land se  bevolking af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">PRAAG gaan hiermee die voortou neem, net soos dit twaalf jaar gelede met die taalstryd die geval was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net  vanoggend twiet ek op Twitter en laat val iets op Facebook oor Jan  Smuts. By die skryf hiervan, tref dit my dat alles wat die Nasionale  Party in die twintigste eeu vir die Afrikaner verkry het, soos eie  skole, toegang tot die staatsdiens, erkenning vir ons taal en kultuur,  ens., deur die Nasionale Party self in 1994 tot niet gemaak is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al  regte wat daar vir ons oorbly, is ons universele regte binne die  volkereg. En natuurlik was Smuts een van die stigters van die Verenigde  Nasies en het hy \u2018n groot rol gespeel om die volkereg n\u00e1 die tweede  w\u00eareldoorlog te vestig&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is  dit nie ironies dat Smuts, die groot Sap, dalk s\u00f3 die grondslag vir  blanke oorlewing gel\u00ea het, eerder as die Nasionale Party wat op die ou  end alles waarvoor hy gestaan het oorboord gegooi en ons volledig aan  die genade van die ANC oorgelaat het nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Suid-Afrikaanse Grondwet is vir my vol allerlei foute, verkeerde terme  (soos \u201cgemeenskappe\u201d) en teenstrydighede, maar gelukkig is dit ook  ondergeskik aan die volkereg en die internasionale konvensies wat die  ANC-regering almal onderteken het. Die spook van Jan Christiaan Smuts en  sy formidabele intellek dwaal steeds deur die Verenigde Nasies. Hy was  tegelyk regsgeleerde, wetenskaplike, filosoof en liefhebber van Goethe  en Walt Whitman se po\u00ebsie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n  Mens kan nie \u2018n intellektuele debat in die Suid-Afrikaanse politiek  voer nie. Eerstens is daar Naspers wat die Afrikaanse media beheer en so  iets nie sal toelaat nie. Die parlement is \u2018n plek waar mense slaap,  laat kom of glad nie opdaag nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  enigste oorblywende plek waar \u2018n mens min of meer politiek volgens  Westerse of beskaafde re\u00ebls kan bedryf, is die howe. Die ANC beheer die  staatsdiens, die polisie, die weermag en die parlement. Die een  staatsinstelling wat hy nie volkome beheer nie, is die howe. Vandaar sy  versugting dat die howe spoedig \u201cgetransformeer\u201d moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">PRAAG en sy regspan berei tans \u2018n hofaansoek voor waarin ons ons op sowel die Grondwet as die volkereg sal beroep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Miskien  verkry ons iewers uit die buiteland steun vir so iets, soos wat die ANC  vir sy hofsake rojaal van oorsee befonds is. Maar ons kan nie daarop  reken nie. Om die proses aan die gang te kry, sal daardie minderheid  vryheidsgesinde Afrikaners so \u2018n aksie moreel en finansieel moet  ondersteun. Eintlik is dit ons enigste hoop.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gister by \u2018n Vryheidsfrontvergadering was daar \u2018n ligte meningsverskil tussen my en dr. Corn\u00e9 Mulder oor die gebruik van die woord \u201cgemeenskap\u201d wanneer \u201cvolk\u201d bedoel word. Dis nie iets waaroor \u2018n mens gaan vuisslaan nie, maar vir my is dit belangrik dat ons onsself met die regte terme beskryf. Op die ou end het die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12795\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kan ons vryheid sonder geweld verkry?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-12795","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12795","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12795"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12795\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12795"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12795"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12795"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}