{"id":12792,"date":"2012-06-17T07:14:20","date_gmt":"2012-06-17T07:14:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12792"},"modified":"2012-06-17T07:14:20","modified_gmt":"2012-06-17T07:14:20","slug":"integrasie-is-eksistensiele-slawerny","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12792","title":{"rendered":"Integrasie is eksistensi\u00eble slawerny"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Een voordeel om in Europa te woon is dat &#8216;n mens &#8216;n beter oorsig kry oor die geskiedenis van volkere wat streef om saam met mekaar te probeer leef. Waar Suid-Afrika al honderde jare probeer om sy etniese geskille by te l\u00ea, begin Europa nou eers, en soos die ou spreekwoord lui is die duiwel juis in die detail. Waar Suid-Afrika vandag is, sal Europa waarskynlik teen die einde van die eeu wees, en ek het die voordeel gehad om hierdie proses in Suid-Afrika en in Europa in sy verskillende bloeifases mee te maak.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Egter, los beskou van die demografiese aspek het die volgende my aandag begin trek: Ons weet deesae waar volkere maniere soek om te integreer, staan kommuniste en hul liberale kamerade voor die deur soos ongenooide gaste om hul beterweterigheid en valse sofisme op ander af te dwing. Die &#8220;benadering&#8221; wat hulle voorstaan is dikwels oppervlakkig, bloedarmoedig en en juis ontkennend van die ho\u00ebr kultuurfunksies wat volkere as heilig beskou, terwyl &#8216;n mens se hele singewing, identiteit en belewenis van hierdie ho\u00ebr funksies afhang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskillende kulture het verskillende fondamente waarop hul lewensbeskouing gebaseer is. Oswald Spengler het byvoorbeeld aan ons gewys hoe die Westerse mens &#8216;n Faustiaanse siel het. Met Faustiaans verwys hy na die oerlegende doktor Faust wat voortdurend na wysheid en geleerdheid gestreef het maar hierdie nooit kon bereik nie. Die Westerse mens is nogal tragiese wesens in sy o\u00eb, omdat ons voortdurend streef na dit wat ons nie kan vermag nie. Hierdie w\u00eareldgevoel van die Westerse mens word weerspie\u00ebl in die manier waarop ons ons geloof bely en selfs ons kerke simboliseer hierdie siel. As ons kyk na die argitektuur van Neogotiese katedrale uit die vyftiende en sestiende eeu, sien ons hoe eindeloos hoog die gewelve gebou is. Selfs die moderne Protestantse kerke het spitstorings op om ons te herinner aan ons Faustiaanse siel wat voortdurend reik na die eindelose.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van hieruit het ook ons begrip van wetenskap ontstaan. Juis omdat ons denke op die eindeloosheid gerig is, het ons wetenskap ontwikkel uit die behoefte om afstande te oorbrug. Begrippe soos kousaliteit (oorsaak en gevolg), Newtoniaanse fisika soos krag en massa, en Einstein se relatiwiteitsteorie is alles uitvloeisels van hierdie w\u00eareldgevoel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As teenstelling tot die Faustiaanse siel het Spengler ook gekyk na die Arabiese\/Islamitiese siel, en dit het hy die Magiaanse siel genoem. Waar die Westerse mens die eindeloosheid as ori\u00ebntasie het, het die Arabiese\/Islamitiese mens juis die geslote ruimte as ori\u00ebntasiepunt. Die Profeet Muhammed het gereeld teruggetrek in die grot Hira waar hy die boodskap ontvang en bely het. Dit veroorsaak dat die ruimtelike ori\u00ebntasie van die Islam in die vorm van &#8216;n grot is, en die argitektuur van moskees en ander Islamitiese kunswerke weerspie\u00ebl hierdie w\u00eareldgevoel, wat gesien kan word met &#8216;n ronding wat effens spits aan die bokant. Waar Westerse kerke eindeloosheid benadruk, l\u00ea die klem by moskees op die veilige ingeslotenheid. Vanuit hierdie w\u00eareldgevoel het die nadruk by die Arabies\/Islamitiese mens gel\u00ea op die ontdekking van substansies as middel tot die hoogste heil en vryheid. Dit verklaar waarom die Arabiese mistici alchemie ontwikkel het, wat later aanleiding gegee het tot moderne skeikunde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met hierdie in gedagte maak dit sin waarom Spengler geargumenteer het dat alle wetenskappe afhanklik van geloof is. &#8216;n Mens kan eintlik stel dat wetenskap uit geloof groei soos blare uit &#8216;n boom. Daarom is argumente wat wetenskap en ate\u00efsme bo geloof wil stel op den duur gedoem om te misluk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat integrasie van verskillende kultuurgroepe betref, sit ons met &#8216;n probleem. Aangesien die basiese fondamente van menslike singewing verskil, is dit vanselfsprekend dat die topstrukture ook anders lyk. Vervolgens \u2013 in &#8216;n jammerlike poging om integrasie tog te laat slaag \u2013 gaan die progressiewe radikales (die &#8216;tenured radicals&#8217;) aan die ho\u00ebr onderwysinstellings en diverse denktanks probeer om sommige gemeenskaplike eienskappe te benadruk en die eienskappe wat verskil te ontken, in &#8216;n poging om die bedrading van die verskillende waardestrukture aan mekaar te koppel. Dit is hier waar kulture op &#8216;n hellende vlak geplaas word en stadigaan begin om ten onder te gaan. Uiteindelik sal die radikales begin insien dat die enigste manier om sterk uiteenlopende kulture met mekaar te integreer daaruit sal bestaan om die ho\u00ebr, singewende eienskappe te ontken en om die basiese eienskappe van albei te benadruk. Dit kan gesien word dat mense steeds meer begin leef vir mater\u00efele gewin en korttermyn behoeftebevrediging&#8230;eienskappe wat ewe aanloklik is vir mense dwarsoor die kultuurspektra heen. Mense se laer vryhede word benadruk en hul ho\u00ebr vryhede word met minagting verwerp omdat hierdie ho\u00ebr vryhede kwansuis bestaan uit opvattings wat tot konflik lei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is hier waar eksistensi\u00eble slawerny sy intrede begin maak. Aangesien die moderne mens vervreemd raak van sy ho\u00ebr vryhede, weet hy nie hoe om sy laer vryhede, d.w.s. sy onmiddelike behoeftebevrediging te hanteer nie. Ander kulture kan ook nie dikteer hoe volke moet omgaan met hul laer vryhede nie, aangesien die betekenis wat daaraan gegee word, asook die beskikbaarheid van skaars hulpbronne, belangrike verskille tussen kulture teweegbring. Onder ideale omstandighede moet die ho\u00ebr en laer vryhede in harmonieuse verband saamwerk om te sorg dat die indiwidu en sy nageslag met die nodige integriteit en kennis kan voortgaan, en slegs die wyshede van die eie kultuur kan hierdie harmonieuse samewerking oordra op &#8216;n manier wat betekenisvol is vir die indiwidu binne sy groep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hieruit blyk duidelik dat die bekende Marxistiese stelling dat geloof die opium van die massa is, eintlik baie skadeliker is as wat ons dink. Jou ho\u00ebr vryhede, wat deur geloof oorgedra word, dien as &#8216;n kompas om jou op die regte pad te hou. Dit help jou ook om behoedsaam te wees op die lang termyn om jou oorlewing maksimaal te waarborg. Iemand wat in &#8216;n staat van eksistensi\u00eble slawerny verkeer se leefw\u00eareld is beperk tot diverse benaderings tot sy laer vryhede sonder om rekening te hou met die langtermyn skade wat hy kan oploop. Selfs al is hy bewus van moontlike skade, interesseer dit hom nie, omdat dit ver van sy onmiddelike belewenis af is. Hierdie persoon se wilskrag begin ontbreek om sy lot te verbeter, of hy besef nie waarvoor hy hom moet inspan nie, met vervolgens &#8216;n onvermo\u00eb om sy ho\u00ebr ambisies te verwesenlik. Blykbaar staan dit ook in die Talmoed \u2013 geskrifte van Joodse geleerdheid \u2013 dat slawe &#8216;n seksuele obsessie het. Hierdie kan ook gesien word as &#8216;n manier om die ledigheid van hul bestaan te vul, aangesien &#8216;n meer sinvolle lewensdoel ontbreek. Byvoorbeeld, die alombekende Rodney King opstande in Los Angeles in 1992 het ook aangegaan en abrupt ge\u00ebindig toe die welsyntjeks uitgedeel was aan die einde van die maand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandaar is dit &#8216;n goeie idee om rekening te hou met ons ho\u00ebr vryhede wat hoofsaaklik vanuit &#8216;n mens se eie, bekende kultuur oorgedra kan word. Om toe te gee aan die dapper nuwe M-TV w\u00eareld, waar tienerswangerskappe en puberale onnoselheid opgehemel word baan uiteindelik die weg na maatskaplike ondergang. Waar eksistensi\u00eble slawerny ontstaan volg werklike slawerny in die afsienbare toekoms. Hierdie feite weet mense byna instiktief, en kan ons hieruit konkludeer dat volkere in elk geval gaan teruggryp na die bron van hul eie kultuur en singewing wanneer integrasie duidelik groteske proporsies begin aanneem.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/zaxid.net\/viktor_shokin_zvilniv_prokurora_harkova_n1341826\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een voordeel om in Europa te woon is dat &#8216;n mens &#8216;n beter oorsig kry oor die geskiedenis van volkere wat streef om saam met mekaar te probeer leef. Waar Suid-Afrika al honderde jare probeer om sy etniese geskille by te l\u00ea, begin Europa nou eers, en soos die ou spreekwoord lui is die duiwel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12792\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Integrasie is eksistensi\u00eble slawerny&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43],"tags":[],"class_list":["post-12792","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12792","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12792"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12792\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12792"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12792"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12792"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}