{"id":12780,"date":"2012-06-14T05:42:12","date_gmt":"2012-06-14T05:42:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12780"},"modified":"2012-06-14T05:42:12","modified_gmt":"2012-06-14T05:42:12","slug":"opstand-by-binnelandse-sake-zandspruit-smeul","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12780","title":{"rendered":"Pretoria, Zandspruit, Aston smeul"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die polisie is Woensdag ingeroep om &#8216;n gewelddadige oproer by Tshwane se tussentydse vlugteling-ontvangskantoor in Pretoria stop te sit, het die departement van Binnelandse Sake ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ronnie Mamoepa, woordvoerder, het ges\u00ea die oproerigheid het verkeer en sake in die gebied ontwrig en verskeie voertuie is &#8220;met klippe bestook&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die betoging is begin deur Ethiopiese burgers wat &#8220;na bewering nie wou toustaan vir dienste nie&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;&#8216;n Besluit is gemaak om operasies by die sentrum vir die dag te staak, met slegs vroue, kinders en die mees weerbares wat gehelp is.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mamoepa het ges\u00ea Fatima Chohan, adjunkminister van Binnelandse Sake, sal met senior beamptes in die departement vergader om Woensdag se gebeure te bespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongeveer 1 000 vlugtelinge het Woensdagoggend by die fasiliteit opstandig geraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kapt. Louise Reed, polisiewoordvoerder, het ges\u00ea die vlugtelinge is ongelukkig oor die manier waarop hulle by die kantore behandel word en het &#8220;oproerig&#8221; geraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle het &#8216;n paar bande verbrand, maar dit was dit. Sommige van hulle is steeds daar en onderhandel blykbaar met die hoof-mense [van die kantoor]. &#8216;n Helikopter het oorgevlieg en &#8216;n rowwe skatting van die betogers gemaak. Ons kan s\u00ea dat daar ongeveer 1 000 mense daar was, maar dit is nou alles verby en sover ek weet is niemand beseer nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die organisasie Lawyers for Human Rights het ges\u00ea die betoging het net na 06:00 begin, toe beamptes by die kantoor na bewering geweier het om die vlugtelinge te help.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die betoging is blykbaar gemotiveer deur die swak toegang tot die fasiliteit en die onvermo\u00eb van asielsoekers en vlugtelinge om die dienste te kry wat veronderstel is om deur daardie kantoor voorsien te word,&#8221; het die organisasie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle sal volgende week moet terugkeer indien hul permitte nie vandag hernu word nie, wat baie van hulle in &#8216;n ernstige situasie plaas, waar hulle moontlik in hegtenis geneem en aangehou sal word as hul permitte verval.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die polisie monitor steeds die situasie in Zandspruit waar Beyers Naud\u00e9-rylaan gedeeltelik gesluit is Donderdagoggend, het die Johannesburgse metropolisie ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Betogers het voortgegaan om bande aan die brand te steek en Beyers Naud\u00e9-rylaan is gedeeltelik gesluit tussen Juice en Peterweg,&#8221; het woordvoerder Hoofsuperintendent Wayne Minnaar ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is &#8216;n swaar polisie teenwoordigheid en motoriste word aangeraai om die gebied te vermy en Malibongwerylaan en Hendrik Potgieter as alternatiewe gebruik.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Woensdag het betogers Beyers Naud\u00e9-rylaan afgesper met klippe en rotse en klippe na motors gegooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die situasie in Aston in die Boland was gisteraand nog gespanne n\u00e1  inwoners van die Zolani-township oor huise betoog het. Die  polisiewoordvoerder, November Filander s\u00ea &#8216;n groep mense het vroe\u00ebr  klippe gegooi en &#8216;n munisipale gebou beskadig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle het ook van die  paaie in die gebied versper.  Filander s\u00ea polisieversterkings van ander  polisiestasies is ingeroep.  Hy s\u00ea &#8216;n saak van openbare geweld is  aanhangig gemaak.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mykharkov.info\/news-companies\/furshety-s-klassom-udobno-raznoobrazno-i-dostupno-78181.html\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die polisie is Woensdag ingeroep om &#8216;n gewelddadige oproer by Tshwane se tussentydse vlugteling-ontvangskantoor in Pretoria stop te sit, het die departement van Binnelandse Sake ges\u00ea. Ronnie Mamoepa, woordvoerder, het ges\u00ea die oproerigheid het verkeer en sake in die gebied ontwrig en verskeie voertuie is &#8220;met klippe bestook&#8221;. Hy het ges\u00ea die betoging is begin &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12780\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Pretoria, Zandspruit, Aston smeul&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12780","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12780","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12780"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12780\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12780"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12780"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12780"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}