{"id":12742,"date":"2012-06-07T06:51:27","date_gmt":"2012-06-07T06:51:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12742"},"modified":"2012-06-07T06:51:27","modified_gmt":"2012-06-07T06:51:27","slug":"anc-verwerp-jeugliga-se-grondaanspraak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12742","title":{"rendered":"ANC verwerp Jeugliga se grondaanspraak"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die ANC sal nie met die Jeugliga in gesprek tree oor die kwessie van grondhervorming nie, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Woensdag ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit sal nie nuttig wees om by gewelddadige polemiek betrokke te raak met die ANC-Jeugliga in die aanloop tot die ANC-beleidskonferensie nie. Die konferensie sal grondhervorming in detail aanspreek,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is nie die ANC se beleid om grond sonder vergoeding te onteien nie en persoonlik dink ek nie dit sal werk nie,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mantashe het gepraat by &#8216;n vergadering tussen die ANC en Suid-Afrikaanse boere in Morningside, Johannesburg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die party is in gesprek met beide kommersi\u00eble en opkomende boere om te help om &#8216;n suksesvolle landbou-omgewing in die land te skep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Grondverdeling [aan opkomende boere wat aanspraak maak op grond] moet saamgaan met dinge soos voedselvervaardiging en voedselsekuriteit.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mantashe is by die vergadering vergesel deur die minister van polisie, Nathi Mthethwa. Hy het ges\u00ea die kwessie van boere se veiligheid is &#8220;sydelings bespreek&#8221; tydens die vergadering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die TLU en Afriforum het Woensdag aangekondig dat hulle beplan om klagtes in te dien teen Ronald Lamola, adjunkpresident van die ANC-Jeugliga, oor opmerkings wat hy gemaak het oor grondhervorming.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lamola het Dinsdag ges\u00ea die Grondwet moet aangepas word om voorsiening te maak vir die onteiening van grond sonder vergoeding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het gewaarsku dat indien wit Suid-Afrikaners nie grond aan arm swart mense oorhandig nie, daar grondbesettings kan wees soos in Zimbabwe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Magdalene Moonsamy, woordvoerder van die ANC-Jeugliga, het ges\u00ea die groepe moet &#8220;gereedmaak vir die stryd van hul lewens&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons verwelkom hierdie stryd en ons sal nie terugval nie. Ons dring daarop aan dat hierdie kwessie van grond nie onderhandel kan word nie en ons sal in geen stadium terugdeins nie,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mantashe het ges\u00ea hy verkies om nie na &#8216;n video van AfriForum te kyk nie. Daarin word Suid-Afrikaners gevra om op te staan teen sekere ANC-beleidsrigtings, spesifiek oor grondeienaarskap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek het &#8216;n probleem met Afriforum. Hulle is soos Mynwerkersunie \u2013 &#8216;n rassistiese organisasie. Ek het geen behoefte om daarna te kyk nie. Ek sal slegs verras wees as hulle [Afriforum] iets anders doen.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die video, getiteld <em>ANC, the conmen<\/em>, beweer dat die ANC beplan om fundamentele veranderinge aan die grondwet te maak, wat die reg op die private besit van grond sal verwyder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die SABC het geweier om die video as &#8216;n betaalde advertensie te vertoon.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC sal nie met die Jeugliga in gesprek tree oor die kwessie van grondhervorming nie, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Woensdag ges\u00ea. &#8220;Dit sal nie nuttig wees om by gewelddadige polemiek betrokke te raak met die ANC-Jeugliga in die aanloop tot die ANC-beleidskonferensie nie. Die konferensie sal grondhervorming in detail aanspreek,&#8221; het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12742\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC verwerp Jeugliga se grondaanspraak&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12742","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12742","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12742"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12742\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12742"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12742"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12742"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}