{"id":12738,"date":"2012-06-07T06:28:10","date_gmt":"2012-06-07T06:28:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12738"},"modified":"2012-06-07T06:28:10","modified_gmt":"2012-06-07T06:28:10","slug":"cosatu-wil-buitelandse-wittes-uitjaag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12738","title":{"rendered":"Cosatu wil buitelandse wittes uitjaag"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die FW de Klerk Stigting is bekommerd oor &#8216;n onlangse verklaring deur Cosatu dat die toelating van buitelandse blanke studente tot Suid-Afrikaanse universiteite ingeperk behoort te word.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gedurende &#8216;n vergadering van di\u00e9 vakverbond se uitvoerende komitee verlede week, het Cosatu aanspraak gemaak op &#8220;meer aanvaarbare verhoudingsgetalle&#8221; tussen plaaslike en buitelandse studente. Cosatu het ges\u00ea dit wil h\u00ea dat universiteite voorkeur moet gee aan Suidelike-Afrika &#8211; eerder as buitelandse &#8211; studente. Die vakverbond s\u00ea dit glo dat die ho\u00eb getal buitelandse studente verhinder toegang vir plaaslike studente. By dieselfde vergadering het die vakverbond versoek dat &#8220;universiteit kampusse se gelykheidsteikens her-debatteer word sodat ons kan verseker dat plekke vir verdienstelike Afrika studente nie gevul word deur buitelandse wit studente nie&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika het ooreengekom &#8211; in terme van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) Protokol &#8211; dat 5% van die totale toelatings by Suid-Afrikaanse universiteite gereserveer moet word vir SAOG studente. Ons het alreeds hierdie teiken bereik. In 2010 was 46 496 (5.2%) vanaf SAOG lande afkomstig; &#8216;n verdere 10 986 (1.2%) was afkomstig van ander Afrika lande en 7 302 (0.8%) vanuit die res van die w\u00eareld. Die oorblywende 93.8% was Suid-Afrikaners gewees. Sedert 2003 het die persentasie studente wat afkomstig was vanuit die res van die w\u00eareld eintlik marginaal afgeneem, vanaf 1% tot 0.8%.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is gevolglik moeilik om te begryp waarom Cosatu vra vir &#8216;n verdere vermindering van die getalle van studente afkomstig vanuit die res van die w\u00eareld en waarom &#8211; in die besonder &#8211; dit spesifiek verwys na &#8220;wit studente&#8221;. Daar steek geen waarheid in Cosatu se betoog dat buitelandse wit studente Afrika studente verhoed om by ons universiteite te studeer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enigeiemand wat belangstel om die internasionale reputasie van ons universiteite te bevorder, moet op entoesiastiese wyse studente van regoor die w\u00eareld verwelkom &#8211; en nie slegs van Afrika nie. Ook, studente wat afkomstig is vanuit die res van die w\u00eareld betaal internasionale studiefooie (ongeveer R 60 000 per annum), in vergelyking met die R 35 000 &#8211; R 40 000 wat betaal word deur Suid-Afrikaanse en SAOG studente. Wil Cosatu aan ons s\u00ea dat Suid-Afrikaanse studente slegs blootgestel moet word aan studente wat afkomstig is van ons eie kontinent? Wil hulle nie buitelandse studente wat afkomstig is van Sjina, Indi\u00eb of Latyns-Amerika h\u00ea nie? Of is dit slegs wit studente vanuit die res van die w\u00eareld wie hulle wil uitsluit?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cosatu se uitlatings opper twee punte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eerstens, die outonomie van ons universiteite word ondermyn deur hierdie sort politieke inmenging. Die Wet op Ho\u00ebr Onderwys 101 van 1997 stel dit onomwonde dat die raad van &#8216;n openbare ho\u00ebr onderwysinstelling die toelatingsbeleid van daardie openbare ho\u00ebr onderwysinstelling bepaal, in oorlegpleging met dieselfde instelling se senaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tweedens is dit onaanvaarbaar om voor te stel dat internasionale studente uitgesluit moet word op grond van hul ras. Die grondliggende bepaling van nie-rassigheid in ons Grondwet is ewe toepaslik op buitelanders as op Suid-Afrikaners. Enige optrede om buitelandse studente van ons universiteite uit te sluit op grond van hul ras sal ons terugneem na die onaanvaarbare akademiese diskriminasie van die verlede. Daar is geen plek in ons samelewing en ons Grondwet vir die idee dat wit mense minder welkom in Suid-Afrika is as swart mense nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/13\/189150.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die FW de Klerk Stigting is bekommerd oor &#8216;n onlangse verklaring deur Cosatu dat die toelating van buitelandse blanke studente tot Suid-Afrikaanse universiteite ingeperk behoort te word. Gedurende &#8216;n vergadering van di\u00e9 vakverbond se uitvoerende komitee verlede week, het Cosatu aanspraak gemaak op &#8220;meer aanvaarbare verhoudingsgetalle&#8221; tussen plaaslike en buitelandse studente. Cosatu het ges\u00ea dit &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12738\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Cosatu wil buitelandse wittes uitjaag&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12738","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12738","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12738"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12738\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12738"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12738"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12738"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}