{"id":12735,"date":"2012-06-06T06:14:34","date_gmt":"2012-06-06T06:14:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12735"},"modified":"2012-06-06T06:14:34","modified_gmt":"2012-06-06T06:14:34","slug":"jeugliga-voorspel-grondgryp-op-wit-boere","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12735","title":{"rendered":"Jeugliga voorspel grondgryp op wit boere"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die Grondwet moet gewysig word om die onteiening van grond sonder vergoeding toe te laat, het die ANC-Jeugliga Dinsdag ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Al ons kwessies is daar vasgesluit in seksie 25 van die Grondwet,&#8221; het Ronald Lamola, adjunkpresident van die ANCJL, aan verslaggewers ges\u00ea in Centurion, Pretoria.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANCJL het beleid bespreek by &#8216;n werkswinkel oor die naweek voor &#8216;n ANC-beleidskonferensie later vandeesmaand. Die liga het besluit &#8216;n &#8220;minister van grondonteiening sonder vergoeding&#8221; moet aangestel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Seksie 25 van die Grond verwys na eiendomsregte en stippel voorwaardes uit vir die onteiening van grond met vergoeding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lamola het ges\u00ea die ANC moet nie jammer daarvoor s\u00ea dat hulle die grondwet verander nie \u2013 wat &#8216;n twee-derdes meerderheid in die parlement benodig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die ANC moet seksie 25 wysig sonder om om verskoning te vra aan enige belegger of enigiemand&#8230; die ANC moet sy eie grondwet wysig wanneer dit nodig is,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As wit Suid-Afrikaners nie grond aan arm swart mense oorhandig nie, kan grond gegryp word soos in Zimbabwe, het hy gewaarsku.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die aard van die ongelykhede&#8230; hulle skep &#8216;n situasie waar dit onmoontlik is vir ons om stabiliteit vol te hou,&#8221; het Lamola ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANCJL is nie ten gunste van &#8216;n jeugloonsubsidie nie en het ges\u00ea hy wil eerder &#8216;n werksoek-subsidie sien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal behels dat werklose jongmense gevoed word sodat hulle die energie het om te studeer en na werk te soek. Lamola het ges\u00ea d\u00edt het in Brasili\u00eb gewerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die nasionalisering van verskeie sektore van die ekonomie is onafwendbaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die hele w\u00eareld beweeg in die rigting van nasionalisering&#8230; nasionalisering is onafwendbaar. Elke samelewing wat ernstig daaroor is om ongelykhede te verander&#8230; is besig om te nasionaliseer&#8230;&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ondanks die ANCJL se o\u00ebnskynlike disorganisasie, met drie van sy top-vyf-leiers wat geskors is, het Lamola ges\u00ea die liggaam is steeds invloedryk binne ANC-strukture.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die Jeugliga is steeds &#8216;n baie invloedryke liga en &#8216;n kritiese liggaam van mening&#8230; dit bly &#8216;n baie belangrike organisasie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit beteken die ANCJL sal &#8216;n verandering in leierskap by die ANC-verkiesingskonferensie in Mangaung in Desember be\u00efnvloed, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Verandering by Mangaung is onafwendbaar&#8230; die ANCJL gaan die beleidskonferensie van die ANC be\u00efnvloed,&#8221; het Lamola ges\u00ea.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avonua.ru\/object\/transportirovka-komplektnogo-gruza-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Grondwet moet gewysig word om die onteiening van grond sonder vergoeding toe te laat, het die ANC-Jeugliga Dinsdag ges\u00ea. &#8220;Al ons kwessies is daar vasgesluit in seksie 25 van die Grondwet,&#8221; het Ronald Lamola, adjunkpresident van die ANCJL, aan verslaggewers ges\u00ea in Centurion, Pretoria. Die ANCJL het beleid bespreek by &#8216;n werkswinkel oor die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12735\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Jeugliga voorspel grondgryp op wit boere&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12735","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12735","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12735"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12735\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12735"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12735"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12735"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}