{"id":12730,"date":"2012-06-06T05:54:54","date_gmt":"2012-06-06T05:54:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12730"},"modified":"2012-06-06T05:54:54","modified_gmt":"2012-06-06T05:54:54","slug":"afrikaanse-skole-in-johannesburg-geteiken","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12730","title":{"rendered":"Afrikaanse skole in Johannesburg geteiken"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Vryheidsfront Plus is ingelig van nog &#8216;n Afrikaanse skool in Johannesburg, benewens die skole in die Randburg-omgewing, wat deur die onderwysowerhede geteiken word vir transformasie na Engels. Ouers van Laerskool Montanus in die Suide van Johannesburg het met sorg kennis geneem dat die skool geoormerk word vir transformasie deurdat graad een en twee klasse van volgende jaar af net in Engels onderrig gaan word. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlement\u00eare woordvoerder oor basiese onderwys, is hierdie deel van die program van die ANC om die Afrikaanse minderheid te ondermyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Laerskool Montanus is die laaste Afrikaanse laerskool in die Suide van Johannesburg en ouers van graad een en twee leerlinge sal dus van volgende jaar af op hulle eie onkoste hulle kinders na ander Afrikaanse skole moet vervoer. Die naaste Afrikaanse laerskool blyk in Alberton te wees, maar meeste ouers woonagtig in die Suide is behoeftige mense wat nie die vervoeronkostes kan aangaan nie,&#8221; het Alberts ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Verder bestaan &#8216;n groot komponent van die inwoners in die Suide uit Afrikaners en bruin mense wat Afrikaanstalig is. Hierdie verwikkeling is duidelik &#8216;n oorlogsverklaring teen Afrikaanse minderhede in Johannesburg en die VF Plus gaan met die onderwysowerhede in die verband skakel om die kwessie aan te spreek,&#8221; het Alberts verduidelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaanse gemeenskap in Johannesburg-Suid is so gebelgd oor die transformasie-aanval op Laerskool Montanus dat hulle bereid is om &#8216;n publieke protesaksie te loods indien alle onderhandelinge sou faal. Die VF Plus steun die Afrikaanse gemeenskap ten volle.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/public.nazk.gov.ua\/declaration\/20014fa6-b91c-41c7-8986-df50f6dd39eb\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Vryheidsfront Plus is ingelig van nog &#8216;n Afrikaanse skool in Johannesburg, benewens die skole in die Randburg-omgewing, wat deur die onderwysowerhede geteiken word vir transformasie na Engels. Ouers van Laerskool Montanus in die Suide van Johannesburg het met sorg kennis geneem dat die skool geoormerk word vir transformasie deurdat graad een en twee klasse &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12730\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikaanse skole in Johannesburg geteiken&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-12730","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12730","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12730"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12730\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12730"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12730"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12730"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}