{"id":12707,"date":"2012-05-31T05:56:23","date_gmt":"2012-05-31T05:56:23","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12707"},"modified":"2012-05-31T05:56:23","modified_gmt":"2012-05-31T05:56:23","slug":"mazibuko-pion-van-n-magshonger-zille","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12707","title":{"rendered":"Mazibuko, pion van &#8216;n magshonger Zille"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Omdat die DA nooit by die stembus sukses sal behaal nie, het Zille haar swart onderdaan ingestuur om &#8216;n sielkundige oorlog teen die president te voer.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Die DA se parlement\u00eare leier, Lindiwe Mazibuko, is Woensdag deur ANC-LP&#8217;s geboe en uitgejou toe sy President Jacob Zuma gevra het om nie vir &#8216;n tweede termyn te staan nie.<\/p>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het uitdrukkingloos gesit en luister toe Mazibuko hom in die Nasionale Vergadering uitgedaag het oor sy leierskap. Sy het ges\u00ea hy word &#8220;dikwels gedwing om te buig&#8221; voor die ANC se alliansievennote.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is duidelik aan elke Suid-Afrikaner dat die president se onvermo\u00eb om te lei sy vermo\u00eb om te regeer lamgel\u00ea het,&#8221; het Mazibuko ges\u00ea in &#8216;n toespraak wat vier maal deur haar opponerende LP&#8217;s onderbreek is met punte van orde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek glo die president het nie daarin geslaag om Suid-Afrika van regverdiging te voorsien oor waarom hy vir &#8216;n tweede termyn moet staan nie, wanneer sy eerste termyn so kort geval het van selfs die laagste verwagtinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Eerbare president, ter wille van jou land, sal jy selfbelang opsy skuif en jouself nie beskikbaar maak vir herverkiesing nie?&#8221; het Mazibuko gevra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ges\u00ea Zuma word dikwels gedwing om te buig voor &#8220;&#8216;n onverkose Cosatu en andere&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma is nie daartoe in staat om beleid te dryf wat teen die belange gaan van die uiteenlopende faksies wat hom president laat word het nie, het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Deur homself onbeskikbaar vir herverkiesing te stel, sal die president nie die meedo\u00ebnlose druk daarvan hoef te hanteer om sy posisie te verseker in wat &#8216;n ongenaakbare en uitgerekte magstryd sal word nie,&#8221; het Mazibuko ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy sal vry wees om te regeer as staatshoof en sal nie teruggehou word deur sy party se alliansievennote, wat al so baie gedoen het om hom te frustreer, nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mazibuko het ges\u00ea Zuma sal nooit daartoe in staat wees om sy outoriteit op die regering af te stempel nie, aangesien faksies binne die ANC nie &#8216;n gemeenskaplike doel nastreef nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n President en &#8216;n regering kan slegs lei wanneer hulle met een stem praat en soos een optree, het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die president moet die president van ons almal wees, nie net van die ANC nie. En hy moet regeer in die belange van almal, nie net van die ANC en sy alliansievennote nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika, het sy ges\u00ea, &#8220;roep uit&#8221; om leierskap en rigting.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;In hierdie moeilike dae kyk ons na die president om die nasie hoop te gee om wanhoop te oorkom. Tog het hy daarin gefaal om die mag van sy kantoor met &#8216;n sin van doelgerigtheid te lei.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die president se aandag is afgelei van sy pligte, het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Energie wat daarop spandeer is om &#8216;n optog na die Goodman-galery in Johannesburg te re\u00ebl oor &#8216;n &#8220;satiriese&#8221; skildery van hom het die aandag afgelei van die ernstige taak van regering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Weereens, verteenwoordigers van die ANC en sommige van die ministers poog om die ruimte van vryheid van uitdrukking te beperk deur boelie-taktieke en intimidasie,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/test.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\/\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Omdat die DA nooit by die stembus sukses sal behaal nie, het Zille haar swart onderdaan ingestuur om &#8216;n sielkundige oorlog teen die president te voer. Die DA se parlement\u00eare leier, Lindiwe Mazibuko, is Woensdag deur ANC-LP&#8217;s geboe en uitgejou toe sy President Jacob Zuma gevra het om nie vir &#8216;n tweede termyn te staan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12707\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mazibuko, pion van &#8216;n magshonger Zille&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12707","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12707","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12707"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12707\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12707"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12707"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12707"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}