{"id":12702,"date":"2012-05-30T08:50:17","date_gmt":"2012-05-30T08:50:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12702"},"modified":"2012-05-30T08:50:17","modified_gmt":"2012-05-30T08:50:17","slug":"romney-wen-benoemingstryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12702","title":{"rendered":"Romney wen benoemingstryd"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Mitt Romney het Dinsdag se voorverkiesing in Texas gewen en 98 afgevaardigdes ingesamel om sy totaal op 1163 te staan te bring wat beteken dat hy vroeg in Augustus aangewys sal word as die Republikeinse party se kandidaat in die komende presidentsverkiesing.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit wil egter voorkom of daar steeds nie algemene eenstemmigheid onder Republikeine oor hom is nie want in die voorverkiesing het Ron Paul 10, Rick Santorum 8 en Newt Gingrich 4 stemme gekry al het hulle weke gelede al aangekondig dat hulle uit die stryd tree. Die stemme moet gesien word as mense wat nie gelukkig is met Romney se kandidatuur nie &#8211; hoofsaaklik omdat hy &#8216;n Mormoon is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verwagting is egter dat Republikeine hulle agter hom sal skaar by die groot konvensie in Augustus want hulle teenstand teen Obama is beslis die oorheersende faktor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Peilings dui ondertussen daarop dat die verkiesing aan die begin van November &#8216;n baie gelykopstryd kan wees. Volgens Rasmussen-peilings se jongste opname Maandag sal Obama 46% en Romney 45% van die stemme kry as die verkiesing nou gehou sou word.  In die vorige peiling het Romney met 45 teen 44 persent voorgeloop. Dit is duidelik dat daar &#8216;n aansienlike wisselvalligheid is onder onseker kiesers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Romney het egter &#8216;n beter kans om meer steun onder Republikeine te bekom as gekyk word na die algemene sentiment. Volgens &#8216;n aparte opname geniet die Republikeine kongreskandidate aansienlik meer steun as die Demokrate en sal hulle &#8216;n hele aantal setels verower in  die verkiesings vir &#8216;n deel van die kongres wat terselfdertyd gehou word. Dit kan selfs meebring dat hulle ook die meerderheid in die Senaat bekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die storie oor presies waar Obama gebore is wil ook net nie gaan l\u00ea nie. Die eiendomsbiljoener Donald Trump het die week weer gekom met vrae oor presies wat hier aangaan nadat &#8216;n nuwe boek gevind het dat Obama se geboorteplek as Kenia aangegee is in dokumente wat hy in sy jong dae aan die universiteit van Columbia ingevul het. In &#8216;n boek wat pas verskyn het, word ook beweer dat sy Keniaanse ouma glo ges\u00ea het dat hy in &#8216;n hospitaal in Mombassa gebore is en sy wit Amerikaanse ma kort na sy geboorte na Hawaii gevlieg het om sy geboorte daar te laat aanteken!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stories hieroor word egter totaal ge\u00efgnoreer deur die linkse media in die VSA en selfs die regsgesindes is maar lugtig om dit nie te sterk te steun solank daar nie voldoende bewyse vir die bewerings is nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/lb.ua\/society\/2015\/02\/23\/296529_prokuror_harkova_uvolilsya_tri_dnya.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mitt Romney het Dinsdag se voorverkiesing in Texas gewen en 98 afgevaardigdes ingesamel om sy totaal op 1163 te staan te bring wat beteken dat hy vroeg in Augustus aangewys sal word as die Republikeinse party se kandidaat in die komende presidentsverkiesing. Dit wil egter voorkom of daar steeds nie algemene eenstemmigheid onder Republikeine oor &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12702\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Romney wen benoemingstryd&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-12702","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12702","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12702"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12702\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12702"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12702"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12702"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}