{"id":12701,"date":"2012-05-30T06:27:35","date_gmt":"2012-05-30T06:27:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12701"},"modified":"2012-05-30T06:27:35","modified_gmt":"2012-05-30T06:27:35","slug":"dood-uit-die-lug","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12701","title":{"rendered":"Dood uit die lug"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">President Barack Obama se administrasie gaan die Amerikaanse Kongres in kennis stel van planne om die MQ-9 Reaper, &#8216;n onbemande tuig, te bewapen vir Itali\u00eb.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 tuie wat dood en verwoesting saai, selfs in lande waarteen die VSA nie amptelik oorlog verklaar het nie, sal die tegnologie help versprei aan NAVO-lande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die administrasie kan binne twee weke die voorstel dat Itali\u00eb soos Brittanje toegelaat word om onbemande tuie met wapens soos lasergeleide bomme en Hellfire-missiele toe te rus, deurvoer, het Amerikaanse amptenare ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Itali\u00eb het &#8216;n vloot van ses tuie. Die verkoop van tegnologie om hulle te bewapen, kos $17 miljoen, en sal die Verenigde State glo help met die las van sy globale milit\u00eare bedrywighede omdat die Pentagon se begroting deur die tekort-verminderingsvereistes gestriem word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Itali\u00eb se aankope sal dit moeiliker vir die Verenigde State maak om di\u00e9 tegnologie te ontken as dit deur die ander 28 lede van NAVO of Amerikaanse vennote soos Suid-Korea, Japan en Australi\u00eb, aangekoop word, het ontleders ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dis beteken heel waarskynlik dat enige lid van NAVO wat dit wil h\u00ea dit ook sal kan kry,&#8221; s\u00ea &#8216;n voormalige kongrespersoneellid wat die saak gevolg het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige ontleders vrees dat &#8216;n besluit om die Italiaanse tuie te bewapen oorsese verkope van verwante tegnologie deur Israel, Rusland en China kan aanspoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Verenigde State jag reeds met MQ-9&#8217;s in Afghanistan, Irak, Jemen, Somali\u00eb en Pakistani-stamgebiede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brittanje, die eerste land wat Amerikaanse tegnologie gekry het, word beskou as &#8216;n spesiale geval. Baie Amerikaanse amptenare en lede van die Kongres sien hulle as Washington se mees betroubare bondgenoot.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Senator Dianne Feinstein, voorsitter van die Senaat se Intelligensiekomitee, het in die openbaar teen die oordrag van gewapende tuie uitgekom. &#8220;Daar is milit\u00eare tegnologie wat ek glo nie gedeel moet word met ander lande nie, ongeag van hoe naby ons vennootskap is,&#8221; het Feinstein, &#8216;n Demokraat, verlede jaar ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Turkye is een van die lande wat reeds op soek is na die VSA onbemande vliegtuie Die MQ-9 Reaper is groter en beter as die vorige MQ-1, beide gebou deur General Atomics.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Turkse president Abdullah Gul het op die kantlyn van &#8216;n NAVO-beraad in Chicago, verlede week ges\u00ea dat Obama die tuie aan Turkye sal verkoop, om teen die separatiste Koerdiese rebelle te gebruik. Turkye sukkel al vir dekades in &#8216;n konflik waarin 40 000 mense omgekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Obama-administrasie s\u00ea dat al die uitvoer van sensitiewe milit\u00eare tegnologie oorweeg word op &#8216;n geval-tot-geval grondslag onder &#8216;n algemene beleid van &#8220;selfbeheersing,&#8221; met inagneming van nasionale veiligheid en buitelandse beleid sowel as Amerikaanse multilaterale verpligtinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kopers van die VS-milit\u00eare stelsels moet instem tot voorwaardes wat ontwerp is om die stelsel te beperk tot goedgekeurde gebruike soos selfverdediging en die Verenigde Nasies se sending. Hulle moet ook instem tot Amerikaanse monitering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teal Group, &#8216;n Amerikaanse konsultant, het in April geskat dat di\u00e9 besteding w\u00eareldwyd byna kan verdubbel oor die volgende dekade, in totaal meer as $89 miljard in die volgende 10 jaar.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>President Barack Obama se administrasie gaan die Amerikaanse Kongres in kennis stel van planne om die MQ-9 Reaper, &#8216;n onbemande tuig, te bewapen vir Itali\u00eb. Di\u00e9 tuie wat dood en verwoesting saai, selfs in lande waarteen die VSA nie amptelik oorlog verklaar het nie, sal die tegnologie help versprei aan NAVO-lande. Die administrasie kan binne &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12701\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dood uit die lug&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-12701","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12701","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12701"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12701\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12701"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12701"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12701"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}