{"id":12683,"date":"2012-05-27T08:09:07","date_gmt":"2012-05-27T08:09:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12683"},"modified":"2012-05-27T08:09:07","modified_gmt":"2012-05-27T08:09:07","slug":"afrikaans-en-die-betekenis-van-26-mei-1948","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12683","title":{"rendered":"Afrikaans en die betekenis van 26 Mei 1948"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Gister  was my verjaardag en ek wil nogmaals almal bedank wat my op Facebook,  Twitter en elders gelukgewens het. Hoe ouer ek word, hoe meer kom ek  onder die indruk dat die toevallige dag 26 Mei, soos 31 Mei, nogal \u2018n  belangrike datum in ons volk se geskiedenis verteenwoordig. Op 26 Mei  1948 het die Nasionale Party in \u2018n verkiesing die politieke mag bekom en  het dr. Dani\u00ebl Fran\u00e7ois Malan eerste minister geword.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vele  geskiedskrywers het agterna gemeen dat die Afrikaner daarmee \u201cdie vrede  gewen het\u201d, n\u00e1 die oorlog van 1899-1902 wat hy verloor het. Ongeag wat  \u2018n mens vandag van die Nasionale Party en sy oneervolle einde onder  Marthinus van Schalkwyk mag dink, moet \u2018n mens toegee dat daardie  roemryke verkiesingsoorwinning \u2018n belangrike gebeurtenis was. Nie net  was dit vir Afrikaners \u2018n belangrike datum nie, maar ook vir die Engelse  en die res van die mense in hierdie land.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Min  mense verstaan die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Want onder die invloed  van die Marxisme en kommunisme, word geskiedenis deur die ANC en die  SAKP as \u2018n sogenaamde \u201cterrein van stryd\u201d beskou. Daarom moet die  propagandawaarde van geskiedenis tot die maksimum uitgebuit word. Leuens  en oordrywings maak deel van hierdie \u201cnuwe geskiedenis\u201d uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alles  wat v\u00f3\u00f3r 1994 gebeur het, word tans as inherent \u201cboos\u201d voorgestel. Die  woord \u201cdie verlede\u201d word gewoonlik met \u2018n geladenheid gebesig, amper  asof daar oor moord in die familie gepraat word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Per  toeval soek ek gister na \u2018n boek op my rak en ontdek \u2018n studie oor  Bantoe-onderwys wat in 1964 deur die liberale Instituut vir  Rasse-aangeleenthede onderneem is. Muriel Horrell kom aan die einde van  haar boek, <em>A decade of Bantu Education<\/em>,  tot die gevolgtrekking: \u201cThe administrators of Bantu Education are  certainly working most assiduously to make the system a success.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vorige keer toe ek \u2018n liberale Engelse vrou oor Bantoe-onderwys aangehaal het, het \u2018n hondsdol joernalis van <em>Die Burger<\/em> my van \u201crassisme\u201d beskuldig en dat ek \u2018n \u201cvoorstander en apologeet van  apartheid, \u2018n misdaad teen die mensdom\u201d sou wees. Dus laat ek dit maar  daar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook  wil ek nie eintlik vandag oor die geskiedenis skryf nie. Die  geskiedenis, of die lewensverhaal van Nelson Mandela en sy ANC-engele  wat op ons land neergedaal het, is herskryf, net soos wat die straat- en  plekname verander is. Trouens, \u2018n mens wonder of daar binnekort iets  van die Afrikaner in die land gaan oorbly behalwe die name van enkele  booswigte of eerder goeie mense waarvan daar booswigte gemaak is, soos  dr. Verwoerd. Hy wat homself jare lank as minister vir die einste  Bantoe-onderwys afgesloof het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika  het \u2018n tipiese Afrikaland geword. Selfs die kunswerke word uit die  museums gesteel en op die straathoeke verkwansel. Juis vandeesweek is  daar berig dat waardevolle Chinese porselein uit die sewentiende eeu wat  uit die V.O.C.-tyd dateer, vanuit \u2018n plaaslike museum gesteel is. Die  waarde van die geroofde voorwerpe word op R50 miljoen beraam.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op  \u2018n manier het die revolusie van 1994 veroorsaak dat ons hele erfenis op  die ashoop beland het. Alle openbare versamelings word deur die ANC  beheer en word na goeddunke verwaarloos, verwoes of verander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  kwessie wat my egter tans besonder interesseer, is die Afrikaanse  letterkunde. Die ANC, asook sy Britse en Sweedse meesters wat hom aan  bewind geplaas het &#8211; selfs FW de Klerk en Roelf Meyer! &#8211; het nog nooit  in Afrikaanse boeke belanggestel nie. As \u2018n inbreker by jou huis  inbreek, gaan hy waarskynlik alles steel behalwe die Afrikaanse boeke. <\/p>\n<p>Net  soos vir inbrekers, is die Afrikaanse letterkunde vir die ANC van te  min waarde om te besteel of te beheer. Anders as ons geskiedenis,  byvoorbeeld, waarvoor Kader Asmal as minister van onderwys \u2018n spesiale  propagandaprogram vir die skole laat saamstel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  ek nou terugdink aan ons voorheen Afrikaanse lewe in hierdie land,  staan die 1960s vir my uit as die bloeitydperk van Afrikaanse boeke en  kultuur. Ek het reeds voorheen iewers ges\u00ea dat die sestigerjare die Goue  Tyd van die Afrikaner was. \u2018n Dekade n\u00e1 die 48-verkiesing en kort n\u00e1  Republiekwording, juis onder Verwoerd, het Afrikaans en Afrikaanse boeke  \u2018n ongekende opbloei beleef. Die Kaap met sy Engelse snobisme wou hoghe  literatuur in Afrikaans uitgee; vandaar die Sestigerbeweging van Andr\u00e9  Brink, Breyten Breytenbach, Chris Barnard en ander, die mees oorskatte  en volprese liter\u00eare beweging in die geskiedenis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  in die noorde van die land, in Johannesburg van alle plekke, het die ou  Afrikaanse Persboekhandel (later Perskor) besluit dat die hele volk  behoort te lees. Gewilde fiksie in die vorm van liefdesverhale,  spioenasieverhale, selfs fotoverhale met Mark Condor en die Ruiter in  swart, is met geesdrif en teen \u2018n wins gepubliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Springbokradio,  die handelsender van die SAUK, het insgelyks beroemde Afrikaanse sepies  uitgesaai, waarvoor die volk vasgenael was. Daar was Fanus Rautenbach  se nogal postmoderne en speelse Staal Burger-reeks oor die Afrikaanse  sender. Min Shaw en G\u00e9 Korsten se plate het goed verkoop en Afrikaanse  films het Hollywood-treffers by die loket getroef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Diegene  van ons wat in daardie goue jare grootgeword het, het nooit kon dink  dat dit ooit kon eindig en dat ons land in hierdie aaklige Afro-Saksiese  nagmerrie met sy geweld, misdaad en korrupsie kon ontaard nie. Vir my  voel dit soos wetenskapfiksie: \u2018n woesteny met tegnologie maar sonder  beskawing het aangebreek. Iewers moes \u2018n meteoriet geval en alles  uitgewis het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  koms van televisie en die revolusie, asook die verdwyning van Perskor,  het daardie vertroude Afrikaanse w\u00eareld van die sestigerjare tot niet  gemaak. Soos Peet Kruger, die redakteur van <em>Beeld<\/em>, eenkeer vir my op  Stellenbosch ges\u00ea het: \u201cAg man, daar is nie so iets soos \u2018n Afrikaner  nie. Die enigste verskil tussen hom en \u2018n Amerikaner is dat hy soms  bietjie Afrikaans praat of die Blou Bulle ondersteun.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is  die Blou Bulle in hul pienk hemde en slegte Boerewors by die  supermarkte dan al wat daar van die Afrikaanse kultuur oorgebly het?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  is \u2018n modernis. Vir my het ons volk nie deur die smeltkroes van die  Groot Trek en die Vryheidsoorlo\u00eb ontstaan nie, maar deur Afrikaanse  boeke in die twintigste eeu, veral tydens die sestigerjare. Nie dat ek  die romantiese epos van die negentiende eeu wil geringskat nie; uit ons  opstand teen Engeland is die substraat, die fondament, gevorm. Maar dit  was daardie ongekende ywer waarmee ons \u2018n eie taal, \u2018n eie kultuur, \u2018n  eie verwysingsraamwerk geskep het wat uiteindelik veroorsaak het dat  Verwoerd sinvol op \u2018n openbare verhoog na \u201cdie Afrikanernasie\u201d kon  verwys of dat Van Wyk Louw in sy essays daaroor kon skryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is  dit nie ironies dat die ANC se hanskakies onder die Afrikaners van  Verwoerd ontslae geraak het, maar aan Van Wyk Louw vasklou nie? Die naam  van die H.F. Verwoerd-biblioteek aan die voormalige Randse Afrikaanse  Universiteit, tans \u201cJoe-Djy\u201d, is lankal verander, maar jaarliks word  daar steeds \u2018n N.P. van Wyk Louw-gedenklesing aangebied. Natuurlik het  die inhoud bloedweinig met Van Wyk Louw te make, maar nogtans is dit \u2018n  vreemde verskynsel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of  miskien nie so vreemd nie. Dit strook met my teorie dat \u2018n volk se  identiteit eerder deur letterkunde as deur oorlo\u00eb of politiek gebou  word&#8230; Het ons nie nog in 1993 \u2018n weermag en \u2018n staat gehad nie? Maar  wat het dit ons gehelp? Indien die sogenaamde \u201conderhandelaars\u201d van  destyds pleks van \u2018n weermag \u2018n paar idees aan hul kant gehad het, sou  dit dalk beter gegaan het. Want oorkant hulle het mense gesit wat  gesk\u00f3\u00f3l was in die Marxistiese ideologie met sy revolusion\u00eare evangelie,  die teologie van die \u201cGroot Verandering\u201d wat s\u00e1l kom! Die  verbeeldinglose Afrikanerpolitici is deur \u2018n klompie slim kommuniste  soos Joe Slovo en Nelson Mandela uitoorl\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou  die dag s\u00ea iemand vir my: \u201cMan, weet jy waarmee is Solidariteit besig?  Hulle skep organisasie, hulle bou kapasiteit.\u201d Toe dink ek so op my  eentjie: \u201cMaar wat van al die kapasiteit wat ons gehad het? Die weermag,  die staatsbegroting, ambassades in elke land? As dit nie \u2018kapasiteit  genoeg\u2019 vir ons oorlewing was nie, hoe sal ons ooit weer die soort  \u2018kapasiteit\u2019 sien wat ons nodig het?\u201d Uiteindelik is mag tegelyk  onaantasbaar en broos. Soos die Franse postmoderne filosowe dit  uitgeredeneer het: \u201cMag berus nie op \u2018n weermag of geweld nie, maar op  die gehoorsaamheid van die bevolking.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Afrikaner se probleem is nie \u2018n gebrek aan \u201ckapasiteit\u201d nie. Ons beskik  oor die land se intellektuele kapitaal, asook genoeg privaatvoertuie,  -vliegtuie, opleiding en vaardigheid om m\u00f4re die ANC terug Transkei toe  of Kwazulu-Natal toe te stuur. Die probleem is dat ons mense se denke  deur die vyand beheer word, dat hulle willoos geraak het, dat hulle deur  DSTV en rugby &#8211; brood en sirkusse &#8211; vermaak word. Tussen nog \u2018n  Hollywood-fliek op TV en vryheid, stem die gemiddelde Afrikaner vandag  vir die Hollywood-fliek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle  dink nie omdat hulle nie meer lees nie, veral nie meer Afrikaans nie.  En die Afrikaner is gehoorsaam. Anders as ons medeburgers, betaal hy  getrou sy nasionale en plaaslike belastings, sy mediese fonds en sy  parkeerkaartjies. Sodoende finansier ons ons eie ondergang. Sou dit nie  lekker in die tyd van apartheid gewees het as die TBVC-lande elke jaar  \u2018n vet tjek aan die SA regering oorhandig het om beter wapens aan te  koop, doeltreffender propaganda te produseer en groter salarisse vir ons  politici te betaal nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Diegene wat my roman <em>Moltrein <\/em>gelees  het, sal onthou dat ek iewers daarin na die veldslag van Jena-Auerstedt  van 14 Oktober 1806 verwys. Op daardie dag het Napoleon oor Pruise, die  teenswoordige Duitsland, gese\u00ebvier. Vir veertig jaar agterna was  Duitsland onder Franse oorheersing, veral kultureel, en is Duits as \u2018n  boerse, agterlike taaltjie beskou wat geen beskaafde mens meer wou praat  of veral skryf nie. (\u2018n Bietjie soos Afrikaans vandag, want ons is die  verloorders van die \u201cnuwe\u201d Suid-Afrikaanse geskiedenis en praat dus \u2018n  verloorderstaal waarin niemand behalwe \u2018n handjie vol Nederlanders en  Vlaminge meer belangstel nie.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Totdat  Goethe gekom het, die digter, dramaturg en vrydenker. Nadat die Franse  skryfster Madame de Sta\u00ebl hom aan die res van Europa bekendgestel het &#8211;  juis deur middel van Frans, die lingua franca! En agterna was Duits en  Europa nog nooit weer dieselfde nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van my gunstelingessays is di\u00e9 van die Duitse filosoof Peter Sloterdijk wat ek in Nederlands gelees het: <em>Regels voor het mensenpark<\/em>.  Omdat hy daarin ges\u00ea het dat mense dalk beter geteel kan word, is hy  onmiddellik in die media as \u2018n apologeet van die Nazisme aangeval, maar  vandag word hy waarskynlik as die grootste lewende Duitse filosoof en  skrywer gereken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sloterdijk  verwys na iets soortgelyks in Europa as wat by ons ingetree het, toe  die radio en veral die televisie die boek as identiteitsvormende medium  vervang het. Vandag verteenwoordig Sewendelaan die  spie\u00ebl wat aan die Afrikaner voorgehou word met die soort gedrag,  waardes en geradbraakte taal wat hy behoort na te streef. Soos klei is  die Afrikanervolk in die hande van die ANC-maghebber, om na goeddunke  met behulp van staatsmag en die staatsmedia te vorm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">V\u00f3\u00f3r  1945 (die koms van televisie in Europa), meen Sloterdijk: \u201c\u2026 sou die  burgerlike nasies self tot op sekere hoogte liter\u00eare en posprodukte wees  &#8211; fiksies van \u2018n lotsbepaalde vriendskap met verre landgenote en met  lesers, verbonde in simpatie vir outeurs wat tot gemeenskaplike besit  gereken word\u201d. Hierdie \u201cnasie van vriende\u201d word juis deur die  onderwysers op skool gekonstrueer omdat daardie selfde stel skrywers en  boeke aan die kinders van geslag tot geslag oorgedra word. Volgens  Sloterdijk is boeke \u201cdikker briewe\u201d wat vriende, dus volksgenote, aan  mekaar skryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  punt wat vir ons belangrik is, is dat die rampspoedige verlies aan mag,  status en instellings wat die Afrikaner sedert 1994 verduur, hom van  feitlik alles gestroop het &#8211; alles behalwe daardie vergete stel boeke  wat deesdae van so min waarde is dat die vindingryke diewe van Afrika  hulle nie eens soos die kunswerke en die porselein uit die biblioteke  wil steel nie. Wel het vele van die \u201cnuwe\u201d bibliotekarisse al sulke  boeke aan tweedehandse boekwinkels verkoop of laat verpulp of sommer  ashoop toe laat aanry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Ray Bradbury se klassieke wetenskapfiksieverhaal uit die vyftigerjare, <em>Fahrenheit 451<\/em>,  is dit verbode om boeke te lees en bestaan daar \u2018n interaktiewe soort  televisie waarmee die bevolking deur breinspoeling onderdanig gehou  word. Die held van die verhaal is \u2018n brandweerman wat ou boeke moet  uitsnuffel wat afvalliges in hul huise versteek en moet verbrand.  Blykbaar brand boeke by 451 grade Fahrenheit; vandaar die titel van die  roman.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou  het ek juis gister so \u2018n boek wat hom iewers op my rak versteek het, n\u00e1  \u2018n halfuur se gesoek kon uitsnuffel, gevind en gelees. Dis \u2018n meer  liter\u00eare roman uit daardie Goue Afrikaanse Tyd, uit die vroe\u00eb  sestigerjare: Elsa Joubert se <em>Ons wag op die kaptein<\/em>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe  ek jonk was, het ek wel \u2018n sekere bewondering vir die Sestigjerskrywers  gehad; nou nie meer nie, op enkele uitsonderings na. Gee my liewer \u2018n  Olaf Bouwer-boek of \u2018n Staal Burger-storie uit dieselfde tyd: dis  interessanter en intellektueel meer prikkelend as die soort opgesmukte  na-apery van Britse en Franse letterkunde wat die Sestigers aan ons  opgedring het. Breyten Breytenbach het tydens sy \u201cBlik van  buite\u201d-toespraak in 1973 gevra: \u201cVir wie skryf ons ons verwronge,  pretensieuse, nouveau riche-werke behalwe vir \u2018n paar vriende aan  universiteit wat daardie werk deut dit voor te skryf \u2018n bestaansreg  gee?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hierdie Elsa Joubert-boek dateer uit die <em>vroe\u00eb<\/em> sestigerjare, voor sy tot Brink en Breytenbach se voorspelbare  Sap-ideologie van \u201cdie Afrikaner moet skuldig voel en eerder  Suid-Afrikaner word\u201d bekeer is. Natuurlik het sy later bekendheid  verwerf vir \u2018n baie meer polities korrekte boek, <em>Die swerfjare van Poppie Nongena<\/em>, \u2018n soort <em>Cry the beloved country<\/em> in Afrikaans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terloops,  Breyten Breytenbach het die Sap-ideologie van destyds in 1973 tot sy  logiese gevolgtrekking in dieselfde toespraak gevoer toe hy verklaar  het: \u201cOns is \u2018n bastervolk met \u2018n bastertaal. Ons aard is basterskap.  Dis goed en mooi so. Ons moet kompos wees, onbindend om w\u00e9\u00e9r in ander  vorme te kan bind.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe  ni\u00e9. As ek so rondom my in Johannesburg kyk, dan sien ek heelwat  ouerige Engelse mans met sulke jong swart vrouens in stywe langbroeke.  Soms word hulle ook vergesel deur hul mulatkindertjies met  kroeshaartjies en blas gesiggies.<\/p>\n<p>Soos  dit vir my lyk, is die Engelsman in Suid-Afrika veel meer ontvanklik  vir die mulatkultuur, om self ook mulat te word. En ek gebruik hier  spesifiek die woord \u201cmulat\u201d omdat Elsa Joubert dit so herhaaldelik in <em>Ons wag op die kaptein<\/em> besig, \u2018n verhaal wat volledig op \u2018n Angolese plaas afspeel waar dit  die gebruik was vir die Portugese boere om ook \u2018n swart houvrou aan te  hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  Engelse landgenote, wat al die jare so snobisties en neerbuigend  teenoor ons Afrikaners was en vir wie ons weens ons verre Kaapse herkoms  glo ook nie \u201cwit genoeg\u201d was nie, is lyk my besig om geredelik soos die  Portugese van Angola en Mosambiek die mulatkultuur te aanvaar, terwyl  die Afrikaner nog iewers aan sy rasseidentiteit vasklou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat  Elsa Joubert se boek egter interessant maak, is hoe die  Afrikaan-in-opstand, as hy eers geweld begin pleeg, juis die mulat met  groter minagting en wreedheid verwerp as die blanke setlaar of kolonis.  \u2018n Mulatdogtertjie wat op soek na water by \u2018n geut opklim, word deur \u2018n  Kongolese soldaat koelbloedig doodgeskiet. As die Portugese vrou die  kind se lyk van die dak wil gaan afhaal, waarsku die soldaat dat hy en  sy manne sal aanhou om lood in die dooie liggaampie te pomp totdat daar  niks van oorbly nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blykbaar is <em>Ons wag op die kaptein<\/em> op \u2018n ware verhaal gegrond wat hom op \u2018n plaas in die noorde van Angola afgespeel het en waaroor daar op 15 Maart 1961 in <em>Die Transvaler<\/em> berig is. Twaalf blankes is op die plaas na \u2018n soort \u201cverhoor\u201d deur die Franssprekende kaptein en plaaslike swartes vermoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  tyd van ideologiese konflikte is verby. Vandag leef ons in die tydvak  van identiteitstryd en kultuurkonflik. Daar was vele profetiese romans  in Afrikaans wat in die verlede geskryf is en wat \u2018n tyd voorspel het  waarin ons aan die swartman se genade oorgelaat gaan wees. Iets soos <em>Ons wag op die kaptein<\/em> of <em>Na die geliefde land<\/em> van Karel Schoeman.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig  het die Afrikanerpolitici van destyds blykbaar nie boeke gelees nie,  anders sou hulle seker met groter ywer die huidige situasie waar \u201cons  wag op die kaptein\u201d probeer verhoed het. In mnr. FW de Klerk se  outobiografie verskyn daar nie \u2018n enkele aanhaling uit \u2018n ander boek  nie, waaruit \u2018n mens seker jou eie afleidings oor die man se belesenheid  kan maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Feit  is egter dat die internet ons mense weer aan die lees gesit het. Op  Facebook en Twitter of die Praagwebwerf, oral, lees hulle ywerig en  skryf en neem deel, hoe krom en skeef hul Afrikaans soms ook al is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaners  het meer boeke geskryf en vertaal as waarskynlik al die ander inwoners  van Afrika saam. Dit het ons nie ryk soos die Engelse of magtig soos die  swartes met hul groot swart karre en duur klere gemaak nie, maar  daardeur het ons \u2018n Afrikaanse beskawing, \u2018n denkwyse en \u2018n identiteit  geskep wat ons steeds aan mekaar bind, hoe sleg dit ook al tans met ons  gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  is daarvan oortuig dat as ons weer vir mekaar Sloterdijk se \u201cdik  briewe\u201d begin skryf, ons Grootbroer se TV-skerm met sy propaganda kan  afskakel en ons gewonde selfbeeld kan herstel, sal ons op \u2018n dag  eenvoudig \u201cnee\u201d s\u00ea vir oorheersing en weer vry kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Juis  op 23 Junie re\u00ebl ons namens Pretoria-PEN, die skrywersvereniging, \u2018n  simposium oor \u201cDie Afrikaanse letterkunde in die digitale tydvak\u201d by die  ou munisipale raadsaal van Centurion in Jeanlaan. Daar kan ons planne  beraam oor hoe ons al die ou Afrikaanse boeke weer vir mense digitaal  toeganklik kan maak, maar ook hoe ons \u2018n ontploffing van gewilde  Afrikaanse boeke vir hierdie tyd kan veroorsaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  voel baie opgewonde hieroor. Die ANC het al die deure vir ons  toegemaak, die kommando\u2019s afgeskaf en alles voor die voet  getransformeer. Selfs die Afrikaanse kunstefeeste word deur borge beheer  wat ook die arme Afrikaanse kunstenaars vir hul politieke propaganda  misbruik. Ons is amper so magteloos soos Elsa Joubert se Angolese  gyselaars wat op die kaptein se doodsvonnis wag. Maar daar is nog een  deur vir ons oop: die geskrewe woord, veral die digitale woord wat u  hier lees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit mag dalk net die poort na ons vryheid en die herstel van ons menswaardigheid word.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mykharkov.info\/news-companies\/furshety-s-klassom-udobno-raznoobrazno-i-dostupno-78181.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0431\u0438\u043e\u0433\u0440\u0430\u0444\u0438\u044f<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gister was my verjaardag en ek wil nogmaals almal bedank wat my op Facebook, Twitter en elders gelukgewens het. Hoe ouer ek word, hoe meer kom ek onder die indruk dat die toevallige dag 26 Mei, soos 31 Mei, nogal \u2018n belangrike datum in ons volk se geskiedenis verteenwoordig. Op 26 Mei 1948 het die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-12683","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12683","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12683"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12683\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12683"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12683"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12683"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}