{"id":12674,"date":"2012-05-24T08:32:01","date_gmt":"2012-05-24T08:32:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12674"},"modified":"2012-05-24T08:32:01","modified_gmt":"2012-05-24T08:32:01","slug":"olaf-bouwer-die-onverskrokke-baasspioen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12674","title":{"rendered":"Olaf Bouwer, die onverskrokke baasspioen"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\" id=\"internal-source-marker_0.6678316945793864\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/05\/olaf%20bouwer%20boek600x800.jpg\" \/>Brittanje  het nog altyd sy Bond gehad, die Amerikaners het deesdae hulle Bourne,  maar ons Suid-Afrikaners het eens ons Bouwer gehad: Bouwer, Olaf Bouwer,  baasspioen. Hy was die skepping van \u2019n skimagtige skrywer (moontlik  selfs skrywers), Stoffel Pienaar, in die sestigerjare, \u2019n dekade van  hardgekookte aksie en manne van yster wat vasvat wanneer hulle vat, of  dit nou \u2019n vyandige spioen in \u2019n hysbak of \u2019n kurweryke meisie in die  kooi is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Olaf  Bouwer is \u2019n yster onder die ysters. Soos dit die beste aksiespioene  betaam, is hy \u2019n man grotendeels sonder \u2019n verlede. Ons weet hy is  gebrei in die Franse Vreemdelegioen, wat sy kosmopolitisme verklaar.  Daar was \u2019n vrou in sy verlede&#8230; (Daar is altyd een, nie waar nie?)  Olaf is beslis nie \u2019n werk-in-wording nie. Hy is die afgeronde, baie  gedugte, produk, geheel en al lojaal teenoor die organisasie waarvoor hy  werk, SS15, wat beskryf word as \u2019n spioenasienetwerk van vyftien  bondgenootlande wat saamgebind word deur hulle anti-kommunistiese ywer.  Aaa, dit was die dae, toe \u2019n mens darem geweet het wie die vyand is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Die  spioene van SS15 is nie sommer net spelers in die plaaslike ligas nie.  Hulle is die beste van die beste, die uitsoekagente van die betrokke  lande. Hoewel hy te beskeie is om so te s\u00ea, (die avonture word in die  eerste persoon oorgedra), is Olaf Bouwer die beste van die beste van die  beste. Hy is \u2019n man van aksie, \u2019n dodelike karateka wat tog in die  waarde van \u2019n goeie ou Boerevuishou op die regte tyd glo. En d\u00edt wat nie  reg geslaan kan word nie, kan reg geskiet word, iets wat hy met sy  getroue Walther P38-pistool doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">\u201cEn  onder my linkerarm, in sy spesiale houer, nestel die Walther P.38,\u201d  beduie hy, \u201c \u2014 die Duitse outomatiese pistool wat my lewe al telkemale  gered en oor die jare &#8216;n getroue staatmaker geword het. &#8216;n Pistool nog  meer verwoestend en gevaarlik as selfs die berugte Duitse Luger, met sy  angeldun loop en in sy magasyn die dood wat daar sluimer in die vorm van  agt loodpunt-koe\u00ebls. Ek wil liewer nie dink aan die mans, en vroue, wat  die Walther P.38 al graf toe gestuur het nie . . .\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Dis  net reg dat hy \u201cen vroue\u201d invoeg, want die vrou wat haarself met Olaf  verbind, het \u2019n kort lewensverwagting. \u2019n Spioen in \u2019n eenmalige storie  kan \u2019n vrou akkommodeer, maar nie \u2019n agent in \u2019n reeks nie. D\u00e1\u00e1rin word  dit van hom verwag om in elke aflewering \u2019n nuwe skoonheid koud te sit,  warm te vry en dan af te staan. Die lewensverwagting van \u2019n  Bouwer-poppie is nog korter as di\u00e9 van \u2019n Bond-meisie. En hulle is  hulpeloos teen die sjarme van onse Olaf. Selfs wanneer hy net gaan om  deur die organisasie se masseuse behandel te word, tuimel di\u00e9  professionele vrou in sy arms. Dit is natuurlik net \u2019n voorsmakie van  die hoofgevryery met \u2019n verruklike jong Spaanse meisie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">\u201cHaar  lippe is effens oop, uitnodigend en uitlokkend naby aan myne,\u201d beskryf  Olaf di\u00e9 onderhandeling. \u201cHaar arms gly om my nek en sy fluister iets in  Spaans. Ons lippe ontmoet. Eers sag, soekend, onseker. Dan dwingend,  met hartstog . . .<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Buite die grot loei die wind in die donker nag.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">\u2019n  Ware man van die tyd praat nie uit die slaapkamer nie. Punt-punt-punt.  Maar as jy \u2019n aanduiding wil h\u00ea van die intensiteit van die daad, nou  ja, daardie wind loei buite die grot in die donker nag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Pienaar  karring nie juis met karakterisering nie, oftewel dan nie met sy  hoofkarakter nie. Olaf is nou nie juis \u2019n ou wat voor \u2019n spie\u00ebl staan om  \u2019n kritiese verslag van sy uiterlike te gee nie; en ook nie werklik van  sy innerlike nie. Wat ons van hom weet, kom uit terloopse aanmerkings  in die ontvouende verhaal. Hy is \u2019n man van die w\u00eareld, vlot in die  belangrikste w\u00eareldtale. Tog slaan sy Afrikanerheid telkens deur: Hy  praat van \u2019n \u201cVolksie,\u201d en eet langtand aan kontinentale cuisine terwyl  hy na \u2019n behoorlike homp vleis smag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Hy  kan ongenaakbaar wees, maar het tog \u2019n sagte kern. Bo alles is hy  onwrikbaar lojaal teenoor SS15, selfs wanneer die organisasie sy  onbesonne rug op Bouwer draai, \u2019n tema wat die raamwerk van <a href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=7&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=50&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=3\">Sending Verraad<\/a> vorm. Wanneer hy berig ontvang van sy beste vriend en kameraad se dood,  en boonop ingelig word dat di\u00e9 swerkater \u2019n verraaier was, is sy eie  betroubaarheid onder verdenking. In die beste hardgebakte spioenstyl,  ruk hy sy Walther te voorskyn en dwing sy pad uit SS15 se hoofkwartier  in Londen, waarna hy in sy baas se Citro\u00ebn vlug \u201cmet skreeuende bande\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Natuurlik  is hy op \u2019n heldetog om die waarheid oor sy vriend se lewe en dood vas  te stel. Sy tog lei hom van Engeland via die Mou na Frankryk, Belgi\u00eb en  Spanje. Dit is die mees oortuigende deel van Bouwer in aksie: Sy intieme  kennis van die geografie en kulture van die lande waarin hy opereer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Tempo is alles en in <a href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=7&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=50&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=3\">Sending Verraad<\/a> verloop dinge teen breeknekspoed. Die intriges is goed uitgewerk en  gestaaf en Olaf se optredes is vernuftig en boeiend. Anders as Ian  Fleming, vermy Stoffel Pienaar die gebruik van foefies en tegnologiese  madoedats. Die hoogste tegnologie in die boek word verteenwoordig  deur&#8230; Bouwer se Walther, wat anders? En dis \u2019n 9-millimeter wat blaf,  knal, skop en vuur spoeg terwyl Olaf geregtigheid uitdeel aan \u2019n  versameling maaifoedies wat dit deur en deur nodig gehad het. Die  verhaal het \u2019n asemvervlakkende klimaks en \u2019n boeiende ontknoping. In sy  kruisvaart word Olaf ondersteun deur \u2019n kleurvolle rol karakters, wat  natuurlik \u2019n heldin, die beeldskone Maria, en haar hiperintelligente  twee wolfhonde insluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Vir \u2019n vermaaklike, boeiende leeservaring, en dit in heerlike Afrikaans, kan jy beswaarlik meer vra as <a href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=7&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=50&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=3\">Sending Verraad<\/a>.  Maak soos ek. Ek het die TV afgeskakel, \u2019n lang beker se skuimende warm  kakao gemaak en myself onder \u2019n donsduvet ingewikkel en my verdiep in  Olaf Bouwer se avonture, soos gelees op my <a href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=17&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=53&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3\">Prestigio-e-leser<\/a>, terwyl ek na rolprenttemas uit die sestigerjare daarop luister.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Olaf Bouwer en Prestigio \u2013 \u2019n onverbeterlike kombinasie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u0435\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Brittanje het nog altyd sy Bond gehad, die Amerikaners het deesdae hulle Bourne, maar ons Suid-Afrikaners het eens ons Bouwer gehad: Bouwer, Olaf Bouwer, baasspioen. Hy was die skepping van \u2019n skimagtige skrywer (moontlik selfs skrywers), Stoffel Pienaar, in die sestigerjare, \u2019n dekade van hardgekookte aksie en manne van yster wat vasvat wanneer hulle vat, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12674\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Olaf Bouwer, die onverskrokke baasspioen&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12673,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96],"tags":[],"class_list":["post-12674","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c87-boeke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12674","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12674"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12674\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12673"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12674"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12674"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12674"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}