{"id":1267,"date":"2008-02-14T08:34:31","date_gmt":"2008-02-14T08:34:31","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1267"},"modified":"2008-02-14T08:34:31","modified_gmt":"2008-02-14T08:34:31","slug":"mohammed-spotprent-weer-gepubliseer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1267","title":{"rendered":"Mohammed-spotprent weer gepubliseer"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoBodyText\">&#329; Deense burger van Marokkaanse afkoms en twee Tunisi&euml;rs is Dinsdag gearresteer weens beplanning om die 73-jarige Kurt Westergaard te vermoor. Westergaard is &#329; spotprenttekenaar by Jyllands-Posten, die Deens koerant wat die tekeninge in September 2005 gepubliseer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vyf hoofstroomdagblaaie, 10 kleiner koerante en &#329; Sweedse dagblad het Westergaard se spotprent, wat die meeste omstredenheid veroorsaak het, geherpubliseer. Die meeste Moslems beskou enige voorstelling van die stigter van Islam as kwetsend.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Ons meen dit is baie dwaas en help nie om br&ucirc;e te bou nie,&rdquo; het Imam Mostafa Tsjendid, &#329; bekende Deense Moslemgeestelike, ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tsjendid, wat imam is by die Islamitiese Geloofsgemeenskap, &#329; godsdienstige Moslemorganisasie wat &#329; sentrale rol tydens die eerste spotprentpolemiek gespeel het, het alle geweld veroordeel maar ges&ecirc; dat dit moeilik sou wees om die woede wat jong Deense Moslems mag voel, te besweer.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Dit gaan ons jongmense verder ge&iuml;soleerd laat voel,&rdquo; het hy ges&ecirc;. &ldquo;Die druk van die spotprent verteenwoordig &#329; belediging vir ons intellektuele vermo&euml;ns. Ons is nie gekant teen spraakvryheid nie maar ons verset ons teen die konstante diskriminasie teen die Moslemminderheid in Denemarke.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Drie Deense ambassades is aangeval en ten minste 50 mense is gedood tydens onluste in die Midde-Ooste, Afrika en Asi&euml;. Verskeie jong Moslems is sedertdien in Denemarke veroordeel weens die stel van bomme, wat gedeeltelik uit protes teen die spotprente geskied het.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Veiligheids- en inligtingsdiens het ges&ecirc; dat Dinsdag se inhegtenisnames naby Aarhus in westelike Denemarke verrig is n&aacute; langdurige dophouding om &#329; moord te verhoed wat in die vroe&euml; stadium van beplanning was.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens die Deense media is &#329; man van Marokkaanse afkoms vrygelaat maar hy staar voorlopige klagtes in die gesig terwyl twee Tunisi&euml;rs later vandeesweek gedeporteer sal word.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&#329; Hoofartikel in die linkse blad Politiken het die moordkomplot as &#329; aanval op Denemarke se demokratiese kultuur bestempel. &ldquo;Ongeag of Jyllands-Posten destyds hul spraakvryheid onverantwoordelik uitgeoefen het met skadelike gevolge, verdien die koerant onvoorwaardelike solidariteit as dit met terreur bedreig word,&rdquo; het dit ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Intussen is dit verlede maand berig dat Denemarke se nasionale biblioteek die risiko van &#329; internasionale storm geneem het deur spotprente van die Profeet in hul versameling op te neem.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die koninklike biblioteek in Kopenhagen, wat in die 17de eeu deur Koning Frederik III gestig is en vele geskiedkundige skatte huisves, het verklaar dat die tekeninge van historiese waarde is en hy gaan poog om hulle te bekom vir &ldquo;bewaringsdoeleindes&rdquo;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die biblioteek, wat wyd erken word as die belangrikste in die hele Skandinawi&euml;, het ingestem om die karikature op te neem namens die Deense museum vir spotprentkuns, het &#329; segsman aan die Kunskoerant ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Onderhandelinge met die kunstenaars agter die 12 spotprente is blykbaar op &#329; gevorderde stadium. Verskeie van hulle het ingestem om die werke gratis te skenk maar die museum mag verplig wees om vir ander te betaal. Een is reeds aan &#329; privaatversamelaar verkoop.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Jytte Kjaergaard, &#329; woordvoerder vir die biblioteek, s&ecirc; dat dit onwaarskynlik&nbsp; is dat die spotprente in die openbaar uitgestal sal word en het benadruk dat die besluit nie bedoel is om omstrede te wees nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Ons stel nie in &#329; tentoonstelling belang nie, maar bloot om hulle te bewaar vir toekomstige geslagte want hulle het in Denemarke geskiedenis gemaak,&rdquo; het sy ges&ecirc;. &ldquo;Hierdie is die mees ooglopende plek om hulle te hou want ons het al die veiligheidsmaatre&euml;ls in plek. Dit sou baie moeilik wees vir &#329; privaatpersoon om in te kom en hulle te saboteer want ten einde toegang tot hulle te verkry vir navorsingsdoeleindes sal mens &#329; brief van jou universiteitsprofessor nodig h&ecirc;. Hulle sal soos enige kosbare boek behandel word.&rdquo;<\/span><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/uslugi-poligraf.com\/blog\/poligraf-dnepropetrovsk\">\u043f\u043e\u043b\u0438\u0433\u0440\u0430\u0444 \u0434\u043d\u0435\u043f\u0440\u043e\u043f\u0435\u0442\u0440\u043e\u0432\u0441\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/08\/183752.html\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\" class=\"MsoNormal\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/deense011.jpg\" width=\"336\" height=\"365\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Deense spotprent<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Deense koerante het gister een van die 12 tekeninge van die profeet Mohammed wat internasionale woede van Moslems ontketen het, gepubliseer om protes aan te teken teen &#329; komplot om een van die spotprentkunstenaars te vermoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\" class=\"MsoNormal\">Die herpublikasie van die spotprent wat Mohammed toon terwyl hy &#329; bom vashou, het kritiek in Moslemgeledere veroorsaak waar daar ges&ecirc; is dat dit net tot woede sal lei.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,1190,21089],"class_list":["post-1267","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-mohammed-spotprent-weer-gepubliseer","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1267","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1267"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1267\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1267"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1267"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1267"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}