{"id":12660,"date":"2012-05-23T05:48:29","date_gmt":"2012-05-23T05:48:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12660"},"modified":"2012-05-23T05:48:29","modified_gmt":"2012-05-23T05:48:29","slug":"twee-vry-wat-zuma-skildery-beskadig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12660","title":{"rendered":"Twee vry wat Zuma-skildery beskadig"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Twee mans wat na bewering &#8216;n omstrede skildery van President Jacob Zuma in &#8216;n galery in Johannesburg geskend het, sou Dinsdagaand vrygelaat word, het die polisie ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die waarnemende stasiekommissaris van die Rosebank-polisiekantoor, Gerhard Steyn, het ges\u00ea die mans is teruggeneem na die aanhoudingselle by die polisiekantoor, maar sal later Dinsdagaand vrygelaat word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die polisie stel steeds ondersoek in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steyn het die media, wat in die polisiekantoor se voorportaal saamgedrom het, gevra om huis toe te gaan, aangesien niks tot later sou gebeur nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skildery, deur die Kaapse kunstenaar Brett Murray, beeld Zuma uit waar hy met sy penis blootgestel staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twee mans het na bewering die skildery met rooi en swart verf geskend deur die gesig en middellyf te bedek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Krish Naidoo, vir Lowie Mabokela (25), het ges\u00ea sy kli\u00ebnt word op borgtog van R1 000 vrygelaat. Hy word aangekla van opsetlike saakbeskadiging.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mabokela het na bewering Dinsdagoggend swart verf oor die portret van Zuma by die Goodman Galery aangebring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Naidoo het ges\u00ea Mabokela is &#8216;n taxibestuurder van Limpopo wat na Johannesburg gereis het om die skildery te sien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Van sy familielede is betrokke by kuns. Hy het al die pad van Limpopo af gery om die skildery self te sien en dit is die rede waarom hy hier is,&#8221; het Naidoo ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea daar is geen verbintenis tussen Mabokela en die tweede man, wat rooi kruise oor Zuma se gesig en die penis geverf het, nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit was spontaan van albei van hulle, hulle was net toevallig op dieselfde tyd daar,&#8221; het Naidoo ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Albei mans sal na verwagting Woensdag in die Johannesburg-streekhof verskyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Naidoo het ges\u00ea Mabokela het &#8216;n klag van aanranding ingedien teen die veiligheidswag wat hom aangekeer het by die galery.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het die polisie gevra om dit te oorweeg om die veiligheidswag in hegtenis te neem. Ons oorweeg dit om siviele optrede te neem teen die galery vir die aanranding,&#8221; het Naidoo ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die inhegtenisnemings het plaasgevind minder as &#8216;n uur nadat die Hooggeregshof in Johannesburg ges\u00ea het &#8216;n aansoek van die ANC om die skildery uit die galery te laat verwyder, moet Donderdagoggend deur &#8216;n vol bank regters aangehoor word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Derde persoon is later in die dag in hegtenis geneem nadat hy blykbaar die woord &#8220;respect&#8221; op &#8216;n muur by die Goodman Galery met spuitverf probeer skryf het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Goodman Galery het Dinsdagaand in &#8216;n verklaring ges\u00ea die galery se deure is tydelik vir die publiek gesluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Liza Essers, eienaar van die galery, het ges\u00ea di\u00e9 besluit is geneem n\u00e1 verskeie dreigemente asook die beskadiging.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die omvang van die woede het my verstom en ontstel,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het besluit om dit te doen aangesien ons voel die Goodman Galery, die personeel en besoekers van die publiek in gevaar verkeer.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3895972\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0438\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee mans wat na bewering &#8216;n omstrede skildery van President Jacob Zuma in &#8216;n galery in Johannesburg geskend het, sou Dinsdagaand vrygelaat word, het die polisie ges\u00ea. Die waarnemende stasiekommissaris van die Rosebank-polisiekantoor, Gerhard Steyn, het ges\u00ea die mans is teruggeneem na die aanhoudingselle by die polisiekantoor, maar sal later Dinsdagaand vrygelaat word. Hy het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12660\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Twee vry wat Zuma-skildery beskadig&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12660","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12660","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12660"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12660\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12660"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12660"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12660"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}